中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sosiale Impak Week moedig deelname aan
Outeur: Faculty of Education
Gepubliseer: 04/10/2024

Fakulteit Opvoedkunde het van 30 September tot 4 Oktober 'n Sosiale Impak Week aangebied. 'n Weeklange uitstalling van die verskillende projekte asook 'n sosiale geleentheid is aangebied.

Prof Melanie Moen, hoof van Sosiale Impak in Fakulteit Opvoedkunde en Prof Mbulungeni Madiba, dekaan, wou 'n geleentheid skep om studente en personeel in te lig omtrent die verskillende projekte wat deur die fakulteit aangebied word en wil deelname aanmoedig.

Projekte wat deur die fakulteit aangebied word sluit in:

  • Basic needs for better education
  • Compassionate care to alleviate violence in children
  • I can read
  • Mobilex
  • TeacherCalm
  • Towards evidence-based smartphone management in SA high schools
  • Transnet Phelophepa Health Care Train Project
  • Breede Digi Cluster
  • Family Math
  • Key Concepts in Science
  • SciMathUS
  • Stellenbosch Hub
  • Teacher Professional Learning

Belangstellendes kan die webwerf besoek vir meer inligting en kontakbesonderhede: https://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/education/sosiale-impak

Hooffoto bo: Fakulteit Opvoedkunde Sosiale Impak projekleiers saam met Prof Madiba.


Foto: Mnr Peters (US Afdeling vir Sosiale Impak), Dr Mkhize (Hoof van US Afdeling vir Sosiale Impak), Prof Madiba en Prof Moen.


Foto: Studente neem deel aan die Sosiale Impak sosiale geleentheid.


Foto: Studente en personeel neem deel aan die Sosiale Impak sosiale geleentheid.?