中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Derdejaarstudente blink uit in internskapprogram
Outeur: Daniel Bugan
Gepubliseer: 24/10/2024

“My internskap het my toegerus met die vaardighede om verandering binne my belangstellingsbestek te skep en my geleer wat deur samewerking en passie bereik kan word”

Derdejaarstudente in Volhoubare Ontwikkeling in die Skool vir Publieke Leierskap het onlangs die geleentheid gekry om nie net hul teoretiese kennis in die praktyk toe te pas nie, maar ook om 'n professionele werksomgewing te ervaar toe hulle internskappe by 'n aantal sake-instellings voltooi het.

Die internskappe, wat dien as 'n brug na die studente se professionele werkslewe buite die Diploma-program, vereis dat studente ten minste 200 uur (ongeveer vyf weke) aan 'n organisasie of maatskappy toewy wie se werk in lyn is met ten minste een volhoubare ontwikkelingsdoelwit (VOD). Dié aksie-leergeleentheid stel studente ook in staat om hul professionele vaardighede, insluitend tydsbestuur en spanwerk, te verbeter; professionele netwerke te bou en hul loopbaanaspirasies 'n hupstoot te gee.

Lesedi Monnanyane het sy internskap by Anglo American, die grootste ysterertsprodusent in Suid-Afrika, voltooi. Anglo American beoog om te verseker dat VOD 12 (Verantwoordelike Produksie en Verbruik) in hul mynbedrywighede en nabygele? gemeenskappe toegepas word.

“Gedurende my internskapperiode het ek innoverende strategie? ondersoek om omvang 1-emissies te dekarboniseer en te verminder,” het hy gesê. “Ek het volhoubaarheidsopsies nagevors wat omvang 1-emissies verminder en groen werksgeleenthede moontlik maak in die gemeenskappe waarin Anglo bedrywig is.”

“Ek het ook 'n innoverende strategie ontwikkel en voorgestel om die maatskappy te help om hul dekarboniseringsteikens te bereik deur oor te skakel na biobrandstowwe wat versoenbaar is met hul bestaande masjinerie en voertuie.”

Monnanyane sê sy internskapervaring het hom goed voorberei vir 'n loopbaan in bio-energie.

“Ek het geleer om die kompleksiteite te waardeer wat die balansering van ekonomiese, sosiale en omgewingsfaktore vereis. Dit gaan van groot waarde wees wanneer ek in die toekoms 'n suksesvolle bio-energiebesigheid in die werkswêreld begin bestuur.”

Omphile Leeuw was 'n intern by Sealand Gear, 'n kleinhandel besigheid wat verantwoordelike toerusting- en klerevervaardiging vereenselwig met VOD 12 (Verantwoordelike Verbruik en Produksie). Die maatskappy se missie is om die beskerming van die omgewing en sy mense te verseker deur toerusting en klere te maak wat van afval of eties verkrygde materiale gemaak is.

Leeuw sê 'n hoogtepunt van haar internskap was om saam met 'n span te werk wat passievol daaroor is om Sealand Gear as 'n suksesvolle volhoubare tekstielhandelsmerk in Suid-Afrika en die wêreld te vestig.

“Hierdie ervaring het my in staat gestel om blootstelling in die werksomgewing te kry, my mensebestuursvaardighede te verfyn en my tegnologiese vaardighede te verbreed deur 'n sagtewaretegnologie genaamd Carbon Trail te kon toets. Carbon Trail is 'n koolstofrekeningkundige sagteware wat 'n maatskappy help om aan volhoubaarheidsonthullings te voldoen.”

Sy sê 'n module in haar diplomastudies, genaamd Volhoubare Ontwerp, het haar gehelp om voor te berei vir haar internskap.

“In hierdie module het ek geleer oor konsepte soos ontwerpdenke en stelseldenke, wat ek tydens my internskap toegepas het. Deur ontwerpdenke toe te pas, kon ek die uitdagings verstaan wat Sealand Gear in die gesig staar rakende die omgewingsimpak van die afwerkings (bykomstighede wat by klere-items gevoeg word) wat hulle van hul verskaffers kry. Stelseldenke het my gehelp om te verstaan hoe elke verskaffer se afwerkings die duursaamheid en volhoubaarheid van die klere en toerusting wat Sealand vervaardig, be?nvloed.”

Zia Hoppé het 'n internskap by Ranyaka Community Transformation gedoen. Ranyaka is 'n nieregeringsorganisasie (NRO) wat ruimtelike en stedelike beplanningsbeginsels gebruik om veerkragtige en florerende dorpe of woonbuurte met min hulpbronne, te skep. Dié NRO se unieke sakemodel en impak strek oor al die VOD's, met 'n hooffokus op VOD 1 (Geen armoede) en VOD11 (Volhoubare stede en gemeenskappe).

“My rol het onder meer fasilitering, datamonitering en -verslagdoening, geleentheidsbeplanning, navorsing oor sosiale innovasie en administratiewe pligte ingesluit. 'n Hoogtepunt was om gemeenskapsgeleide werkswinkels by te woon en deel te wees van die fasiliteringspan wat Ranyaka se Transformasie Sosiale Innovasie Winterskool aangebied het. In hierdie oomblikke het ek die impak gesien en gevoel wat geskep word deur sosiale impak en innovasie binne plaaslike kontekste.”

Hoppé het gesê haar internskap by Ranyaka het “my toegerus met die vaardighede om verandering binne my belangstellingsbestek – volhoubare verstedeliking en sosiale impak – te skep. Dit het my ook gewys wat bereik kan word deur samewerking en passie.”

James Purchase het 'n internskap by Digital Frontiers voltooi. Hierdie nie-winsgewende organisasie bestuur 'n inisiatief genaamd TwentyforGood wat daarop gemik is om 20% van alle toekomstige werksgeleenthede te wy aan die oplossing van die wêreld se grootste uitdagings. Die organisasie beoog ook om al die VOD’s na te streef.

“My rol as intern was om met belanghebbendes in gesprek te tree en verslae te skryf. Die verslae het hoofsaaklik op tegniese voorstelle en finansi?le voorstelle gefokus. Die hoogtepunt van my internskap was toe ek gevra is om 'n geselsie oor koffie met die uitvoerende hoof te geniet. Dit was was die eerste behoorlike gesprek wat ek met 'n uitvoerende hoof gevoer het. Dit was 'n wonderlike ervaring en hy het my gehelp om die volhoubaarheidsektor 'n bietjie beter te verstaan.”

Hy het bygevoeg: “Hierdie internskap het my baie opgewonde gemaak oor die werkswêreld. Ek kan nie wag om die wêreld van werk te betree nie.”

Die Skool vir Publieke Leierskap drie jaar lange program in Volhoubare Ontwikkeling leer studente teoretiese kennis en praktiese vaardighede in volhoubare ontwerpmetodologie?, ekologiese intelligensie en stelseldenke, fasilitering en leierskap, kleinsakebestuur, sosiale entrepreneurskap, strategiese kommunikasie- en aanbiedingsvaardighede en volhoubaarheidsverslagdoening.