中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Verklaring - Aanstelling van 'n onafhanklike paneel om kwessies rakende "Wilgenhof-verslag" te ondersoek
Outeur: Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 08/11/2024

Die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het by sy vergadering op 1 November 2024 die lede van die Universiteit se Sosiale en Besigheidsetiekkomitee en die Oudit- en Risikokomitee (die "Gesamentlike Komitee") opdrag gegee om 'n onafhanklike ondersoek te re?l en te ko?rdineer na aanleiding van spesifieke bewerings van onbehoorlikheid deur die Kanselier, oudregter Edwin Cameron, teen die Visekanselier, prof Wim de Villiers, en die Raadsvoorsitter, dr Nicky Newton-King, wat in 'n be?digde verklaring vervat is wat die Kanselier op 29 Oktober 2024 met betrekking tot die sogenaamde Wilgenhof-verslag afgelê het.

Die gesamentlike komitee het Vrydag (8 November 2024) 'n onafhanklike paneel aangestel om hierdie ondersoek uit te voer. Die paneel bestaan uit oudregter Johann Kriegler, advokaat Karrisha Pillay SC en professor Themba Mosia, ("die Kriegler-paneel"). Kriegler sal die voorsitter van die onafhanklike paneel wees. Kort resumés van die Kriegler-paneellede word hieronder verskaf.

Die paneel se verslag en bevindings sal na verwagting betyds gereed wees vir die volgende vergadering van die Raad wat op 2 Desember 2024 gehou word.

Die Gesamentlike Komitee is dankbaar dat die lede van die Kriegler-paneel hulle vir hierdie sensitiewe maar baie belangrike taak beskikbaar stel en glo hulle sal 'n deeglike en regverdige ondersoek doen.

Uitgereik namens die Gesamentlike Komitee

Vrydag 8 November 2024

Bernard Fick (Voorsitter van die Gesamentlike Komitee)


Resumés van paneellede

Oudregter Johann Kriegler

Oudregter Kriegler is 'n afgetrede Suid-Afrikaanse regter wat van Februarie 1995 tot November 2002 in die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika gedien het. Hy was voorheen 'n praktiserende senior advokaat in Johannesburg en het in 1984 as regter van die destydse Transvaalse Provinsiale Afdeling by die regbank aangesluit. Hy was een van die 11 regters wat op 14 Februarie 1995 by die hoogste hof se eerste regbank ingesweer is, waar hy tot sy uittrede op 29 November 2002 gedien het.

Hy was ook die eerste voorsitter van die post-apartheid Onafhanklike Verkiesingskommissie en Verkiesingskommissie van Suid-Afrika.

Professor Themba Mosia

Prof Mosia is die Viserektor en die onmiddellike voormalige tussentydse Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria.

Hy het 'n PhD in beleidstudies, veral in oorsigbestuur. Hy het sy universiteitskwalifikasies in Suid-Afrika en die Verenigde State verwerf. Mosia het die akademiese onderneming oor meer as vier dekades in talle ander hoedanighede gedien, insluitende as dosent, in internasionale betrekkinge, as departementshoof, as registrateur by verskeie universiteite, dekaan, hoofbestuurder van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika en tussentydse voorsitter van die Nasionale Finansi?le Hulpskema vir Studente (NSFAS). Hy het en bied steeds werksessies aan vir universiteitsrade nadat hy in die verlede met die DHOO saamgewerk het oor Raadsvoorsitters en ondervoorsitters. Hy is een van vyf skrywers van die Guidelines for Good Governance Practice and Governance Indicators for Councils of South African Public Higher Education Institutions. Sy akademiese kundigheid handel oor gehalteversekering, oorsigbestuur en onderrig in gesondheidswetenskappe. Hy is as 'n kundige adviseur van die Kommissie van Ondersoek na Ho?r Onderwys in Suid-Afrika (die klasgeldkommissie) aangestel. Hy het vir twee termyne as voorsitter van die Raad vir Ho?r Onderwys en in talle internasionale netwerke gedien.

Hy het in 2022/2023 'n span gelei om 'n onafhanklike beoordeling van die bedrywighede van UNISA te doen met die oog daarop om die minister te adviseer oor die bron en aard van probleme, en maatre?ls wat nodig is om goeie oorsigbestuur en bestuur te herstel.

Advokaat Karrisha Pillay SC

Advokaat Pillay SC het sowat 19 jaar as advokaat by die Kaapse Balie gepraktiseer voordat sy in 2018 die eer van senior advokaat ontvang het. Sy werk op verskeie gebiede en het 'n besondere belangstelling in grondwetlike reg. Sy het al oor die onderwerpe van sosio-ekonomiese regte, armoede en die rol en verantwoordelikhede van verskeie staatsliggame geskryf. Sy was ook mederedakteur van 'n boek, Socio-Economic Rights in South Africa.

Pillay het al in die rade van verskeie nieregeringsorganisasies en gemeenskapsgebaseerde organisasies gedien. Sy was lid van die Wes-Kaapse Provinsiale Raad, ondervoorsitter van die Kaapse Balieraad, en 'n lid van die Raad van die Dullah Omar Instituut.

Sy het die volgende kwalifikasies behaal: BA (Regte) (UDW) LLB (UK) LLM (UK).?