Met die einde van die akademiese jaar in sig, was die Navorsings- en Innovasietoekennings wat op 31 Oktober aangebied is, ? gepaste manier om die prestasies van die crème de la crème aan die Universiteit Stellenbosch (US) te vier.
Die galadinee, wat by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Studie (Stias) gehou is, het erkenning gegee aan uitnemendheid oor verskeie kategorie? heen, insluitend nagraadse studente, vroe?-loopbaannavorsers, gevestigde navorsers, vroue in navorsing, nuut A-gegradeerde navorsers en uitnemende nagraadse studieleiers. Die toekennings in die verskillende kategorie? is deur dekane en senior akademiese personeel oorhandig.
The Conversation Africa, ? mediaplatform sonder winsbejag wat nuus en ontledings publiseer wat deur akademici en navorsers geskryf is, het ook drie toekennings oorhandig aan US-personeel wat tot uitnemende openbare betrokkenheid en navorsingsverspreiding bygedra het.
Indrukwekkende mylpale
Prof Sibusiso Moyo, Adjunk-visekanselier: Navorsingsinnovasie en Nagraadse Studies, het in haar verwelkomingstoespraak gesê navorsing met impak is een van die hoofdryfvere wat die waarde meet wat die US tot die generering van kennis en kundige vaardigheidsopleiding toevoeg. Moyo het die US se visie beklemtoon om Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit te wees, wat wêreldwyd erken word vir uitnemendheid, inklusiwiteit en innovasie.
“Ons verbintenis tot die strewe na kennis, navorsing en innovasie in diens van die samelewing word in werking gestel deur ons personeel en studente en ? omgewing met ? diepgaande doelgerigtheid om ? bydrae te lewer om die drie grootste uitdagings in ons land te verbeter, naamlik werkloosheid, armoede en ongelykheid," het Moyo gesê.
Sy het ? oorsig verskaf van ? paar indrukwekkende mylpale wat die afgelope jaar aan die US behaal is, insluitend die toekenning van die gesogte Templeton-prys aan prof Pumla Gobodo-Madikizela vir haar werk oor historiese trauma en regstellende geregtigheid. Gobodo-Madikizela en haar span by Sentrum vir die Studie van die Nadraai van Geweld en die Strewe na Herstel (AVReQ) het die 2024- Visekanselier en Adjunk-visekanselier se Spesiale Erkenningstoekenning ontvang.
Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier, het erkenning gegee aan die uitsonderlike bydraes van die US se vakkundiges, wie se werk die Universiteit se status onder Suid-Afrika se voorste drie navorsingsintensiewe instellings versterk het. Hy het daarop gewys dat die US nou met 505 NNS-gegradeerde navorsers spog, insluitend 21 A-gegradeerde navorsers, en 345 nadoktorale genote ondersteun, wat almal beduidend tot die Universiteit se robuuste navorsingsuitset bydra.
De Villiers het die wenners gelukgewens en gesê hul bydraes hef nie net die US op nie, maar versterk ook die instelling se vermo? om kennis te bevorder en lewens te transformeer. “Ons is dankbaar vir julle harde werk en vasberadenheid. Ek het geen twyfel dat jul toekomstige pogings ons almal sal aanhou inspireer nie," het De Villiers afgesluit.
Transformerende leierskap
In sy dankbetuiging het prof Deresh Ramjugernath, Adjunk-visekanselier: Onderwys en Leer en aangewese Rektor en Visekanselier, De Villiers vir sy transformerende leierskap geloof. Hy het ook die ontvangers van die toekennings geprys vir hul bydraes om die US se reputasie as ? toonaangewende navorsingsintensiewe universiteit te versterk. “Ons het oor die afgelope dekade die belangrikste vordering in die Universiteit Stellenbosch se reis na ? navorsingsintensiewe universiteit gesien. Dit het gebeur danksy ? daadwerklike poging en doelbewuste leierskap om ons vorentoe te dryf om een van die voorste navorsingsuniversiteite op die vasteland te word," het Ramjugernath gesê.
Kommentaar deur van die wenners van die Toekennings vir Uitnemendheid in Navorsing en Innovasie
Prof Shahida Moosa, Hoof van mediese genetika by Tygerberg-hospitaal:
“Hierdie toekenning in die kategorie Vroue in Wetenskap beteken vir my baie, omdat ek daarna streef om ? rolmodel vir jong vroue in die wetenskap te wees. My navorsingsgroep het sedert sy ontstaan met opset oorwegend uit vroue bestaan. Ons het ? pragtige diverse en dinamiese groep geskep, waar vroue bemagtig word om velde soos bioinformatika, wat steeds grootliks deur mans oorheers word, te verken. Wanneer hierdie jong vroue die geleentheid gegee word, wys hulle dat hulle kan uitblink. Ek is bly om deel hiervan te wees. Dit is een manier waarop ek werk aan werklike transformasie binne die Universiteit en binne die wetenskap, en dit is wonderlik om erkenning vir hierdie pogings te ontvang.
Dr Cleo Conacher, nadoktorale navorsingsgenoot, Departement Mikrobiologie:
“Ek is baie ge?erd om erken te word as een van die voorste vyf nadoktorale navorsingsgenote by die Universiteit. Dit is altyd ? welkome verrassing wanneer die werk waarin jy behae skep, ook akademies waardeer word. Benewens die individuele prestasie, het die geleentheid die integrale rol van die bydraes van nadoktorale navorsingsgenote in die akademiese stelsel en tot navorsing as geheel uitgelig, wat wonderlik was om te sien."
Dr Gibson Ncube, Departement Moderne Vreemde Tale:
“Om die Conversation Africa-toekenning te wen is ? ongelooflike eer en ek is dankbaar vir hierdie erkenning. Dit bevestig die belangrikheid daarvan om ? brug tussen die akademie en die publiek te bou deur ons vakkundige werk toeganklik vir bre?r gehore buite die ivoortorings van die akademie te maak. Die toekenning inspireer my beslis om aan te hou werk aan projekte wat komplekse idees toeganklik, relevant en impakvol maak."
Prof Evert Kleynhans, medeprofessor, Departement Militêre Geskiedenis:
“Dit is ? wonderlike gevoel wanneer ? mens se harde werk en navorsingsuitset erken word op ? platform soos die jaarlikse Toekennings vir Navorsing en Innovasie-uitnemendheid. Boonop stel die geleentheid die Universiteit se voorste navorsers in staat om in ? sosiale omgewing met mekaar te meng, wat altyd welkom is."
Dr Tawanda Zininga, Departement Biochemie:
“Hierdie toekenning getuig van die ondersteuning wat ek meestal van die US se Fakulteit Wetenskap en Departement Biochemie ontvang het. Dit sou nie moontlik gewees het sonder die studente wat geweldig baie bygedra het om dit te bereik nie. Ek is dankbaar vir hul bydraes tot hierdie navorsing en dra hierdie toekenning aan hulle op. Ek voel ootmoedig dat ek as een van die ontvangers van die toekenning vir vroe?-loopbaannavorsers gekies is. Hierdie erkenning versterk ook my selfvertroue en dryfkrag om ons pogings te versterk om oplossings te vind vir die gesondheidsuitdagings wat deur malaria veroorsaak word."
Prof Sope Williams, professor: Departement Handelsreg:
Ek is so dankbaar vir die Vroue in Wetenskap-toekenning. Daar is regtig iets daaraan om by 'huis' erken te word wat hierdie toekenning ekstra spesiaal laat voel. Hoewel ek internasionale toekennings vir my navorsing ontvang het, maak die erkenning van die Universiteit Stellenbosch my hart warm en laat dit my waardeer en geliefd voel. Die erkenning laat my ook voel dat my werk nie tevergeefs is nie en dat ek op my eie manier ? verskil maak deur my navorsing oor, onderrig van en voorspraak vir openbare verkryging, anti-korrupsie en geslagsgelykheid. Om in dieselfde kategorie te wees as prof Sandra Liebenberg, die enigste A-gegradeerde NNS-vakkundige in die Fakulteit Regsgeleerdheid, het my baie gemotiveer en ge?nspireer. Ek sal aanhou streef om die beste te wees wat ek kan wees en die beste te gee wat ek aan die Universiteit Stellenbosch, my studente en die gemeenskap kan gee."
VOLLEDIGE LYS VAN 2024-WENNERS:
Toekennings vir Uitnemendheid in Navorsing en Innovasie 2024 | |
| |
KATEGORIE VIR NAGRAADSE STUDENTE | |
Dr Frederic Bester | Siviele Ingenieurswese |
Dr Martinus Myburgh | Mikrobiologie |
Dr Jana Van Rooyen | Voedselwetenskappe |
Me Dayna Croock | Biomediese Wetenskappe |
Mr Jan-Hendrik Duminy | Chemiese Ingenieurswese |
Me Alexandra Volkwyn | Chemie en Polimeerwetenskap |
Dr Steve Chingwaru | Aardwetenskappe |
Dr Luckmore Chivandire | Skool vir Publieke Leierskap |
? | ? |
? | ? |
| |
KATEGORIE VIR VROE?-LOOPBAANNAVORSING | |
Dr Marguerite Blignaut | Mediese Fisiologie |
Me Munira Hoosain | Gesondheids- en Rehabilitasiewetenskappe |
Me Mariam Salie | Sielkunde |
Dr Caitlin Uren | Biomediese Wetenskappe |
Dr Tawanda Zininga | Biochemie |
Dr Boitumelo Ramatsetse | Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese |
| |
KATEGORIE VIR GEVESTIGDE NAVORSERS | |
Prof Soraya Bardien | Biomediese Wetenskappe |
Prof Novel Chegou | Biomediese Wetenskappe |
Prof Savel Daniels | Botanie en Zo?logie |
Prof Amanda Gouws | Politieke Wetenskap |
Prof Resia Pretorius | Fisiologiese Wetenskappe |
Prof Gideon van Zijl | Siviele Ingenieurswese |
| |
VROUE IN NAVORSING-KATEGORIE | |
Prof Kathryn Chu | Chirurgiese Wetenskappe |
Prof Sandra Liebenberg | Publiekreg |
Prof Christine Lochner | Psigiatrie |
Prof Shahida Moosa | Molekulêre Biologie en Mensgenetika |
Prof Sope Williams | Handelsreg |
| |
ADJUNK-VISEKANSELIER SE INTERDISSIPLIN?RE/GROEPTOEKENNINGS | |
Laboratorium vir die Ekonomie van Afrika se Verlede (LEAP) | |
Suid-Afrikaanse Sentrum vir Epidemiologiese Modellering en Analise (SACEMA) | |
| |
REKTOR EN VISEKANSELIER SE NAVORSING VIR IMPAK-TOEKENNING | |
Prof Clive Gray | Immunologie |
| |
NAGRAADSE STUDIELEIERTOEKENNINGS | |
Prof Meshach Aziakpono | Ekonomiese Bestuurswetenskappe |
Prof Jonathan Jansen | Onderwys |
Prof Bert Klumperman | Wetenskap |
Prof Leslie le Grange | Onderwys |
Prof Corné Schutte | Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe |
Prof Sandra Swart | Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe |
Prof Grant Theron | Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe |
Prof Jan Van Vuuren | Ingenieurswese |
Prof Gideon Van Zijl | Ingenieurswese |
Prof Ranel Venter | Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe |
Prof Cas Wepener | Teologie |
Prof Gideon Wolfaardt | Wetenskap |
Prof Taryn Young | FGGW |
| |
TOEKENNINGS VIR TEGNOLOGIE-OORDRAG/-INNOVASIE | |
BioTrac Technology | |
Urobo Biotech | |
| |
VISEKANSELIER/ADJUNK-VISEKANSELIER SE SPESIALE ERKENNINGTOEKENNING | |
Sentrum vir die Studie van die Nadraai van Geweld en die Strewe na Herstel (AVReQ) | ? |
| |
TOEKENNINGS VIR NUUT A-GEGRADEERDE NAVORSERS | |
Prof Zander Myburg | Genetika, AgriWetenskappe |
Prof H. Simon Schaaf | Pediatrie en Kindergesondheid |
Prof Herman Wasserman | Joernalistiek |
| |
ADJUNK-VISEKANSELIER SE TOP NAVORSINGSUITSETTOEKENNINGS | |
Prof Johan Fourie | Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Prof Evert Kleynhans | Krygswetenskappe |
Prof Oluwole Makinde | Krygswetenskappe |
Prof Soraya Seedat | Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe |
Prof Robin Warren | Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe |
| |
NADOKTORALE TOEKENNINGS | |
Dr Michelle Botha | Departement Globale Gesondheid |
Dr Cleo Conacher | Mikrobiologie |
Dr George Teke | Chemiese Ingenieurswese |
Dr Happy Tshivhula | Biomediese Wetenskappe |
Dr Francois Van Schalkwyk | Sentrum vir Navorsing oor Evaluering, Wetenskap en Tegnologie |
Prof Robbie Luckay | Chemie en Polimeerwetenskappe |
Prof Craig McGregor | Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese |
Dr Monika Moir | CERI, Skool vir Datawetenskap en Rekenaardemnke |
| |
The Conversation-toekennings | |
Prof Johann Kirsten | Buro vir Ekonomiese Ondersoek |
Wandile Sihlobo | Landbou-ekonomie |
Dr Gibson Ncube | Moderne Vreemde Tale |
?