中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
EBW-navorser verkies tot Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika
Outeur: Daniel Bugan
Gepubliseer: 21/10/2024

Prof Reinette (Oonsie) Biggs, mededirekteur van die Sentrum vir Volhoubaarheidsoorgange (SVO) en bekle?r van DWT/NNS se Suid-Afrikaanse Leerstoel in Sosio-ekologiese Stelsels en Veerkragtigheid, het onlangs nóg 'n pluimpie losgeslaan toe sy as lid van die gesogte Wetenskapakademie van Suid-Afrika (ASSAf) verkies is.

ASSAF is die amptelike nasionale Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika en verteenwoordig die land in die internasionale gemeenskap van wetenskapakademies. Die Akademie mobiliseer sy lede – internasionaal bekende vakkundiges wat deur hul eweknie? verkies is – om gesaghebbende advies aan die regering en ander belanghebbendes te verskaf op grond van wetenskaplik streng ontleding van bewyse en konsensus van diverse kundiges. Daarbenewens erken en beloon ASSAF ook wetenskaplike prestasie en uitnemendheid in die toepassing van wetenskaplike denke tot voordeel van die samelewing.

As lid sal Biggs onder meer uitnodigings ontvang om konferensies, simposiums en seminare by te woon en om op akademiepanele en -komitees te dien.

“Dit is altyd 'n plesier om erkenning te kry vir jou wetenskaplike status en bydrae. Dit is ook wonderlik dat 'n mens gesien word as iemand wat advies kan gee oor beleid en relevante kwessies binne jou domein,” het sy gesê oor haar verkiesing as lid van ASSAF.

“Ek beskou dit ook as 'n eer vir die SVO dat sy senior navorsers erken word as vooraanstaande nasionale en internasionale kundiges wat insette kan lewer oor kwessies van nasionale belang. Om deur liggame soos ASSAF erken te word, help om gewig te gee aan 'n mens se menings en insette oor prosesse.”

As 'n NNS A-gegradeerde navorser wat daarop fokus om praktiese teorie, metodes en insigte te ontwikkel wat uiteindelik kan bydra tot 'n meer volhoubare toekoms in Suider-Afrika, het Biggs inderdaad baie om die Akademie te bied.

“My kundigheid oor volhoubaarheidsoorgange en sosio-ekologiese stelseldenke, wat 'n opkomende navorsingsgebied is, het baie om te bied om belangrike volhoubaarheids- en billikheidsuitdagings wat die samelewing in die gesig staar, aan te spreek,” het sy gesê. “Ek hoop ek kan van daardie denke inbring en dat dit 'n verskil kan maak.”

Sy het bygevoeg: “SVO doen ongelooflike werk in sy pogings om volhoubaarheids- en billikheidsuitdagings wat ons in die gesig staar, aan te spreek. Hierdie ASSAF-lidmaatskap bied ons dus ook die geleentheid om daardie werk by te dra tot beleidsprosesse.”

“Wat ook belangrike is as 'n ASSAF-lid is die netwerke wat mens kan bou met ander vooraanstaande wetenskaplikes in die land. Hierdie netwerke kan handig te pas kom in die toekoms wanneer jy die insette van ander nodig het om sekere kwessies te hanteer of sekere inisiatiewe voor te stel.”

Biggs dien op die raad van die Resilience Alliance en is ook mede-voorsitter van die wetenskapkomitee van die Program on Ecosystem Change and Society, een van die kern globale navorsingsprogramme van Future Earth. Albei is toonaangewende internasionale netwerke in die sosio-ekologiese stelselarena. Biggs lei ook die geaffilieerde Suider-Afrikaanse Program oor Ekosisteemverandering en Samelewing (SAPECS), 'n netwerk van navorsers en praktisyns wat aan sosio-ekologiese stelsels in die Suider-Afrikaanse streek werk.

Biggs se inhuldiging as 'n ASSAF-lid sal tydens 'n toekenningseremonie in Pretoria op 23 Oktober plaasvind.