中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die Universiteit Stellenbosch presteer by EDHE Intervarsity streekskompetisie 2024
Outeur: Jeraldine Menon, Innovus
Gepubliseer: 20/09/2024

?

Afrika se mediaan ouderdom is tans 19,7 jaar en 63 persent van Suid-Afrika se bevolking is jonger as 35 jaar. Hierdie demografie bied 'n uitdaging en 'n geleentheid — veral vir die jeug — om ons land se ekonomie te groei.

Stellenbosch Universiteit het vanjaar vir die eerste keer die Entrepreneurskap Ontwikkeling in Ho?r Onderwys (EDHE) Entrepreneurskap Intervarsity 2024 se Streekskompetisie op 17 en 18 September 2024 aangebied. Van die Wes-Kaapse streek se slimste jong studente het deelgeneem en hul potensiaal getoon in hul aanbiedings oor hoe om Suid-Afrika se ekonomiese groei te stimuleer. Die US het vanjaar merkwaardige sukses behaal deur drie wenners uit die vier kategorie? te verseker.

Met jeugwerkloosheid wat in 2024 tot 46,5 persent gestyg het, is entrepreneurskap nie langer meer 'n interesante opsie nie, maar raak dit 'n noodsaaklikheid vir studente om hul entrepreneurskapvaardighede te ontwikkel. Die Wes-Kaapse ho?ronderwysinstellings het hierdie uitdaging aangepak en EDHE se platform vir hul Intervarsity-kompetisie tbeskikbaar gestel. Die kompetisie is vanjaar vir die sesde keer gehou en word deur die  Universiteit se kapasiteitsontwikkelingsprogram befonds in samewerking met die Allan Gray Orbis-stigting en SAB-stigting. Die geleentheid is moontlik gemaak deur befondsing van prof. Stan du Plessis, die US se uitvoerende bedryfshoof en prof. Sibusiso Moyo, die US se adjunk-visekanselier: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies.

 

Die US se Neelsie Cinema het vanjaar reggestaan om die geleentheid te huisves waar  inspirerende studente-entrepreneurs van die Universiteit van Kaapstad, die Universiteit van Wes-Kaapland, die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie en die Universiteit Stellenbosch deelgeneem het.

Met die opening van die geleentheid het professor Eugene Cloete, Hoof Uitvoerende Beampte van die Kaapse Hoer Onderwys Konsortium en voormalige adjunk-visekanselier van die US, die kritieke rol van entrepreneurskap in die aanspreek van maatskaplike uitdagings beklemtoon. Die gassprekers was Dr Wessel Myburgh, medestigter van Urobo Biotech, 'n US-afwentelmaatskappy en Noku Katom, 'n reeksentrepreneur en mentor by die US LaunchLab. Hulle het insigte van hul eie entrepreneursreise gedeel en praktiese raad en inspirasie aan deelnemers gegee.

Die kompetisie word in vier kategoriee beslis:

Bestaan besighede – Sosiale impak:

·       Aspiring Learning Tutors – Saxola Gxulwana

·       Next Door Chef - Lehlogonolo M.

·       iWashCars - Desmond Mogodi

·       Milani Education - Alexandra Lutz

·       CIFTEX - Morell Ndhlovu

·       Only Friends Entertainment - Sivuyise Mbedla

·       Catwalk Youth Development - Lusanda Msebi

 

Bestaande besighede - Algemeen:

·       MKLuze Hair Oil – Kamogela Mokale

·       Figura de Culta - Keith Ntini

·       FineApplePixels - Chiedza Vushe

·       Jabeson Bags - Someleze Jabe

·       Nature Dune - Sandy Madjouche

·       Mswenko Jeans - William Matsepane

·       Krochet Korner - Ntebaleng Makua

·       Sanne's Palace - Sanne Ramunenyiwa

 

Bestaande besighede – Tegnologie:

·       Makethe - Mpilonhle Ngcoya

·       Barterly - Bonga Njamela

·       Reep - Anokunda Mudzielwana

·       Report Buddy - Robyn Truter

·       Hierachy - Siphosethu Baduza

·       Edible Meals - Noluthando Zuma

·       Mzanzi Global Market - Mojalefa Mamabolo

·       Cargo - Rifuwa Baloyi

·        

Navorsing-gebaseerde besighede:

·       uMama - Pearly Joubert

·       Cartell - Jordan Smith

·       EV-Fleet-Sim - Chris Abrahams

·       Adwhere – Viwe Jack

·       Smart Farming Engineering - Vuyo Mguce

·       Kasi Jam - Xola Zide

·       LAMP - Tiisetso Madisha

 

WesKaapse streekswenners

 

  • Bestaande besighede: Tegnologie: "Report Buddy" van Robyn Truter, die Universiteit Stellenbosch
  • Bestaande besighede: Sosiale impak: "Milani Education" van Alexandra Lutz, die Universiteit Stellenbosch
  • Bestaande besighede: Algemeen: "FineApplePixels" van Chiedza Vushe, die Universiteit Stellenbosch
  • Navorsing-gebaseerde besighede: "Cartell" van Jordan Smith, die Universiteit Kaapstad

 

Die streekwenners dring deur na die nasionale eindronde in November 2024 in Johannesburg waar die nasionale kategoriewenners gekies sal word.

Die US-studente-entrepreneurs werk sedert April vanjaar nou saam met die US se LaunchLab-span om hul besighede te ontwikkel. Die studente is ingeskryf vir die ResNova programme, 'n intensiewe opleidingsprogram oor ses weke wat kritieke vroe?-stadium-aanvangsbehoeftes aanspreek.

Prof. Deresh Ramjugernath, adjunk-visiekanselier vir leer en onderrig aan die US, het die studente aangemoedig om hul entrepreneursreis voort te sit. “Alhoewel entrepreneurskap nie 'n maklike reis is nie, sal dit julle help om kritieke vaardighede te ontwikkel soos geloof in jouself, selfvertroue en veerkragtigheid".

Prof. Stan du Plessis, die US se Uitvoerende Bedryfshoof het gepraat oor die belangrikheid daarvan om studente-entrepreneurs buite kompetisies soos die Intervarsity te ondersteun, soos vervat is in 'n les van Peter Eisenman — die kern van die leerstellings by US LaunchLab. Hy beklemtoon dat “jy ekstra hard moet werk aan die begin van jou idee, moenie net haastig wees om 'n beginonderneming te begin nie. Fokus op die probleem en wat dit is wat jy probeer oplos, of jy kan uiteindelik 'n oplossing skep vir 'n probleem wat nie bestaan nie. Handhaaf objektiwiteit en moenie te emosioneel betrokke raak nie. Laastens, maak seker dat jy deeglik betrokke raak by die proses van toetsing en oplossingsvalidering. Vandag se wenner weet dit reeds, en die res van ons het die voorreg om dit alles te sien ontvou."

Die sukses van die studente wat na die nasionale rondte van die Intervarsity deurgedring het, demonstreer die impakvolle werk wat by US LaunchLab gedoen word. Die besigheidsbroeikas het ten doel om die aantal opstart- of spinoutmaatskappye te vermeerder en 'n kultuur van entrepreneurskap regdeur die universiteit en die groter gemeenskap aan te moedig, met die uiteindelike visie om die samelewing positief te be?nvloed.

Om meer te lees oor wat die US LaunchLab doen, klik hier: LaunchLab.co.za

 

Meer oor die SU LaunchLab

Die 中国体育彩票 Stellenbosch (US) LaunchLab is deel van Innovus, die US se innovasie en kommersiele afdeling waar die Tegnologie Oordragkantoor, SUNCOM, Kort Kursusse en Handelsmerke en die Stellenbosch Netwerk ook van deel is.

Die US LaunchLab is aangewys as Africa se #1 universiteitsinkubator deur die UBI Global vir 2017-2020. Dit wys dat ons 'n reputasie het vir die verskaffing van ondersteuning aan entrepreneurs wat lei tot kommersi?le sukses vir hul besighede en ekonomiese sukses vir ons streek.