中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin: Maatskaplik responsiewe kurrikulums in mediese onderwys: ? Studenteperspektief
Outeur: Simbongile Ntwasa
Gepubliseer: 16/09/2024

?U word uitgenooi om die volgende middagete Auxin-sessie by te woon wat deur die Sentrum vir Onderrig en Leer aangebied word.


Spreker: Dr Anthea Hansen

?Onderwerp: Maatskaplik responsiewe kurrikulums in mediese onderwys: ? Studenteperspektief

Datum: 01 Oktober 2024

Tyd: 13:00-14:00pm

Plek: MS Teams: Join the meeting now


Opsomming van die Auxin:

Gesondheidsberoepslui moet dringend beter voorberei word om gesondheidsongelykhede aan te pak. Die literatuur voer aan dat die oorgang na responsiewe en kontekstueel tersaaklike kurrikulums ? belangrike strategie is om studente toe te rus om klinies bevoeg en krities bewus te wees van die kontekste waarbinne hulle gesondheidsorg lewer. Daar is egter min bekend oor hoe studente maatskaplike responsiwiteit verstaan en die implikasies daarvan vir hulle betrokkenheid by die herformulering van gesondheidsberoepe se kurrikulums om meer responsief te wees.

Hierdie aanbieding sal fokus op ? kwalitatiewe studie wat die ervarings van voorgraadse finalejaar- mediese studente ten opsigte van maatskaplike responsiwiteit verken het.

Wanneer maatskaplik regverdige pedagogie? gebruik word om insig in die studenteperspektiewe te bekom, blyk dit dat die studente uitgedruk het dat die kurrikulum geleenthede gebied het om met konsepte verbonde aan maatskaplike geregtigheid en gelykheid om te gaan. Hierdie geleenthede was egter minder frekwent en is van as van minder waarde beskou, vergeleke met biomediese kennis. Daarbenewens skep die kultuur en tradisies van geneeskunde toestande wat studente as verbruikers van die kurrikulum posisioneer. Nietemin het die studente die begeerte uitgedruk om medeskeppers van die proses van transformasie van die kurrikulum te wees.

Soos die gesondheidberoepe-onderwys verskuif na die bevordering van maatskaplike geregtigheid, is dit noodsaaklik dat die kurrikulums aan studente toegang bied tot die soort kennis en vaardighede wat hulle sal bemagtig om onregte aan te pak en responsief teenoor gesondheidsongelykhede te raak. Dit noodsaak die herformulering van wat as magtige kennis in mediese onderwys beskou word om maatskaplike geregtigheid in te sluit. Daarbenewens moet studente as medebouers van hulle eie leer en hoofrolspelers in die transformering van kurrikulums om maatskaplik responsief en kontekstueel tersaaklik te wees, beskou word.


Biographie van die spreker:

?Anthea Hansen is ? dosent in die Departement Gesondheidsberoepe-onderwys. Sy het ? PhD in Gesondheidsberoepe-onderwys van die Universiteit Stellenbosch, en ? MPhil in Gestremdheidstudies en ? BSc in Oudiologie van die Universiteit van Kaapstad. Sy stel veral belang in maatskaplike geregtigheid deur onderwys, maatskaplik regverdige pedagogie?, transformerende leer, dekolonialiteit, interprofessionele onderwys en medewerkende praktyk, kindergesondheid en gestremdheidstudies. Die navorsingsonderwerp van haar PhD was geig op voorgraadse mediese studente se ervaring van maatskaplike responsiwiteit in die kurrikulum.