Prof. Thulani Makhalanyane van die Universiteit Stellenbosch se Departement Mikrobiologie is een van 18 toonaangewende mikrobiolo? wêreldwyd wat internasionale regerings aanspoor om mikrobes aan te wend in die stryd teen klimaatsverandering.
Sáám verteenwoordig die groep 24 mikrobiologie-wetenskapsverenigings en -instellings.
In 'n artikel wat op dieselfde dag in 14 verskillende internasionale vaktydskrifte gepubliseer is, (wat as 'n ongekende prestasie beskou word om die dringendheid van hierdie wekroep tot aksie te beklemtoon), het hierdie groep van 18, ses eenvoudige mikrobiese “entstowwe" beskryf wat as “kortpad" aangewend kan word om die wydverspreide impak van klimaatsverandering hok te slaan.
Volgens 'n internasionale mediaverklaring, is die impak van klimaatsverandering op 'n veel groter en meer wydverspreide skaal as die COVID-19-pandemie: “Katastrofiese weersgebeurtenisse eis lewens teen 'n kommerwekkende tempo, om die wêreldbevolking te voed was nog nooit so uitdagend nie. En dit weens die verlies van oeste en 'n seevlak wat styg en nasies regoor die Stille Oseaan bedreig".
Volgens Prof. Makhalanyane, bepleit hulle die inkorporering van mikrobiese gemeenskapsdata in voortgesette besprekings wat verband hou met die Konferensie van Partye (COP) en ander Verenigde Nasies-liggame: “Hierdie agentskappe het gepleit vir spesiale bewaringsgebiede, maar daar is 'n gebrek aan begrip vir die potensi?le terugvoer van mikrobiese aktiwiteite en die feit dat dit die effek van klimaatsveranderig kan verminder, of vererger," waarsku hy.
In die geval van koraalriwwe, byvoorbeeld, is die simbiotiese gasheer-mikrobioom-verhouding tussen korale en hulle mikrobes vervang deur patogeniese (bv. disbiotiese) interaksies. Dit het gelei tot voorgesette koraalverbleiking en die potensi?le uitwissing van hierdie “re?nwoude van die see" in ons eie leeftyd.
Volgens die mikrobiolo? bestaan daar 'n magdom bewyse dat mikrobes en die mikrobioom die onontginde potensiaal as lewensvatbare klimaatsoplossings het – maar slegs indien hierdie oplossings so vinnig as moontlik en op globale skaal aangewend word.
In die geval van koolstofsekwestrasie, byvoorbeeld, bepleit hulle die inkorporering van mikrobiese gemeenskapsdata in huidige klimaatsmodelle: “Hierdie modelle neem nie die feit dat mikrobiese gemeenskappe wesenlik tot koolstofsekwestrasie bydra, in ag nie en dit wil voorkom of daar ook nie 'n plan is oor hoe om dit te doen nie," verduidelik Makhalanyane.
Verder is daar 'n gebrek aan begrip van die volle omvang van mikrobiese diversiteit in Afrika se diverse en unieke omgewings: “Ten einde hierdie “kure" toe te pas is dit belangrik om te weet watter mikro?rganismes in Afrika-ekosisteme gehuisves word. Ons moet dringend ons navorsingstudies oor Afrika-mikrobiome uitbrei en by die US is dit reeds een van ons navorsingsfokusse. Dink byvoorbeeld aan die kunsmisrevolusie en toepassings op Afrika-landbougrond – ons moet bakterie? uit hierdie grond isoleer vir langtermyn volhoubare ontwikkeling, " voeg Makhalanyane by.
Die lys van mikrobiese oplossings wat die groep wil insluit, is:
- Koolstofsekwestrasie-versterkers – Gebruik mikrobes om koolstof in grond en oseane in te sluit, wat sodoende CO?-vlakke in die atmosfeer verlaag en terselfdertyd die grond verryk wat weer beter gewasgroei tot gevolg het.
- Metaanbrekers – Inkorporeer bakterie? by stortingsterreine om die metaangas wat die vullis vrystel, te verminder. Dit kan ook op veeplase en vleilande toegepas word.
- Mikrobiese bio-energie – Gebruik alge, giste, suikerriet, plantolies en diervette om biobrandstowwe te vervaardig wat die vraag na fossielbrandstof sal verminder.
- Besoedelingsvegters – Gebruik mikrobes om die besoedelingstowwe in industri?le afval van konstruksieterreine af te breek, ten einde besmette grond en water skoon te maak.
- Mikrobioomterapie – Verander die dieet van koeie om hul metaangasproduksie te verminder.
- Kunsmisrevolusie – Vervang sintetiese stikstof in kunsmis met natuurlike bakterie? ten einde lug- en watergehalte te verbeter.
Prof. Raquel Peixoto van King Abdullah Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie en president van die Internasionale Vereniging vir Mikrobiese Ekologie, sê in die mediavrystelling dat hul oproep tot aksie, erkenning gee aan die dringendheid om die klimaatskrisis aan te pak deur 'n noodraamwerk van eenvoudige oplossings te ontwikkel.
Die betrokke wetenskapsverenigings en -instellings werk alreeds saam en is gereed om vining 'n taakspan saam te stel om belanghebbendes te ondersteun en die ontwikkeling en implementering van hierdie oplossings te fasiliteer.
“Ons moedig alle relevante inisiatiewe, regerings, en belanghebbendes aan om uit te reik na ons by climate@isme-microbes.org. Ons is gereed en bereid om ons kundigheid, data, tyd en ondersteuning aan te bied vir onmiddellike optrede," sluit hulle af.
Die navorsing getiteld “Microbial solutions must be deployed against climate catastrophe" is gelyktydig in die volgende vaktydskrifte gepubliseer: Sustainable Microbiology, ISME Journal, mSystems, FEMS Microbiology Ecology, Nature Microbiology, Nature Reviews, Microbiology, Nature Reviews Earth and Environment, Nature Communications, Communications Biology, Communications Earth and Environment, npj Biodiversity, npj Biofilms and Microbiomes, npj Climate Action, npj Sustainable Agriculture.