中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Visioenêre, leiers, filantrope en innoveerders onder dié wat eredoktorsgrade van die US ontvang
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Anel Lewis]
Gepubliseer: 17/10/2024

?Die Universiteit Stellenbosch (US) kan met trots die name van die ses uitsonderlike individue bevestig wat eredoktorsgrade by die instelling se komende Desember-gradeplegtighede sal ontvang.   

Jazz-sanger-liedjieskrywer Jonathan Butler; Booker-pryswenner Damon Galgut; filantroop Wendy Ackerman; die bekende epidemioloog vir kliniese aansteeklike siektes, prof Salim Safrudeen Abdool Karim; die visioenêre ekonoom prof Deirdre McCloskey, en die land se langsdienende direkteur-generaal, dr Philemon Mphathi (Phil) Mjwara, voorheen van die Departement van Wetenskap en Innovasie, is die jongste groep wat erkenning sal ontvang vir hul prestasies en diens.  

Die Universiteit ken jaarliks eredoktorsgrade toe aan buitengewone individue wat hulleself in hulle onderskeie velde onderskei het en 'n beduidende bydrae tot die samelewing gelewer het. 

Hierdie kandidate is deur 'n uitgebreide oorsigproses gekies met elke nominasie wat deur die Senaat én die Universiteit se Raad goedgekeur is. Die jongste groep eredoktorsgrade is op 16 September deur die Raad goedgekeur. Ackerman, Galgut en McCloskey, saam met Strive Masiyiwa, wie se eredoktorsgraad in die ingenieurswese vanaf 2022 oorgestaan het, sal hulle grade in Desember ontvang terwyl die ander ontvangers hulle s'n aanstaande jaar sal ontvang. 

"Die US is geweldig trots om hierdie baanbrekers te vereer wie se merkwaardige bydraes 'n onuitwisbare merk wêreldwyd en plaaslik gelaat het. Ons ontvangers is visioenêre, leiers, filantrope, innoveerders en mentors wie se invloed van die wetenskap en ekonomie tot epidemiologie strek – hulle leef werklik ons missie uit om kennis in diens van die samelewing te bevorder," sê prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die US. 

Meer oor die ontvangers en hulle eregrade?? 

Wendy Ackerman? 

Ackerman se liefdadigheidswerk strek oor etlike dekades, met haar deurlopende ondersteuning wat vroue, kinders en die kunste vir meer as 40 jaar bevoordeel. Sy sal die graad, Doktor in die Filosofie (DPhil), honoris causa, ontvang. Die Ackermans het een van Suid-Afrika se uitnemendste kleinhandelaars van vinnig bewegende verbruikersgoedere help bou. Vandag bestaan die groep uit ongeveer 2?000 winkels met sowat 90 000 werknemers.? 

As een van die stigters en ere-lewenslange president van die Pick ’n Pay-winkelgroep, haar werk om vroue te bemagtig en te bevorder was kenmerkend van wat sy by Pick ’n Pay nagestreef het. Sy het ’n reusebydrae gelewer om vroue in die 1970's as senior, loopbaangeori?nteerde werknemers erken te kry – iets wat sommige maatskappye op daardie tydstip as té progressief gesien is.?Terwyl sy deesdae baie van haar tyd aan haar gesin se liefdadigheidswerk en werk vir minderbevoorregtes en kwesbares wy, veg sy steeds vir vroueregte.?  

Sy is by verskeie onderwysinisiatiewe betrokke, terwyl haar grootste passie is om belowende studente, veral musiekstudente, te ondersteun. Sy bestuur sedert 1973 beursfondse en haar gegradueerdes het uitstaande sukses behaal, met sommiges wat saam die beste orkeste en by die grootste operahuise wêreldwyd opgetree het. Sy is ook 'n trustee van die Pick ’n Pay-beursfonds wat kinders van werknemers bystaan.? 

Ackerman is ’n lewenslange ondersteuner van die kunste in die Kaapse metropool en het baie hard gewerk om ’n skenkingsfonds vir die kunste in Kaapstad, spesifiek vir die stad se opera en orkes, te skep. Sy het 'n sterk verbintenis met die US, aangesien haar pa in die 1920's 'n mediese student was en vyf van haar kleinkinders Matie-alumni is.? 

Damon Galgut? 

Die romanskrywer en dramaturg sal die graad, Doktor in die Letterkunde (DLitt), honoris causa, ontvang. Sy werk, bestaande uit kortverhale, toneelstukke en romans, strek oor meer as 40 jaar en het 'n uitsonderlike bydrae tot Suid-Afrika se literêre en kulturele landskap gelewer. Hy word ook erken vir sy onwrikbare toewyding aan literêre innovasie en vir sy mentorskap van ontluikende skrywers en vakkundiges.? 

Galgut se agt romans het talle benoemings, toekennings en gesogte literêre toekennings ingepalm en The Promise het in 2021 die Booker-prys gewen, wat hom slegs die derde Suid-Afrikaanse skrywer maak om hierdie eer te ontvang. Die episodiesgestruktureerde vertelling strek oor vier dekades van Suid-Afrikaanse geskiedenis en beklemtoon onvervulde beloftes op persoonlike en politieke vlak.?? 

Hy verken hoofsaaklik buitestanderidentiteite wat dieper delf in die onderdrukkende kragte van sosio-kulturele norms en sistemiese ongeregtighede wat individue oor verskeie geografiese liggings en historiese tydperke raak. Sy estetiese innovasie gaan voort om kritici én lesers te boei, wat sy volgehoue verbondenheid tot literatuur as 'n vorm van estetiese ontwrigting weerspie?l.?? 

Prof Deirdre McCloskey? 

Prof Deirdre McCloskey, wat dikwels die "gewete" van die vakgebied van ekonomie genoem word, ontvang die graad Doktor in die Handel (DCom), honoris causa. Die emeritus- uitgelese professor in ekonomie en geskiedenis en emeritus-professor in Engels en kommunikasie aan die Universiteit van Illinois, Chicago in die VSA, is daarvoor bekend dat sy by die fondamente van die vak self betrokke is, en ook dat sy lesse uit ander vakgebiede betrek om ekonomiese idees beter by die werklikheid te help inpas.?? 

Sy was ook ’n adjunkprofessor in klassieke werke en filosofie aan die Universiteit van Illinois en was voorheen by een van die wêreld se mees gesogte ekonomiedepartemente by die Universiteit van Chicago werksaam.?? 

McCloskey se idees word beliggaam in iets wat sy "humanomika" noem. Dit herinner ons daaraan dat alle mense wetend of onwetend deur ekonomiese kragte geraak word, maar nog belangriker dat menslike gedrag dikwels nie tot kompakte wiskundige ekonomiese teorie? en vergelykings herlei kan word nie – 'n faktor waaroor ekonomie as 'n vakgebied meer doelgerig behoort om te gee.?? 

Sy het een van die drie boeke in die trilogie "The Bourgeois Era" - die geskiedenis van groot nywerheidslande om heersende narratiewe oor die oorsprong van moderne welvaart uit te daag – geskryf terwyl sy in 2008 op sabbatsverlof by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) was. Sy het 'n vriendin van die US gebly en het in 2012 teruggekeer om 'n hoofrede by die Wêreld Ekonomiese Geskiedeniskongres te lewer wat deur die Departement Ekonomie aangebied is.?? 

Haar bydraes strek verder as haar gepubliseerde werke. McCloskey het as 'n opvoeder en mentor studente en kollegas met haar intellektuele nougesetheid, weetgierigheid en toewyding aan akademiese uitnemendheid ge?nspireer.? 

Mnr Strive Masiyiwa

Masiyiwa sal met die graad Doktor in die Ingenieurswese (DIng), honoris causa, vereer word. Hierdie stigter en uitvoerende voorsitter van die gediversifiseerde internasionale telekommunikasiegroep Econet Global Ltd, waarvan die hoofkantoor in Suid-Afrika gele? is, word as een van die baanbrekers van die mobieletelekommunikasiebedryf in Afrika beskou. Hy was deel van die Afrika-unie se hervormingstaakgroep wat die weg gebaan het vir die vestiging van die Afrika-vryehandelsgebied en die skepping van die SMART Africa-inisiatief vir digitale transformasie. 

Hy is in 2020 as een van Bloomberg se 50 invloedrykste mense en Mail & Guardian se 100 Afrikane van die jaar aangewys. Boonop is Masiyiwa in 2014, 2017 en 2021 by die tydskrif Fortune se lys van die 50 beste leiers ter wêreld ingesluit. ?

Prof Salim Safrudeen Abdool Karim? 

Die bekende epidimioloog prof Salim Safrudeen Abdool Karim sal die graad, Doktor in die Wetenskappe (DSc) (Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe),?honoris causa, ontvang vir sy groot bydrae om die MIV- en 中国体育彩票-epidemies in Afrika aan te spreek.? 

Karim is tans die direkteur van die Sentrum vir die Vigs-navorsingsprogram in Suid-Afrika (CAPRISA) en CAPRISA-professor van globale gesondheid in epidemiologie by die Mailman-skool vir Openbare Gesondheid by Colombi?-Universiteit, New York. Hy is ook die Viserektor: Navorsing by die Universiteit van KwaZulu-Natal in Durban en ’n adjunkprofessor in geneeskunde aan die Weill-kollege vir geneeskunde by Cornell-Universiteit, New York. Hy is ’n adjunkprofessor in immunologie en aansteeklike siektes by Harvard-Universiteit.? 

Hy het sy navorsingsloopbaan daaraan gewy om die twee grootste struikelblokke vir Afrika uit die weg te ruim om die Verenigde Nasies se doelwit te bereik om vigs teen 2030 te be?indig: die vermindering van sterftes weens MIV-TB-mede-infeksie en die voorkoming van nuwe MIV-infeksies onder jong vroue. Hy het gedurende die 中国体育彩票-pandemie 'n toonaangewende bydra tot die 中国体育彩票-reaksie gelewer deur wetenskaplike leiding oor genetiese mutasies in SARS-CoV-2 te verskaf wat tot nuwe variante lei.?? 

Hy het aktief daartoe bygedra om die COVID-19-epidemie in Afrika te verminder, en dien as 'n kommissaris van die Afrika-kommissie van 中国体育彩票 van die Afrika-unie. Hy het as voorsitter van die Suid-Afrikaanse ministeri?le advieskomitee oor 中国体育彩票 gedien en daardeur die Suid-Afrikaanse reaksie op 中国体育彩票 gelei.? 

Jonathan Kenneth Butler? 

Die Suid-Afrikaanse musiekikoon Jonathan Butler sal die graad, Doktor in die Filosofie (DPhil), honoris causa, ontvang vir sy musikale invloed en bydrae tot kuns en kultuur.? 

Ondanks die feit dat Butler in die skaduwee van apartheid geleef het en as kind baie swaargekry het, was Butler een van die eerste kunstenare van kleur wat op Suid-Afrikaanse radiostasie gespeel is en in daardie tyd op nasionale televisie verskyn het. Hy was een van die sleutelstemme in die internasionale arena wat vir die vrylating van Nelson Mandela en ander politieke gevangenes voorspraak gedoen het.? 

Hoewel Butler eerste bekendheid in Afrika en Europa (Engeland) verwerf het, is hy eers in 1987 in die VSA raakgesien toe hy saam met die popster Whitney Houston getoer en haar konserte geopen het. Hy het toe 'n instrumentale album in die VSA vrygestel. Hy het internasionale sukses behaal met sy treffer-enkelsnit, "Lies" wat tot nommer 27 op Billboard se Hot 100-trefferlys geklim het en wat in 1987 vir ’n Grammy-toekenning genomineer is, asook met sy weergawe van die Staple Singers se liedjie, "If You're Ready (Come Go with Me)”, wat hy saam met Ruby Turner uitgevoer het.? 

Ondanks sy internasionale sukses, het Butler getrou gebly aan sy herkoms. Hy is die eerste wêreldvermaaklikheidsambassadeur vir die Lalela-stigting wat opvoedkundige kunste aan ho?risiko-jeug verskaf. Die Lalela-stigting bedien deur sy kunskurrikulum en belangrike boodskapgemeenskappe meer as 5?000 Suid-Afrikaanse leerders van verskillende ouderdomme per week.? 

Hy het in 2013 die Jonathan Butler-stigting van stapel gestuur, wat programme aanbied om minderbevoorregte kinders deur die kunste, en veral musiek, hoop te gee en hulle doelgerig te maak. Die stigting finansier musiekopvoedingsprogramme wat kinders ’n doel gee om 'n lewe van dwelms en armoede te oorkom.? 

Hy is tans die ambassadeur van Arts Capital, 'n niewinsgewende organisasie en lidmaatskaporganisasie wat voorspraak doen en kunstenaarswelstandsprogramme bedryf om te verseker dat kunstenaars toegang tot pensioenfondse, siekefondse, begrafnisdekking en ander finansi?le ondersteuning het.? 

Dr Philemon Mphathi (Phil) Mjwara? 

Mjwara ontvang die graad, Doktor in die Natuurwetenskappe, (DSc),?honoris causa vir sy uitstaande bydrae tot die ontwikkeling van die nasionale stelsel van wetenskap, tegnologie en innovasie oor die verloop van drie dekades. Hy was konsekwent in sy pogings om in sy? 18 jaar as direkteur-generaal van die Nasionale Departement van Wetenskap en Innovasie te verseker dat die wetenskap gebruik word om die lewens van alle Suid-Afrikaners te verbeter. Hy het in 2020 die jaarlikse Batho Pele-toekenning vir Uitnemendheid as Beste Direkteur-generaal van die Jaar op nasionale vlak ontvang.?? 

Mjwara het as deel van sy vele bydraes tot die nasionale wetenskap-, tegnologie- en innovasielandskap (WTI) 'n span gelei wat die Suid-Afrikaanse Tegnologie-moontlikheidsprojek uitgevoer het.??Hey het ’n HonsBSc- en MSc-graad wat hy onderskeidelik in 1984 en 1987 aan die Universiteit van Fort Hare behaal het, asook en 'n PhD-graad (1995) van die Universiteit van die Witwatersrand. 

Sy akademiese loopbaan sluit in diens as professor in wetenskap- en tegnologiebeleid aan die Universiteit van Pretoria, en Fisika-dosent aan die universiteite van die Witwatersrand, Suid-Afrika en Fort Hare. Mjwara het talle referate oor fisika, tegnologie-ontleding en tegnologiese moontlikheidsprosesse gepubliseer en aangebied.?? 

 Hy dien in verskeie adviesrade en hersieningsrade, insluitende die Raad van die Wêreld van Platinum van Suid-Afrika en die Square Kilometre Array-organisasie. Hy het in sy verskillende ampte en veral as die langsdienende direkteur-generaal 'n groot bydrae tot wetenskapbeleide gelewer wat daarop gemik is om navorsers en die bre?r Suid-Afrikaanse gemeenskap te help.?