中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kampioene op én van die veld af
Outeur: FMHS Marketing & Communication – Sue Segar
Gepubliseer: 26/11/2024

Twee studente van die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) het vanjaar merkwaardige sukses behaal. Hulle het in nasionale en internasionale sport uitgeblink en terselfdertyd uitstaande akademiese prestasie in hul veeleisende graadprogramme gehandhaaf.

Vierdejaar mediese student, Andrea Cornelissen, het silwer in verspring en goud in die 4 x 100m-aflos verwerf by die Konfederasie van Universiteite en Kolleges Sportverenigings (CUCSA) se streekspele in Pretoria. Elmé Kruger, wat pas haar BSc Honneurs in Prestasiesport voltooi het, het Suid-Afrika verteenwoordig by die Internasionale Universiteit Sport Federasie (FISU) Wêreld Universiteit 7s Rugbykampioenskappe in Aix-en-Province, Frankryk, waar haar span die vyfde plek behaal het.

Raak verlief op sport

Cornelissen, wat tans 'n mediese keusevak van vyf weke aan die Noordwes-Universiteit in Chicago bywoon, sê sport was nog altyd deel van haar lewe. “My oupa was 'n puik atleet en rugbyspeler, en my pa was mal oor krieket.

“Ek het eers verlief geraak op netbal, en selfs op provinsiale vlak deelgeneem, voordat ek atletiek ontdek het. Uiteindelik het ek op beide provinsiale en nasionale vlak aan albei sportsoorte deelgeneem, maar moes een kies. Ek het atletiek gekies en is nie spyt daaroor nie, want dit het baie deure vir my oopgemaak," sê Cornelissen. Haar toewyding het vrugte afgewerp en vanjaar het sy silwer in verspring by Atletiek Suid-Afrika se Senior Baan- en Veldkampioenskappe gewen, en goud by Universiteitsport Suid-Afrika (USSA) Baan- en Veldkampioenskappe wat by Coetzenburg-stadion gehou is.

Cornelissen streef daarna om haar atletiek "na die hoogste vlak" te neem en sê sy het nooit gedroom dat sy die geleentheid sou hê om 'n internasionale atletiekloopbaan te volg terwyl sy medies studeer nie. Wat die uitdagings om elite-sport met mediese studies te balanseer betref, het sy die volgende te sê: “Dit is ver van maklik. Daar is ontelbare onsigbare opofferings. Wat dit moontlik maak, is die onwrikbare ondersteuning van my familie, vriende en kêrel."

As sy vorentoe kyk, het sy haar visier daarop gerig om topposisies by Suid-Afrikaanse en nasionale kampioenskappe te behaal, met doelwitte om vir beide die Studentespele en die nasionale senior span te kwalifiseer.

Rugby 'n verbintenis met die huis

Kruger se rugbyreis het op 12-jarige ouderdom begin toe haar gesin na Dubai verhuis het. “Ek wou in verbinding bly met my Suid-Afrikaanse wortels," verduidelik sy. “By my Britse skool in Dubai het ek by die tag-rugbyspan aangesluit en gedink: 'Ek is Suid-Afrikaans. Ek moet rugby speel."

Van tag-rugby tot 'touch' en uiteindelik sewes, het haar passie vir die sport gegroei. “Ek het nooit gedink 'n meisie kan rugby speel nie. Nou, 13 jaar later, is ek heeltemal versot op die sport. Dit is my lewe."

Toe sy 16 was, het Kruger se gesin na Kaapstad verhuis waar sy by die Ho?rskool Bellville-Suidspan aangesluit het en ook vir die Westelike Provinsie se o.18-span gespeel het. Toe sy by die US aangekom het, het sy by Maties aangesluit, waar sy die afgelope vier jaar speel.

Om Maties vanjaar in die FISU 7s-toernooi te verteenwoordig was 'n hoogtepunt. "Ek het so baie geleer en lewenslange verbindings gemaak," sê sy. “Die vroulike afrigtingspan was veral spesiaal—dit is skaars in vrouerugby."

Die balansering van sport en studies was uitdagend sedert ho?rskool. “Dit was moeilik om Westelike Provinsie-rugby, Maties Rugby en my studies op universiteit te bestuur," erken sy. “Maar my familie en die departement van sportwetenskap het my ondersteun."

Haar prioriteit was nog altyd akademie eerste, rugby tweede. “Ek het moeilike keuses gemaak en my studies voor sport geplaas," sê Kruger. “Maar dit was absoluut die moeite werd."