中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Fisika nagraadse studente raap 5 van die 10 toekennings op by ICO-26
Outeur: Faculty of Science (media & communication)
Gepubliseer: 18/11/2024

?Nagraadse student van die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Fisika het met vyf van die tien studentetoekennings weggestap tydens die onlangse  26ste Kongres van die Internasionale Kommissie vir Optika (ICO-26) wat by die US aangebied is.

Dr. Yaseera Ismail, voorsitter van die re?lingskomitee en 'n kwantumfisikus aan die US, sê dit is die eerste keer dat die ICO-kongres op Afrikabodem plaasvind: “Ons het vanjaar die registrasiekoste aansienlik verlaag sodat meer Suid-Afrikaanse studente kon deelneem. Normaalweg is hierdie vergaderings so duur dat ons nouliks een of twee studente kan stuur om dit by te woon."

Die studente wat die toekennings ontvang het, is Eugene Fouché (Beste PhD-plakkaat), Pashlene Naidoo (Beste MSc-plakkaat), Conrad Strydom (Toekenning vir Innoverende Navorsing), Tebogo Ledwaba (Toekenning vir Bedryfsgefokusde navorsing), en Kelsey Everts (Beste Plakkaat oor Gevorderde Optiese Beeldvorming en Spektroskopie).

Conrad, 'n PhD-student in kwantumfisika, sê dit was 'n wonderlike geleentheid om die  ICO-26 by te woon en 'n voordrag te doen: “Ek kon luister na van die mees opwindende en voorpuntnavorsing in optika en fotonika. Om boonop die toekenning vir die mees innoverende navorsing te ontvang, is 'n groot inspirasie om voort te gaan in  hierdie navorsingsveld."

Vir Tebogo, 'n PhD-student in fotonika, was dit 'n uitdagende ervaring om langs haar plakkaat te staan en studente en professors se vrae oor haar navorsing te beantwoord: “Ek stel gewoonlik meer in ánder mense se werk belang en vra hulle vrae uit pure nuuskierigheid. Ek deel dikwels nie so baie oor my eie navorsing nie, tensy hulle," verduidelik sy.

Vir haar was ICO-26 veral baie interessant: “Ek het geleer oor verskeie toepassings van lig. Ek het ook vir die eerste keer geleer oor sigbare-lig teleskope en optiese frekwensiekamme," voeg sy by.

Wêreldbekende sprekers

As voorsitter van die re?lingskomitee het Dr. Ismail ook 'n openbare lesing op die US-kampus gere?l deur die 2018 Nobelpryswenner in Fisika, Prof. Donna Strickland, wat tans 'n professor in die Departement Fisika en Astronomie aan die Universiteit van Waterloo, Kanada is.

Nog 'n Nobelpryswenner in Fisika (2023) wat deelgeneem het, was Prof. Anne L'Hullier van die Lund Universiteit in Swede. Sy het besprekings oor nieliniêre optika, ho?-intensiteit lasers, en die evolusie van attosekonde wetenskap gelei.

Ander noemenswaardige sprekers sluit ook in: Prof. Juan Yin van die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, China, en Prof. Gerd Leuchs van die Max Planck Instituut en president van OPTICA. Hulle het transformerede onderwerpe gedek wat gestrek het van ruimtegebaseerde kwantumfisika, tot klassieke optika. Prof. Carlos Hernandez-Garzia, 'n ontvanger van die ICO-toekenning vir 2023, het 'n aanbieding gedoen oor attosekonde ligpulsstruktuur-manipulering, terwyl ander sprekers hulle navorsingswerk op gebiede oos fotonika, programmeerbare fotonika, en optiese manipulasie gedeel het.

“As 'n eerste vir Afrika, het ICO-26 die grondslag gelê vir voortgesette internasionale samewerking vir die bevordering van optikanavorsing en die praktiese toepassings daarvan," sluit Dr. Ismail af.

Op die foto is van links na regs: Conrad Strydom (PhD-student in kwantumfisika), Dr. Yaseera Ismail, Tebogo Ledwaba (PhD-student in fotonika), Pashlene Naidoo (MSc- student in kwantumfisika), Kelsey Everts (MSc-student in fotonika), en Eugene Fouché (PhD-student in fotonika). Krediet: Wiida Fourie-Basson