中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Konvokasievergadering op 4 Oktober gehou
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 26/09/2024

Lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US) word uitgenooi na die jaarvergadering van die Konvokasie op Vrydag 4 Oktober 2024.

Ingevolge die US Statuut (2019) is die Konvokasie saamgestel uit: (a) alle persone aan wie ? kwalifikasie by ? kongregasie van die Universiteit toegeken is; (b) die rektor, die viserektore, uitvoerende bedryfshoof en die voltydse akademiese personeel van die Universiteit; en (c) voormalige voltydse akademiese personeel van die Universiteit wat die diens van die Universiteit verlaat het as gevolg daarvan dat hulle die aftree-ouderdom bereik het.

Sluit asseblief by ons aan óf in persoon óf aanlyn.

Wanneer: Vrydag 4 Oktober 2024
Tyd: 18:00 SAST (As u buite Suid-Afrika gebaseer is, KLIK HIER om die presiese tyd vir u ligging op te spoor.)
Waar: Lokaal 3010, Jan Mouton Leersentrum, Stellenbosch OF Aanlyn
Gasspreker: Advokaat Gerrie Nel, hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid, en voormalige staatsaanklaer

RSVP: Stuur 'n e-pos aan konvokasie@sun.ac.za  om bywoning te bevestig. 

LET ASSEBLIEF OP DIE VOLGENDE:

  • Registreer so spoedig moontlik aangesien sitplekke beperk is.
  • Die sluitingsdatum vir registrasie en indiening van mosies is Vrydag 27 September 2024.
  • Die agenda sluit op Vrydag 27 September 2024 om 23:59. Sodra die agenda gesluit is, kan geen vedere items by die agenda gevoeg word nie.
  • Vir diegene wat aanlyn bywoon, sal ons 'n skakel per e-pos aanstuur.
  • Vir diegene wat persoonlik bywoon – neem asseblief teen 17:30 SAST u sitplek in en bring 'n bewys van identiteit saam.

Stuur asseblief teen Vrydag 27 September 2024 enige bykomende voorgestelde agenda-items vir oorweging aan die Sekretaris van die Konvokasie, Bernard Pieters. Die vergadering sal voortgaan soos uiteengesit in die US Konvokasie-vergaderingsprosedures.


KLIK HIER vir die voorlopige agenda.

KLIK HIER vir die opname van die vorige jaarvergadering.?