中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SA-Japan-universiteitsforum bevorder kreatiewe samewerking
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 01/10/2024

Die sesde Suid-Afrika-Japan-universiteitsforum (SAJU 6), wat onlangs deur die Universiteit Stellenbosch (US) aangebied is, het ? indrukwekkende 200 afgevaardigdes van oor die wêreld heen in ? viering van akademiese samewerking en innovasie byeengebring.

Vakkundiges en leiers van 40 Japannese universiteite, 20 Suid-Afrikaanse instellings, asook vennote van die VSA, Kenia en Egipte, het oor drie dae byeengekom om nuwe we? te ondersoek vir navorsingsgedrewe vennootskappe wat daarop gemik is om die wêreld se dringendste uitdagings aan te pak.

Met die openingsopmerkings van die US se Adjunk-visekanselier: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake, prof Hester Klopper, was die boodskap duidelik: hierdie byeenkoms sou nie net ? ontmoeting van intellekte wees nie, maar ? platform om betekenisvolle en blywende vennootskappe te bou wat oor vastelande heen strek. Die kern van die besprekings was ? gedeelde verbintenis tot die bevordering van volhoubare ontwikkeling deur innovasie, met Suid-Afrika en Japan aan die voorpunt.

Met die tema “Die kweek van volhoubare en regverdige vennootskappe in navorsing en innovasie", was die byeenkoms ? forum vir ? lewendige uitruil van idees, nuwe konneksies en ? herbevestiging van die deurslaggewende rol wat universiteite in die vorming van ? meer billike, regverdige en innoverende globale samelewing speel.

Klopper het die US se verbintenis tot die bou van doelgerigte vennootskappe benadruk. Sy het die vestiging van die Japan-sentrum by die US twee jaar gelede uitgelig en gesê dit het ? deurslaggewende rol in die bevordering van akademiese en kulturele uitruiling tussen Suid-Afrika en Japan gespeel.

Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die US, het die afgevaardigdes in Stellenbosch verwelkom en gesê hy is trots om so ? diverse groep te huisves. “Hierdie byeenkoms is nie bloot ? konferensie nie. Dit is ? viering van die blywende en vrugbare vennootskappe tussen ons twee nasies, tussen akademiese en navorsingsgemeenskappe," het De Villiers gesê.

“Die tema van vanjaar se forum vind ten diepste inslag by die Universiteit Stellenbosch se visie om die voorste navorsingsintensiewe universiteit op die Afrika-kontinent te wees. Ons missie is gesentreer op die skep van kennis wat die samelewing dien, en dit is deur vennootskappe soos dié wat vandag hier verteenwoordig word dat ons hierdie missie werklik kan bevorder," het De Villiers opgemerk.

Hy het deelnemers aangemoedig om openlik betrokke te raak, netwerke te vorm en nuwe samewerkings te verken wat die toekoms van navorsing en onderwys kan rig.

Dr Phethiwe Matutu, wat Universiteite Suid-Afrika (USAf) verteenwoordig het, het gesê die SAJU-forum het waardevolle lesse gebied wat met die wêreld gedeel kan word. Sy het verwys na die belangrikheid daarvan om uit vorige suksesse en uitdagings te leer om toekomstige samewerking te verbeter. Matutu het ook die behoefte aan stelsel-tot-stelsel-samewerking tussen universiteite en die potensiaal vir gesamentlike inisiatiewe in entrepreneurskap, kurrikulumontwikkeling en die integrasie van tegnologie soos kunsmatige intelligensie in onderwys te bespreek.

Ghaleeb Jeppie van die Suid-Afrikaanse ambassade in Japan het gewys op die kardinale rol van akademiese samewerking in die bevordering van maatskaplike geregtigheid en die aanpak van globale uitdagings. Hy het die sterk vennootskap tussen Suid-Afrika en Japan, wat wetenskaplike uitruiling tussen studente en navorsers fasiliteer, geprys. Hy het gevra vir ? robuuste bespreking oor maatskaplike geregtigheid, veral in die lig van huidige konflikte wat opvoedkundige instellings raak. Jeppie het die Suid-Afrika-Japan-samewerking geprys as ? model vir noord-suid-vennootskappe, wat vooruitgang in ho?r onderwys en navorsing fasiliteer.

Hoofredes en samewerking

Twee hoofsprekers het die openingsessie van die SAJU-forum toegespreek. Prof Ahmed Bawa van die Universiteit van Johannesburg se Besigheidskool  het data oor die uitkomste van navorsingsamewerking tussen Suid-Afrika en Japan voorgelê en onthul dat meer as 5 000 publikasies die afgelope drie jaar uit die vennootskap voortgespruit het. Die ho? aanhalingskoers en uiteenlopende reeks navorsingsareas toon die gehalte en impak van hierdie samewerking.

Bawa het universiteite as br?e tussen samelewings beskryf. “Hulle is snelwe? vir die vrye vloei van vakkundiges, studente, idees, inligting en kennis."

Bawa het verwys na die diversiteit in navorsingsdeelname en opgemerk dat 61% van die betrokke wetenskaplikes vroue is. Hy het ook die behoefte om jonger navorsers te ondersteun, beklemtoon. Hy het voorts ? herevaluering van die balans tussen verskillende vlakke van studentebetrokkenheid by navorsingsprojekte bepleit.

In die tweede hoofrede het Takahiro Morio, professor in die Kantoor van Globale Inisiatiewe aan die Universiteit van Tsukuba, besin oor die geskiedenis en ontwikkeling van die SAJU-forum. Wat in 2007 as ? vergadering op rektorsvlak begin het, het ontwikkel in ? omvattende akademiese konferensie, wat die doeltreffendheid van beide bo na onder- en onder na bo-benaderings tot samewerking toon, het hy gesê.

Oor die pad vorentoe het Morio voorspraak daarvoor gemaak dat die SAJU-forum as ? gemeenskap aanhou groei tot meer as net ? platform, wat volgehoue akademiese netwerke en samewerking bevorder. Hy het aangevoer dat die forum kan baat by die verdere uitbreiding van sy rol as ? neksus vir innovasie en kennisdeling tussen Suid-Afrika en Japan.

Die oorkoepelende tema van SAJU 6 het regdeur die besprekings weerklink. Deelnemers het verskeie onderwerpe ondersoek, insluitend die rol van onderwys in die aanpak van globale uitdagings, die belangrikheid van finansiering vir samewerkingsinisiatiewe en die potensiaal vir toekomstige projekte in velde soos groen energie en tegnologie.

Studente-uitruiling en gesamentlike programme

Die forum het ook die belangrikheid van studente-uitruiling en gesamentlike programme beklemtoon, soos die Sakura-program wat samewerking tussen Japannese en Suid-Afrikaanse studente aan projekte soos die Square Kilometer Array (SKA) fasiliteer. In die besprekings is die behoefte aan meer studiebeurse en groter finansiering beklemtoon om akademiese mobiliteit en samewerking tussen die twee nasies te verbeter.

Navorsingsinstellings het die platform oor die drie dae van die konferensie gebruik om geleenthede vir toekomstige samewerking te bespreek tussen instellings soos die Japan Science and Technology Agency (JST); die Japan Society for the Promotion of Science (JSPS) (JSPS); die Japan Agency for Medical Research and Development (AMED); en plaaslik die Suid-Afrikaanse Departement van Wetenskap en Innovasie (DWI) en die Nasionale Navorsingstigting (NNS).

Met die afsluiting van SAJU 6 het dit duidelik geword dat die forum die aanvoorwerk gedoen het vir toekomstige samewerking wat navorsing en onderwys in Suid-Afrika en Japan aansienlik kan be?nvloed. Die verbintenis tot die bevordering van volhoubare vennootskappe was tasbaar, met afgevaardigdes wat optimisme uitgespreek het oor die potensiaal vir nuwe inisiatiewe en gesamentlike projekte.

US se kulturele aanbod

Die buitelandse besoekers het ook ? voorsmakie van Stellenbosch se kulturele aanbod gekry. Die afgevaardigdes was spesiale gaste by die jaarlikse Frederik Van Zyl-Slabbert-erelesing, waar Tawakkol Karman, joernalis, menseregte-aktivis en 2011-Nobelvredespryswenner van Jemen, ? passievolle toespraak gelewer het. Die tweede deel van die FVZS-lesingprogram het ? asemrowende optrede deur die US se wêreldbekende koor ingesluit. Die SAJU-forum het gedien as ? herinnering aan die krag van akademiese samewerking om globale uitdagings aan te pak en aan die belang van die bou van netwerke wat geografiese grense oorskry.