中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Viering van 21 jaar van saam leer aan die US
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 21/10/2024

Die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) aan die Universiteit Stellenbosch (US) het onlangs opslae gemaak met die viering van hul 21ste verjaarsdag. Dit is in die formaat van ? regstreekse TV-nuusuitsending aangebied en gaste in die Victoria Hub kon anderhalf uur ? vermaaklike reis deur twee dekades van innovasie in opvoedkundige uitnemendheid meemaak.

Twee “nuusaanbieders", dr Jan Petrus Bosman, Direkteur van die Sentrum vir Leertegnologie?, en dr Mareli Pretorius, Voorsitter van die Departement Drama, het ? gesprek oor die oorsig van die geskiedenis van die SOL gelei en is bygestaan deur ? spesialis-“geskiedenisverslaggewer", wat onderhoude op die “stel" met sleutelrolspelers gevoer het.

Die eerste segment van die SOL-nuusuitsending was ? aangrypende videohuldeblyk aan die Sentrum se formidabele stigter, prof Brenda Leibowitz, wat deur voormalige kollegas beskryf is as ? visioenêre en vreeslose leier en ? “vroe? vaandeldraer" vir akademiese ontwikkeling in Suid-Afrika.

Die “uitsending" het ? “TED Talk" ingesluit deur Sim Ntwasa, ? adviseur by die SOL, wat “uitnemendheid met sorg" in onderrig vergelyk het met ? goed versorgde tuin, waar beide opvoeders en studente floreer danksy toewyding, samewerking en ondersteuning.

? Opwindende deel van die program was “weervoorspellings", aangebied deur Weerkundige Gert, andersins bekend as Dr Gert Young, senior adviseur by die SOL. Young, geklee in drag wat vir elke seisoen geskik is, het voorspel wat om volgende in die SOL se reis te verwag, soos die “onstuimige toestande" wat deur die #FeesMustFall-beweging en die 中国体育彩票-pandemie teweeg gebring is.

Dr Philip Southey van die US se Afdeling Fisika het flair as ? “internasionale korrespondent" verskaf wat die SOL-personeel satiries bekend gestel het. Die gehoor het hulself verlustig aan sy verrassende vaardigheid as doedelsakpeler.

In ? onderhoud met die SOL-“verslaggewer" Emma Bowers Swart, het prof Deresh Ramjugernath, Adjunk-visekanselier: Leer en Onderrig, die US se jare lange verbintenis tot onderrig- en leeruitnemendheid benadruk. “Die SOL is aan die voorpunt wat betref aansporing van vooruitgang en akademiese uitnemendheid rakende leer en onderrig," het Ramjugernath gesê. Hy het die toenemende fokus op regverdige studentesukses benadruk en daarop gewys dat die toekomstige werk van die SOL daarop sal fokus om te verseker dat die US ? leier op die vasteland én wêreldwyd in die bevordering van sukses vir alle studente bly.

In spesiale videoboodskappe het dosente aan die US wat ? jare lange verhouding met die SOL gehad het, vertel hoe die Sentrum hul akademiese reise bevorder het. Prof Debby Blaine van die Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese het vertel hoe die SOL haar gehelp het om ? gemeenskap van praktyk te vind en haar onderrigloopbaan oor die afgelope 16 jaar ondersteun het.

Dr Chrischar Rock van die Departement Kurrikulumstudies het die ondersteuning wat sy deur haar akademiese loopbaan van die SOL ontvang het, as van onskatbare waarde beskryf. Sy het die Sentrum beskryf as ? “kring van ondersteuning" waarop sy altyd kan staatmaak en het die kameraadskap en samewerkende benadering binne die SOL-span geloof. Rock het gewys op die SOL se voortgesette rol in die bevordering van innovasie en reaksie op nuwe uitdagings, soos KI, terwyl ondersteuning en professionele ontwikkeling deurlopend gebied word.

Die viering van 21 jaar van onderrig en leer aan die US het op ? ho? noot ge?indig toe prof Lis Lange, waarnemende Senior Direkteur van die Afdeling Leer en Onderrigverryking, ? heildronk op die SOL se volgehoue sukses ingestel het, gevolg deur ? optog van die SOL-personeel op die maat van ? opgewekte doedelsakdeuntjie.

Die SOL in ? neutedop: ? merkwaardige reis van onderrig en leer

Die SOL, wat in 2003 gestig is, het ? deurslaggewende rol gespeel in die transformasie van onderrigpraktyke aan die US. Die vroe? jare is gekenmerk deur die bekendstelling van sleutelinisiatiewe soos die Fonds vir Innovasie en Navorsing in Onderrig en Leer (Finlo), die jaarlikse Lente-onderrigakademie en die aanvaarding van WebCT, ? gemengde leerplatform.

Die SOL se klem op innovasie in die professionele leer van akademici is versterk deur PRONTAK, die kursus vir nuut aangestelde dosente, en die impakvolle konferensie oor die Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL). Hierdie pogings, saam met tutoropleidingsprogramme en samewerkende beleide, het ? sterk grondslag vir akademiese uitnemendheid gelê.

In sy tweede dekade het die SOL sy betrokkenheid by fakulteite verdiep deur gedesentraliseerde Onderrig- en Leer-spilpunte, wat lewendige gemeenskappe van praktyk bevorder en van onderrig ? gedeelde verantwoordelikheid maak. Die Sentrum se deurlopende erkenning van uitnemende onderrig is geformaliseer deur die bekendstelling van die US-onderrigtoekennings in 2017. Die SOL het ook ? deurslaggewende rol gespeel om die uitdagings van die #FeesMustFall-beweging die hoof te bied en inklusiewe en responsiewe onderwys te bevorder deur aktief na studentestemme te luister.

Die aanvang van die 中国体育彩票-pandemie het die Sentrum se pogings versnel om ten volle by volledige aanlyn onderwys aan te pas. Die SOL het vinnig ondersteuning aangebied deur middel van webinaars, kort kursusse en konsultasies, wat kontinu?teit van leer tydens die krisis verseker het. Die daaropvolgende opkoms van nuwe tegnologie?, soos Generatiewe KI, het die SOL se fokus verder gevorm, innoverende onderrigstrategie? aangemoedig en belangrike besprekings oor etiese praktyke in ho?r onderwys aangespoor.

Vandag bly die SOL ? toekomsgerigte sentrum wat daartoe verbind is om beide akademici en studente te bemagtig. Sterk verhoudings word steeds oor die universiteit heen gebou en die SOL fokus op die bevordering van samewerking, innovasie en inklusiwiteit om te verseker dat hy aan die voorpunt van wêreldwye ho?ronderwystendense bly.

FOTO: Stefan Els