Prof Thulani Makhalanyane van die Departement Mikrobiologie en die Skool vir Datawetenskappe en Rekenaardenke aan die Universiteit Stellenbosch het op Dinsdag 8 Oktober sy intreerede gelewer. Die titel van sy rede was “Ontsluier die verborge wêreld binne ons: Wat omgewingsmikrobiome ons oor onsself kan leer".
Makhalanyane het met die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking gesels oor die belangrike rol wat mikrobiese gemeenskappe (gemeenskappe van bakterie?, eensellige mikro?rganismes, swamme en virusse wat in 'n gedeelde omgewing saamleef) in ekosisteme en menslike gesondheid speel.
Vertel ons meer oor jou navorsing en hoekom jy in hierdie spesifieke veld begin belang stel het.
Ek is as ? mikrobioloog opgelei en my kundigheid is in mikrobiese ekologie (die studie van hoe mikro?rganismes met mekaar en hul omgewing omgaan). Ek stel belang om te verstaan hoe omgewingsfaktore die diversiteit en funksie van mikro?rganismes in mense, diere en die omgewing be?nvloed. Ek was nog altyd nuuskierig oor biologie oor die algemeen en was om verskeie redes tot mikrobiologie aangetrokke.
Hoe sou jy die relevansie van jou werk beskryf?
? Goeie raamwerk om die betekenis van ons werk te verstaan, is die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG's). Hierdie aspirerende doelwitte stippel ? stel prioriteite uit wat deurslaggewend is vir ? meer welvarende planeet en ? ho?r lewensgehalte vir die mensdom. Ons werk is relevant vir elk van hierdie 17 doelwitte. ? Groot deel van ons werk fokus byvoorbeeld op SDG 14, “Lewe onder water". Ons studies in die Suidelike Oseaan, ? belangrike sink vir antropogeniese (mensgemaakte) CO2, het ten doel om die diversiteit en funksionele eienskappe van mikrobiese gemeenskappe (gemeenskappe van mikro?rganismes wat saam in ? gedeelde omgewing leef) te ondersoek. Ons wil graag verstaan hoe klimaatsverandering hierdie omgewing en die ekosisteemdienste wat ons uit die Suidelike Oseaan put, sal be?nvloed
Jy het baie navorsing oor mikrobiome gedoen. Watter rol speel hulle in ekosisteme en menslike gesondheid?
As dit nie vir die eerste fotosintetiese sianobakterie? was nie (? tipe bakterie wat hul eie voedsel met behulp van sonlig kan produseer), sou ons letterlik nie hier gewees het nie. Sonder mikrobiome in die risosfeer (smal stukkie grond wat plantwortels omring en deur hulle be?nvloed word), sou plante nie in staat gewees het om te fotosinteer nie. By mense kan mikrobes verskeie verbindings in voedsel afbreek wat ons liggame nie in staat is om te verwerk nie. Mikrobiese gemeenskappe speel ? belangrike rol in enige ekosisteem waarna jy kyk.
Wat kan omgewingsmikrobiome ons oor onsself leer?
Eerstens is ons verstaan van die faktore wat mikrobiome reguleer, meestal van omgewingsmikrobiome afgelei. Ons weet byvoorbeeld dat hierdie gemeenskappe aansienlik in ruimte en tyd varieer Ons weet ook danksy omgewingstudies dat mikrobiese gemeenskappe variasie ondergaan as gevolg van die vermo? om horisontaal gene van hul bure te bekom. Dit het implikasies vir die rolle wat hierdie mikrobes kan vervul. Studies oor omgewingsmikrobiome verskaf uitstekende modelle met voldoende wye variasie (rakende temperatuur, suurgehalte, ensovoorts), wat ons in staat stel om ? beter begrip te verkry van die faktore wat mikrobiese gemeenskappe be?nvloed. As ons weet watter faktore die veranderlikheid van mikrobes be?nvloed, kan ons beter verstaan hoe sommige di?te mikrobiese diversiteit en dus menslike gesondheid kan be?nvloed.
Gebaseer op jou navorsing, hoekom is dit belangrik om die unieke en diverse mikrobiome wat in Afrika-bevolkings voorkom, te verken?
Die meeste van die studies oor mikrobiome het gefokus op mense in die globale Noorde. Ons het verlede jaar 'n meningstuk geskryf waarin ons op die huidige aansienlike kennisgaping gewys het. Afrika is baie divers wat sy ekosisteme, diere en mense betref. As ons by ? punt wil uitkom waar ons medisyne kan pasmaak (omdat ons weet dat die wyse waarop ons medisyne metaboliseer aan ons dieet verwant is), moet ons ons diversiteit ken. Dit is ? belangrike beginpunt as ons die potensiaal van presisiemedisyne wil bespreek. Daar is ook reuse potensiaal vir die ontdekking van geneesmiddels deur gebrekkig verkende Afrika-omgewings te ondersoek. Ons kan die nuutste hulpmiddels toepas om nuwe verbindings te ontdek wat belangrike toepassings in biotegnologie, farmaseutiese produkte en gesondheid kan hê
Jy het baie jare in die uitdagende omgewing van ho?r onderwys deurgebring. Wat hou jou gemotiveerd wanneer dinge moeilik raak?
Ek het die beste werk in die wêreld. Die feit dat ek ? omgewingsmikrobioloog is, beteken dat ek na sommige van die opwindendste plekke kan reis (bv. Antarktika). Ek werk met mense van reg oor die wêreld en daar gaan nie ? dag verby sonder dat ek iets nuuts leer nie. Hoewel sommige dele van die werk roetine is (verslae skryf, ensovoorts), is dit steeds die moeite werd.
Jy het reeds talle toekennings vir jou navorsing ontvang. Wat dryf jou?
Daar is verskillende dinge wat my regtig dryf. Die wese daarvan is dat ek nuuskierig oor die lewe is. As wetenskaplike dryf die soeke na ontdekking my; daar is soveel vrae wat nie ondersoek is nie en wat net wag... Ek is ook opgewonde dat ek by ? universiteit kan werk. Daar is niks meer opwindend as om met ? betrokke en gemotiveerde student te werk nie. Dit, asook die soeke na die volgende referaat, hou my regtig aan die gang.
Watter aspekte van jou werk geniet jy die meeste?
Ek hou daarvan om te reis, oor die nuutste ontwikkelings in my vakgebied te lees en om met studente en nadoktorale genote te werk. Ek vind ons werk lonend en ek is baie opgewonde dat ons studies meer toepassingsmoontlikhede begin oplewer.
Vertel vir ons iets opwindends oor jouself wat mense nie sou verwag nie.
Dis ? moeilike een. Ek dink ek deel waarskynlik te veel op sosiale media, dus is daar min wat onbekend is. Maar ek hou van rekenaarseletjies en geniet ? bietjie aftyd op my PlayStation (wat my oudste dogter dink aan haar behoort).
Hoe bring jy jou vrye tyd deur?
?Ek is mal daaroor om buite te wees en ek stap elke naweek wanneer ek nie werk nie en die weer dit toelaat.?