中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Verklaring: Raadsbesluit - Wilgenhof
Outeur: Stellenbosch 中国体育彩票 Council
Gepubliseer: 01/11/2024
VERKLARING
Raadsbesluit: Wilgenhof 
1 November 2024 

Die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het by sy buitengewone vergadering wat vandag (Vrydag 1 November 2024) gehou is, besluit om die aangeleentheid van die Wilgenhof-paneel se verslag vir verdere ondersoek te verwys.

Die Raad het hierdie vergadering belê om die onlangse verwikkelinge te oorweeg nadat die Kanselier se be?digde verklaring aan die media beskikbaar gestel is wat bewerings van onbehoorlike inmenging bevat ten opsigte van die bevindings van die onafhanklike paneel wat die inhoud wat gedurende 'n oudit van die ruimtes en geriewe van die koshuis ge?vind is, moes ondersoek en aan die Rektoraat verslag moes doen oor sy bevindings en aanbevelings. (Klik hier om die opdrag van die paneel te lees.)

Die Raadsvoorsitter en die Rektor het hulle van die vergadering onttrek om 'n onpartydige besprekings- en besluitnemingsproses moontlik te maak. Die Raad het op grond van die Kanselier se be?digde verklaring, die be?digde verklaring wat in antwoord deur die voorsitter van die paneel ingedien is, asook voorleggings aan die Raad deur die Visekanselier en voorsitter van die Raad, gekies om die aangeleentheid vir verdere ondersoek te verwys.

Die Raad het die Sosiale en Besigheidsetiekkomitee ("SBE") en die Oudit- en Risikokomitee ("ORK") van die Raad opdrag gegee om toepaslike onafhanklike deskundige(s) ("Die Paneel") aan te stel en te ko?rdineer om die volgende te ondersoek: (1) die omstandighede waaronder die Wilgenhof-paneelverslag verander is, (2) of die Uitvoerende Komitee van die Raad op sy vergadering op 4 Junie besluit het dat Wilgenhof gesluit moet word, en (3) of die Voorsitter van die Raad die Kanselier se kommer oor die verandering aan die laaste paragraaf van die Wilgenhof-verslag by sy vergadering van 24 Junie 2024 aan die Raad moes bekend gemaak het.

Die paneel sal sy bevindinge betyds aan die Raad voorlê vir die Raadsvergadering wat vir 2 Desember 2024 geskeduleer is, sodat die Raad oor toepaslike optrede kan besluit.

Die Raad het by sy vergadering op 16 September 2024 besluit om die Wilgenhof-manskoshuis in sy huidige formaat te sluit en dit met 'n herverbeelde en herskepte manskoshuis-studentegemeenskap te vervang. 'n Herskepte koshuis het die oogmerk om die konstruktiewe aspekte van Wilgenhof te erken, terwyl daar beslissend weggebreek word van onaanvaarbare en geheimsinnige praktyke, terwyl ons vorentoe beweeg om 'n omgewing te skep waar alle studente in 'n gemeenskap kan floreer wat die US se waardes handhaaf.

Met 'n skikking  tussen die Universiteit en die Vereniging vir die Bevordering van Wilgenhof-inwoners (AWIR) is 'n ooreenkoms bereik om Wilgenhof-inwoners te akkommodeer deur die sluitingstydperk tot een semester te verkort en deur daardie studente wat wil, toe te laat om in die grootste een van die twee nuwe noordkampuskoshuise te bly. (Lees die vorige kommunikasie in hierdie verband.)

Dit is belangrik om daarop te let dat die skikking nie 'n kompromis is nie oor die kern van die Raadsbesluit om die koshuis in sy huidige vorm te sluit en 'n gefasiliteerde proses na 'n herverbeelde, hernude en herskepte studentegemeenskap aan te pak.

Die Universiteit herhaal dat hy op koers sal bly in sy pogings om beslissende verandering teweeg te bring.
?