中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Akademiese bande verstewig: Groningen Universiteit en US bied 2de Equipping-somerskool aan
Outeur: Dr Anika Berning-Van Zyl
Gepubliseer: 16/09/2024

Die Universiteit van Groningen, in samewerking met die Universiteit Stellenbosch, het die tweede suksesvolle Equipping-somerskool: Inklusiewe onderring en leer in diverse klaskamers, aangebied. Die somerskole is nie net 'n belangrike mylpaal in die versterking van akademiese samewerking tussen Nederland en Suid-Afrika nie, maar is die hoogtepunt van die jare lange samewerking tussen die twee universiteite./p>

Die universiteite was gesamentlik verantwoordelik vir die somerskoolprogram. Die eerste somerskool het in Januarie 2024 by die Universiteit Stellenbosch plaasgevind, terwyl die tweede meer onlangs in Groningen aangebied is. Die fokus daarvan was die bevordering van inklusiewe onderrig- en leerpraktyke en is bygewoon deur opvoeders van uiteeenlopende kulturele agtergronde wat kennis, idees en praktyke uitgeruil het.

Vir beide die Universiteite van Groningen en Stellenbosch was die klem op interkulturele vaardigheid van die grootste belang. Opvoeders wat aan die Groningen-geleentheid deelgeneem het, het van verskeie akademiese inrigtings gekom en oor ’n rykdom ondervinding en standpunte beskik. Met hul fokus op inklusiewe onderrig- en leerpraktyke, het hulle die deurslaggewende konsepte wat deur die internasionale klaskamer genoodsaak word, ondersoek, asook internasionale kursusontwerp, interkulturele groepdinamika en die rol van taal. Die interaktiewe sessies het hulle in staat gestel om beste praktyke en innoverende benaderings tot onderrig en leer met mekaar te bespreek.

Interkulturele vaardigheid, wat wêreldwyd deur die Verenigde Nasies se organisasie vir onderwys, wetenskap en kultuur (UNESCO) erken word, is noodsaaklik in die interkonnektiewe wêreld van vandag, veral in onderwysomgewings. Dit sluit ’n reeks vaardighede, kennis en benaderings in wat doeltreffende en gepaste interaksie met mense van uiteenlopende kulturele agtergronde moontlik maak. Dié bedrewenheid sluit kulturele selfbewussyn, begrip vir ander kulture, kommunikasievaardighede, empatie en aanpasbaarheid in.

Volgens Dr Darla Deardorff, 'n toonaangewende kundige oor interkulturele vaardigheid en bekle?r van die UNESCO-leerstoel in interkulturele vaardigheid aan die Universiteit Stellenbosch, is die ontwikkeling van interkulturele vaardigheid ’n voortdurende proses wat gedurige selfondersoek en leer verg. Sy beklemtoon die belang daarvan aan die hand van haar "Process Model of Intercultural Competence". Dié model beskryf noodsaaklike komponente soos respek vir ander kulture, openheid, nuuskierigheid, grondige kulturele kennis en deurslaggewende vaardighede soos luister, waarneming en evaluering.

Die span fasiliteerders by die somerskool, wat uit ’n verskeidenheid onderrig- en leeromgewings afkomstig was, het die belangrikheid van inisiatiewe soos die somerskool benadruk. Dr Anika Berning-Van Zyl van die US Departement Ondernemingsbestuur, was een van die fasiliteerders en het gesê: “Die Equipping-somerskool verskaf ?n unieke platform aan dosente om van mekaar te leer en die nodige vaardighede te ontwikkel om die kompleksiteite van internasionale onderwys te hanteer. Indien ons kulturele verskille begryp en aangryp, kan ons meer inklusiewe en doeltreffende leeromgewings skep.”

“Ons wil graag meer dosente aanmoedig om aan toekomstige Equipping-somerskole deel te neem ter bevordering van die gesamentlike vaardighede van kulturele bedrewenheid in die internasionale klaskamer.”

Aan die einde van die program het deelnemers ’n bewys ontvang dat hulle 25 tot 30 uur van professionele ontwikkelingsaktiwiteite suksesvol voltooi het. Dit sluit ?n portefeulje in (bestaande uit besinning oor die uitwerking van hul leerervaring en die relevansie daarvan vir hul eie onderrigkonteks) en ?n aanbieding aan hul eweknie?.

Drs Anita Veltmaat, senior beleidsadviseur oor internasionale strategie en verhoudings aan die Universiteit van Groningen, het die impak van die samewerking beklemtoon: “Ek glo ten sterkste aan hierdie soort gesamentlike onder-na-bo-skepping, en ek is daarvan oortuig dat die fasiliteerders voortaan in staat sal wees om kundiges en deelnemers van ander Afrika-lande, en moontlik selfs van ander vastelande, by toekomstige aanbiedings te betrek.

“In hierdie onseker tye moet ons seker maak dat onderwysontwikkelaars en onderrigpersoneel waarlik gekonnekteer is ten einde studente vanuit alle lewensomstandighede na die beste van hul vermo?ns te ondersteun. Wat my betref, is dit ’n prioriteit vir enige ho?ronderwysinstelling.”

Dr Anika Berning-Van Zyl is a lecturer and researcher in the Department of Business Management at Stellenbosch 中国体育彩票 in South Africa. She specializes in strategic management, management control systems and sustainability.

Verdere inligting:

  • Deur die bevordering van interkulturele vaardigheid kan opvoeders inklusiewe klaskamers skep waar alle studente gerespekteer en gewaardeer voel. Sulke klaskamers moedig ’n beter begrip vir elke individuele student se vaardighede, kennis en waardes aan – wat op hul beurt ten bate van leergeleenthede aangewend kan word. Dit bevorder leeruitkomste, verminder konflik en berei studente boonop voor om bevoegde internasionale burgers te word.
  • Die samewerking tussen die Universiteite van Groningen en Stellenbosch onderstreep die belangrikheid van hierdie vaardighede, terwyl dit dosente met hulpmiddels toerus om hul pad in ’n uiteenlopende en geglobaliseerde onderwyslandskap te vind en positief daartoe by te dra. Deur inisiatiewe soos die Equipping-somerskool, is instellings aktief besig om kulturele gapings te oorbrug en ’n meer inklusiewe en doeltreffender leeromgewing vir almal te bevorder.
  • Die somerskool is toegespits op uiters belangrike konsepte vir die internasionale klaskamer, internasionale kursusontwerp, interkulturele groepdinamika en die rol van taal. Dit is rondom vier hoofmodules saamgestel, waarvan elk ?n wesenlike aspek van internasionale onderrig teiken:
    1. Die eerste module ontleed belangrike konsepte wat noodsaaklik is vir die internasionale klaskamer. Dit voorsien deelnemers van ?n stewige basis om die kompleksiteite en dinamika van ’n globaal uiteenlopende studentekorps te verstaan.
    2. In die tweede module word internasionale kursusontwerp behandel en riglyne aan dosente gegee oor hoe om kurrikula te ontwerp wat nie net tot studente uit verskillende kulturele kontekste spreek nie, maar wat ook inklusief en doeltreffend is.
    3. Interkulturele groepdinamika is die kern van die derde module. Deelnemers verken strategie? om samewerkende leeromgewings te bevorder waar studente uit verskillende kulture saam kan floreer.
    4. Die laaste module is toegespits op die rol van taal in onderwys en beklemtoon die belangrikheid van lingu?stiese verskeidenheid en die uitwerking van taal op leerervarings.
  • In die bogenoemde modules het deelnemers aan interaktiewe aktiwiteite deelgeneem wat hulle gehelp het om algemene beginsels te herken en toe te pas, hul eie onderrigstrategie? en -praktyke met mekaar gedeel en eweknie-terugvoer daaroor gegee om hul kursus- en lesontwerp verder te verryk. Die oorhoofste doelwit van hierdie gesertifiseerde, professionele ontwikkelingsprogram, EQUiiP, is om inklusiwiteit te bevorder en dosente met strategie? toe te rus wat voortbou op hul huidige praktyke.
  • By voltooiing van die program ontvang deelnemers ?n onderwyskenteken. Dié sertifisering is ?n geloofwaardige bewys dat dosente hul professionele portefeuljes uitgebrei het en toon hul verbintenis tot voortdurende verbetering in inklusiewe onderrig en leer. Dit getuig van die praktiese vaardighede en kennis wat deur middel van die vier kernmodules van die somerskool opgedoen is.
  • Met hierdie kwalifikasie is dosente beter toegerus om doeltreffende, inklusiewe onderrigpraktyke in uiteenlopende en dinamiese leeromgewings te implementeer. Dit baat nie net hulle professionele ontwikkeling nie, maar dra ook tot die oorhoofse doel by: die bevordering van akademiese samewerking en interkulturele vaardigheid in die wêreldwye onderwysgemeenskap.
  • Die sukses van die tweede Equipping-somerskool onderstreep die waarde van internasionale akademiese vennootskappe. Dié samewerking het ook op strategiese en institusionele vlak uitgekring, aangesien die instellings saam die program aangebied het en van mekaar se benaderings tot professionele ontwikkeling geleer het. Instellings kan boonop hul onderwysaanbod verbeter, interkulturele begrip bevorder en dosente voorberei om die uitdagings van ’n geglobaliseerde wêreld die hoof te bied. Die doel is om meer dosente aan te moedig om aan toekomstige Equipping-somerskole deel te neem ter bevordering van die kollektiewe vaardighede van kulturele bedrewenheid in die internasionale klaskamer.