中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kaalvoet loop goed vir ons voete – Prof Ranel Venter
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 04/10/2024

?Prof Ranel Venter van die Afdeling Sportwetenskap in die Departement Oefening, Sport en Leefstylgeneeskunde in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) het haar intreerede op Donderdag 3 Oktober 2024 gelewer. Die titel van haar lesing was “Kaalvoetkwessies".

Venter het met die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking gesels oor haar pogings om bewustheid te skep oor die impak van skoene wat nie behoorlik pas nie op die ontwikkeling en funksionering van ons voete, en ook oor hoekom dit goed is om soms kaalvoet te loop.

Vertel ons meer oor jou navorsing en hoekom jy in hierdie spesifieke veld begin belangstel het.

Uit die onderrig van biomeganika verstaan en waardeer ek die verskillende funksies van die menslike voet tydens ons daaglikse aktiwiteite ten volle. Ek weet ook dat skoene wat beperkend is en sleg pas voetfunksie be?nvloed, ? nadelige uitwerking op voetgesondheid kan hê en op lang termyn die algehele welstand van individue met voetprobleme as gevolg van skoenkeuses kan be?nvloed. Kinders wat in hul grootwordjare gewoonlik kaalvoet loop, het sterker en beter funksionerende voete vergeleke met hul eweknie? wat gereeld skoene dra.

Ek het in die veld begin belangstel op grond van my akademiese kennis, maar ook weens die oortuiging dat ons die geleentheid moet aangryp om kaalvoet te loop en kaalvoet te wees. Voete kan funksioneel verbeter as ons gereeld tyd sonder skoene deurbring.

Ek het self kaalvoet grootgeword en beskou myself steeds as ? kaalvoetmens. Ek dra net skoene as dit nodig is.

Hoe sou jy die relevansie van jou werk oor kinders wat gewoonlik kaalvoet loop, beskryf?

Ek glo my werk is relevant vir die meeste individue – nie net vir kinders nie. Om ons voete te oefen en goed funksionerende voete te ontwikkel is vir almal belangrik. Ons voete is ook waardevolle bronne van inligting oor ons postuur en balans. Ons kyk tans na die rol van skoene in die risiko van val by ouer mense.

Wat was van die praktiese uitkomste van jou navorsing?

Die skep van ? bewustheid van die belangrikheid van voetfunksie en die invloed van die dra van skoene wat sleg pas; om onderrig te bied oor praktiese maniere om voete te oefen en kaalvoet te oefen; asook die totstandbrenging van die afwentelmaatskappy BanziFeet.

Wat hoop jy om met BanziFeet te bereik?

Ons hoofdoelwit is om skoenvervaardigers te oortuig om skoene vir die Suid-Afrikaanse bevolking te verskaf wat ooreenkomstig die unieke morfologie van ons voete ontwerp is. Skoenvervaardigers in Suid-Afrika gebruik steeds die voetmetingstelsels van die Verenigde Koninkryk en die VSA. Ons navorsing het die duidelike verskille in voetgrootte en -vorm tussen bevolkings van verskillende kontinente bevestig. Op die lange duur hoop ons om by ? punt te kom waar ons miskien ? stelsel vir die vasteland van Afrika het, of minstens vir Suid-Afrika.

Jy het baie jare in die uitdagende omgewing van ho?r onderwys deurgebring. Wat hou jou gemotiveerd wanneer dinge moeilik raak

Ja, ek is al 42 jaar by die US en het moeilike én goeie tye beleef. My motiveerders in moeilike tye is my godsdiens; ? liefdevolle en ondersteunende gesin; geloof in ? doel/rede om hier te wees; om op studente en omgee vir ander te fokus; asook om op navorsing te konsentreer: ek is ? baie nuuskierige mens en geniet die outonomie om kreatief te wees.

Watter aspekte van jou werk geniet jy die meeste?

My interaksie met studente en om kreatief en innoverend te kan wees.

Vertel vir ons iets opwindends oor jouself wat mense nie sou verwag nie

Ek het al honderde kilometers gehardloop in marathons, insluitend die 56 km van die Twee Oseane-marathon. Ek het onlangs ná baie dekades weer begin draf. Ek het Saterdag my eerste 10 km-roete suksesvol voltooi.

Ek waag dit graag in die onbekende. Ek is mál oor reis. As ek die middele gehad het, sou ek graag ? paar oorsese reise wou onderneem, maar ook kampeerreise in Afrika.

Ek gee baie om vir diere en het al baie soorte diere gered. Ek wil graag in ? rehabilitasiesentrum vir vo?ls of soogdiere werk (ek is nie te lief vir reptiele nie).

Hoe bring jy jou vrye tyd deur?

Ek is mal oor tuinmaak en kweek verskillende groente deur die jaar met kompos wat ek in die tuin 'maak'. Ek werk ook met essensi?le olies om allerhande dinge soos room, parfuum en verspreiders te maak. Ek kap hout en maak graag vuur. As gesin hou ons van die buitelewe en om te kampeer. Soos ek genoem het, het ek weer begin draf.?