中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US-student gesels met prins William oor klimaatsverandering-uitdagings
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Anel Lewis]
Gepubliseer: 06/11/2024

?Lesedi Monnanyane, ? student aan die Universiteit Stellenbosch, het as een van Afrika se top 100-deelnemers aan die Earthshot-prys se Jeugprogram ? een keer in ? leeftyd-geleentheid gekry om klimaatsverandering-uitdagings met prins William te bespreek.

Monnanyane, tans in sy finale jaar van ? Diploma in Volhoubare Ontwikkeling, beskryf die ervaring as “onvergeetlik". Hy was be?ndruk met die Britse troonopvolger se energie en sê die prins het opregte belangstelling getoon in die idees en stories van die jongmense wat by die program betrokke is. “Ek het nederig én ge?nspireer gevoel om in die teenwoordigheid van iemand te wees wat nie net verandering verteenwoordig nie, maar aktief daaraan werk om dit op ? globale skaal te bevorder."

Die prins was vandeesweek as stigter en president van die Earthshot-prys, ? wêreldwye omgewingstoekenning, in Kaapstad vir die vierde jaarlikse prysuitdeling, waartydens vyf wenners ?1 miljoen ontvang het om hul besighede uit te brei. Hy het gedurende die week eko-krygers ontmoet en aan verskeie geleenthede deelgeneem wat op omgewingsinnovasie gefokus is. Dit het ingesluit om deelnemers aan die Jeugprogram te ontmoet.

Monnanyane het eerstehandse ervaring van hoe verandering wat by die huis begin, ? uitbreibare oplossing kan word. Hy kom van die klein myndorpie Postmasburg in die Noord-Kaap, waar waterskaarste ? voortdurende bron van kommer is. Die dorp is ook die tuiste van meer as 35 mynoperasies, dus is besoedeling ? daaglikse realiteit. “Dit het my passievol gemaak oor die vermindering van CO2-vrystellings en het my aangevuur om die dwingendste omgewingsuitdagings aan te pak. Die besoedeling daar is nie iets waarvan ons in akademiese referate lees nie; ons lééf dit. Ek glo ons verdien skoner lug en gesonder grond."

Monnanyane bestuur ? suksesvolle afval-, tuinmaak- en skoonmaakbesigheid wat 30 werksgeleenthede vir plaaslike gemeenskapslede geskep het om higi?ne- en afvaluitdagings op te los. Die besigheid verander tans van koers van skoonmaak, tuinmaak en die verkoop van herwinbare produkte na die generering van koolstofkrediete en die vervaardiging van biobrandstof uit organiese afval, indringerplante en energiegewasse soos hennep. “Ons herverbeelde missie maak nie net ons lug skoner en ons gemeenskappe gesonder nie, maar herstel ook ons dro?, onvugbare grond ekologies. Dit bied geleenthede om koolstofkrediete plaaslik te genereer. Ons kan koolstofkrediete genereer deur praktyke toe te pas wat koolstof vasvang en emissies verminder om plaaslike projekte wat op klimaatsveerkragtigheid gefokus is, te help finansier."

Monnanyane het ook ? bioraffinadery-beginneronderneming gestig wat die moontlikheid ondersoek om Fischer-Tropsch-tegnologie (? chemiese reaksie waarin ? mengsel van koolstofmonoksied en waterstof in ? sintetiese, vloeibare koolwaterstof omgeskakel word) te gebruik om biodiesel uit indringerplante te vervaardig. “Ek hoop om deur onderrig en entrepreneurskap by te dra tot ? meer mededingende, energiediverse landskap waar biobrandstof lewensvatbaar kan wees en fossielbrandstowwe die loef kan afsteek."

Die samewerking en vennootskappe binne die Earthshotprys-netwerk sal sy besighede in staat stel om ? meer betekenisvolle en uitbreibare impak te hê, sê hy.

Die Earthshot-prys se Jeugprogram is ? klimaatleierskapplatform wat mentorskap en netwerkgeleenthede vir jongmense tussen 15 en 35 jaar bied. Een van die doelwitte is om jong klimaatleiers voor te berei om hul kans doeltreffend aan te gryp om ? Earthshot-prysfinalis te word. “Om deel van die Jeugprogram te wees is ongelooflik waardevol vir my studies, want dit sal my die geleentheid gee om die konsepte en teorie? waaraan ek in my volhoubare ontwikkelingstudies blootgestel is, toe te pas en te bevorder," sê Monnanyane.

Hy het gekies om aan die US te studeer weens die sterk klem op praktiese en entrepreneuriese oplossings vir werklike omgewings- en maatskaplike uitdagings. “Die US het gelyk na die regte plek om vandag te leer en m?re te implementeer."

Hy sê hy het oor verskeie onderwerpe met prins William gesels, insluitend die Earthshot Prize Launchpad, wat so pas bekend gestel is. “Die Launchpad is ? platform wat beginner-entrepreneurs van Afrika (en wêreldwyd) soos ek verbind met beleggers wat na uitbreibare omgewingsoplossings op soek is. Om deel te wees van die Jeugprogram en om prins William te ontmoet, het my oortuiging versterk dat innovasie wat deur jongmense gelei word, die sleutel tot die oplossing van globale uitdagings is. Ek is meer vasbeslote as ooit tevore om tot die omgewingsbeweging by te dra en om met eendersdenkende individue saam te werk om ? betekenisvolle impak op ons planeet te maak."