中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US vier 2024 Templetonpryswenner prof Pumla Gobodo-Madikizela
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Anel Lewis]
Gepubliseer: 03/10/2024

?Musiek, dans, ululering en opregte huldeblyke was aan die orde van die dag by die Universiteit Stellenbosch se aangrypende viering van prof Pumla Gobodo-Madikizela, die 2024-wenner van die gesogte Templetonprys?.

Die geleentheid, wat Woensdag (2 Oktober 2024) by die skilderagtige Webersburg-wynlandgoed gehou is, was 'n gepaste en roerende afsluiting van 'n reeks geleenthede die afgelope weke wat ter ere van haar gehou is. Dit het die amptelike oorhandiging van die Templetonprys in New York op 23 September en die John Templeton-stigting se viering by die Tuiskomssentrum in Kaapstad op 1 Oktober ingesluit.

Gobodo-Madikizela, bekle?r van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel (SARChI) vir gewelddadige geskiedenisse en historiese trauma en die stigtersdirekteur is van die Sentrum vir die Studie van die Nadraai van Geweld en die Strewe na Herstel? (AVReQ) aan die US, is met 'n staande toejuiging deur 'n vertrek gevul met akademiese eweknie?, die US Rektoraat, familie en vriende studente en ander vooraanstaande gaste vereer.

Merkwaardige 'visioenêr'

Heather Templeton Dill, president van die John Templeton-stigting, het Gobodo-Madikizela as 'n "merkwaardige visioenêr" beskryf en het gesê sy is trots daarop dat Gobodo-Madikizela een van die 54 ontvangers van hierdie prys is. "Pryswenners kom uit verskillende navorsingsgebiede, verskillende dele van die wêreld, verskillende perspektiewe en verskillende geloofstradisies, maar hulle deel almal 'n weetgierigheid oor die wêreld wat verder strek as wat ons uit die wetenskap alleen leer. Pumla het daardie soort weetgierigheid getoon wat ons met die Templetonprys wil erken."

Sy het gesê Gobodo-Madikizela het op haar persoonlike ondervindings en "diepgaande werklikheid van apartheid in Suid-Afrika" voortgebou om 'n fundamentele stel vrae soos waarom mense vergewe nadat hulle trauma ervaar het, wat die daad van vergifnis vereis en wat nodig is vir versoening om oor geslagte heen plaas te vind en te laat voortduur, te ondersoek.

"Dit is geestelike vrae, én dit is wetenskaplike vrae. Die Templeton-prys se slagspreuk vier 'n geestelike en wetenskaplike weetgierigheid. Pumla het albei in haar werk beliggaam." Sy het bygevoeg dat Gobodo-Madikizela 'n benadering tot sosiale genesing, bekend as die "herstellende soeke", geskep het wat wêreldwye erkenning geniet.

"Ons hoop (hierdie prys) sal studente inspireer om voort te gaan om ons kennis van genesing oor geslagte heen, uit te bou en bowenal 'n manier vir individue en instellings te bied om die deugde van vergifnis, versoening en liefde te beliggaam." Sy het ook genoem dat sy verheug is om te sien dat hierdie en ander deugde gepas as tafelname by die geleentheid gebruik is.

US se reis van herstel

Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die US, het gesê die viering van Gobodo-Madikizela se prestasies is ook 'n erkenning van die behoefte aan die voortsetting van haar genesingswerk. "Pumla se verbondenheid tot geregtigheid en haar passie vir die bevordering van genesing in verdeelde gemeenskappe herinner ons daaraan dat ons die reis moet voortsit wat sy gehelp het om op die voorgrond te plaas. Haar werk wys ons dat versoening nie 'n bestemming is nie, maar 'n proses – 'n reis wat verdraagsaamheid, toewyding, empatie en 'n onwrikbare geloof in die krag van vergifnis en genesing vereis."

De Villiers het ook op die belangrikheid van haar bydrae vir die US gewys. "Dit is selfs meer betekenisvol, in die konteks van die geskiedenis van ons land en van ons instelling, dat hierdie genesingswerk deur 'n bekwame vakkundige aan die US gelei word. Dit maak ons restitusieverklaring lewendig, dit verwesenlik ons strewe om menseverhoudinge te herbou en te herstel, en dit straal die hoop vir 'n hervermenslikde toekoms vir ons land uit."

Ter ere van haar ouers

Gobodo-Madikizela het haar aanvaardingstoespraak aan die US, as haar "intellektuele tuiste", en haar ouers, Nobantu en Tukela Gobodo, gewy. "Dit is 'n toekenning wat in my naam is, maar die US het dit moontlik gemaak." Sy het verder gesê dit is 'n eer om 'n akademikus aan die US te wees. "Ek het al soveel mense gehad wat deure vir my by die US geopen het. Ek moet sê, ek voel tuis (hier)." Gobodo-Madikizela het staaltjies en foto's gedeel en ook haar ouers ge?er vir hulle diepgaande invloed op haar werk. "Ek is wie ek is danksy my ouers."

Sy het verder gesê: "Ek skenk van hierdie geld in my ouers se naam vir beurse aan hierdie Universiteit. En dit is baie doelbewus, want ek het by hierdie Universiteit gegroei. Dit is my manier om my ouers te eer." Die Templeton-toekenning ter waarde van ? 1,1 miljoen GBP is een van die wêreld se grootste jaarlikse individuele toekennings. Gobodo-Madikizela het ter erkenning van haar prestasies belowe om R8 miljoen aan die US te skenk. Hiervan is R5 miljoen vir 'n skenkingsbeurs in die naam van haar ouers, R1 miljoen vir die SUNRISE-program om toekomstige professore te ondersteun en R2 miljoen vir AVReQ vir nagraadse studentefinansiering en die ondersteuning van postdoktorale genote.

 


Tradisionele geskenk van respek

Prof Sibusiso Moyo, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies, het 'n tradisionele kombers as geskenk aan haar oorhandig "as 'n gebaar van ons instelling se hartlike omarming van jou strewe vir 'n beter wêreld". Gobodo-Madikizela se baanbrekerswerk om "nuwe domeine en grense van die menslike gees te verken en verder as die grense van vergifnis te delf om nuwe paaie vir versoening oop te maak" het gehelp om lig op die "formidabele potensiaal van die menslike psige vir berou en versoening te werp," het sy bygevoeg.

"Jou uitstekende werk bring die missies van die US en die Templeton-stigting byeen om te bevestig hoe min ons van die gevolge van historiese trauma oor geslagte heen weet en hoe gretig ons is om te leer en tot 'n beter wêreld by te dra."

Om vergifnis te leer

Prof Anthony Leysens, Dekaan: Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskaape, het Gobodo-Madikizela, gelukgewens deur te sê: "Haar werk het 'n diepgaande en blywende impak op ons begrip van menseregte, versoening en die onuitwisbare krag van die menslike gees gehad. Daarbenewens het dit vir ons gewys dat om ons medemens lief te hê, beteken dat ons kan vergewe. Om die ander party te vergewe, die een wat hartseer en pyn veroorsaak het, is om lief te hê. Dit verg 'n diepgaande begrip en empatie vir die ander party, asook onwrikbare moed en veerkragtigheid."

'n Stukkie paradys

Prof Hester Klopper, Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake, het Gobodo-Madikizela in haar slotopmerkings vir haar reusebydrae bedank. "Die teenwoordigheid van jou werk en jou onwrikbare toewyding om ruimtes vir genesing te skep, het ons almal diep geraak. Jy herinner ons weer eens daaraan dat verandering selfs in die aangesig van die mees komplekse vrae moontlik is."

Met verwysing na die woorde van Chimamanda Ngozi Adichie, het Klopper gaste daaraan herinner dat "die enkel storie stereotipes skep, en die probleem met stereotipes is nie dat dit nie waar is nie, maar dat dit onvolledig is. Hulle laat een storie die enigste storie word". Gobodo-Madikizela se navorsing daag dit uit deur die soeke na alternatiewe stories aan te moedig, sê Klopper. Haar werk is 'n "oproep tot aksie wat beide die trauma van ons verlede erken, maar ons ewe oop maak vir daardie alternatiewe stories". Gobodo-Madikizela se navorsing daag dit uit deur die soeke na alternatiewe stories aan te moedig, het Klopper gesê. Haar werk is 'n "oproep tot aksie wat die trauma van ons verlede erken, maar wat ons net soveel aanmoedig om ontvanklik te wees vir daardie alternatiewe stories".

Klopper het ten slotte gesê Adichie het ook geskryf oor hoe die besef dat daar altyd meer as een storie is, 'n manier is om 'n stukkie paradys te bekom. "En dit is wat jy vir ons in jou werk gegee het – net 'n vlugtige blik op die paradys."

Meer oor die Templetonprys:

Die Templetonprys, wat in 1972 deur Sir John Templeton ingestel is, vereer individue wie se lewenswerk 'n samesmelting van wetenskap en spiritualiteit beliggaam om ons begrip van die diepste vrae van die heelal en menslike doel te bevorder. Die prys, wat ?1,1 miljoen GBP beloop, is een van die wêreld se grootste jaarlikse individuele toekennings. Die prys gee erkenning aan diegene wat die krag van die wetenskappe benut om die diepste vrae oor die heelal en die mensdom se plek en doel daarin te ondersoek. 

Foto: Wil Punt van Peartree Photography