中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
DLTE TLA Seminaar: 24 Oktober 2024
Outeur: Dr Karin Cattell-Holden
Gepubliseer: 14/10/2024

ALOV Onderrig-Leer-Assessering Seminaar 

 

U word genooi na die vierde kwartaallikse Onderrig-Leer-Assessering seminaar van 2024, aangebied deur die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking (OLA): 

 

Spreker:  Prof. Mbulungeni Madiba (Dekaan, Fakulteit Opvoedkunde)? 

Onderwerp:  Using translanguaging pedagogy in the multilingual classroom 

Datum:  24 Oktober 2024 

Tyd 13:00-14:00 

Plek:  MS Teams: Klik hier  

 

Sinopsis  

Suid-Afrikaanse universiteite word gekonfronteer met talle dilemmas in die implementering van meertaligheid in hul onderrig- en leerprogramme (SAHRC Verslag, 2014). Hierdie dilemmas is van teoretiese/ideologiese, metodologiese en praktiese aard. Die doel van hierdie aanbieding is om dié dilemmas te bespreek en innoverende strategie? aan die hand te doen wat gebruik is / kan word om dit by Suid-Afrikaanse universiteite aan te spreek. Ek sal translanguaging voorstel as 'n innoverende pedagogiese strategie om die uitdagings van taalbeleidimplementering wat in hierdie aanbieding ge?dentifiseer word, te oorkom. Ek sal argumenteer dat translanguaging nie net meertalige studente in staat stel om hul volle taalrepertorium in die leerproses te gebruik nie, maar ook die gaping tussen universiteitstaalbeleide en pedagogiese praktyke oorbrug. 


Biografie van spreker 

Prof. Mbulungeni Madiba is sedert September 2019 Dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde by die Universiteit Stellenbosch. Hy het gedien as die direkteur van die Multilingual Education Project (MEP) in die Sentrum vir Ho?ronderwysontwikkeling (CHED) by die Universiteit Kaapstad (UK). Hy was verskeie kere adjunkdekaan en waarnemende dekaan van CHED, was voorsitter van die Taalkomitee van die UK Senaat, en het in die UK Raad gedien. Prof. Madiba het 30 jaar ondervinding in onderrig en 'n rykdom aan leierskap- en bestuurservaring. As 'n vol professor in Meertalige Opvoeding hou prof. Madiba 'n DLitt et Phil (Linguistiek) graad van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa). Hy het navorsingsgenootskappe en studietoekennings van verskeie ho?ronderwysinstellings in die buiteland ontvang, insluitend die universiteite van Keulen, Londen (Oppenheimer-genoot), Birmingham en Harvard (Mandela-genoot). As 'n gevestigde navorser met 'n C-gradering van die Nasionale Navorsingstigting is sy hoofnavorsingsbelangstellings taalbeplanning en -beleid, met 'n spesiale fokus op meertalige opvoeding. 

Verwysings 

  • ?Garcia, O. and Kleyn, T. 2016.?Translanguaging with multilingual students: Learning from Classroom moments. New York: Routledge. 
  • Madiba, M. 2018. The Multilingual 中国体育彩票. In A. Creese and A. Blackledge (eds.),?The Routledge Handbook of Language and Superdiversity.?London: Routledge (pp.504-517).??



Meer inligting oor die seminaar is beskikbaar van dr. Karin Cattell-Holden by kcattell@sun.ac.za .