中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stellies Shake Out omskep Donderdagaande in gemeenskapsavontuur
Outeur: FMHS Marketing & Communications – Sue Segar
Gepubliseer: 12/11/2024

Elke Donderdagaand om 18:00 kom tientalle hardlopers, toegerus met koplampe, by Coetzenburg-sentrum in Stellenbosch byeen vir hul weeklikse roetedraf (trail run). Dit is die Stellies Shake Out, ? inisiatief wat gegroei het van ? klein groepie vriende in 2019 tot ? florerende gemeenskap van meer as honderd deelnemers.

Die inisiatief trek ? diverse groep mense aan – studente en personeel van die Universiteit Stellenbosch (US), werkende professionele persone en plaaslike inwoners. Saam is hulle ? gemeenskap wat toegewy is aan fiksheid en geestelike welstand.

“Oktober is Geestesgesondheid-bewustheidsmaand, en oefening is een van die beste maniere om geestesgesondheid te bevorder," sê dr Shaundré Jacobs, Sportwetenskapdosent by die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe en een van die groep se ko?rdineerders. "Roetedraf kombineer kardiovaskulêre oefening met die voordele van in die natuur wees."

Die groep kom drie weke van die maand by Coetzenburg-sentrum byeen, en het een maandelikse "wegdraf" by óf Eden Forest, Botmaskop, óf Ida's Valley. Die groep, wat deur Simon en Jana de Waal gestig is, word nou deur Jacobs, Julian Vermeer en Mirko Steinhaege bestuur.

Hardlopers word in vier groepe georganiseer, elk gelei deur vrywilligers. Groepe wissel van stappers wat 5km voltooi tot hardlopers wat 10km in ? uur aflê. “Ons prioritiseer veiligheid en inklusiwiteit," verduidelik Jacobs. "Elke groep het ? leier en ? skoonve?r om te verseker dat niemand agterbly nie."

Die inisiatief bly gratis, alhoewel deelnemers aangemoedig word om ? skenking te maak aan die Stellenbosch Trail Fund wat die roetes in stand hou. Wat begin het as ? veiligheidsmaatre?l vir alleenlopers, veral vroue, het in ? hoeksteen van Stellenbosch se hardloopgemeenskap ontwikkel.

In 2022 het Jacobs begin met die jaarlikse Vrouedaglopie as deel van Stellies Shake Out. “Ons het groot getalle vroue gehad wat aangesluit het. Vir baie was dit hul eerste roetedraf." Hulle het ook 'n Vrouedag-seminaar in Augustus vanjaar gere?l waar vroue aangemoedig is om vrae oor hardloop te vra, soos goeie voedingpraktyke, hoe menstruasie hul hardloop be?nvloed, sportsielkunde en vele ander onderwerpe.

Jacobs glo dat Stellies Shake Out ? belangrike inisiatief is wat belangstelling in roetedraf verhoog het. “Ons maak die sport meer toeganklik en stel mense bloot aan avontuur en die natuur. Daar is geen twyfel dat 'natuurbad' goed is vir geestesgesondheid en vir die siel nie. Al hierdie faktore het ons gehelp om ons getalle te verhoog."

 

*Om op hoogte te bly van weeklikse drawwe, kan belangstellendes @Stelliesshakeout op Instagram volg of by hul WhatsApp-groepe aansluit.