中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die US skuif interne ouditfunksie na Senior Direkteur: Bedryf
Outeur: Petro Mostert
Gepubliseer: 13/09/2024

??

Die Universiteit Stellenbosch (US) het sy interne ouditfunksie aan die begin van 2024 geskuif om deel te vorm van die Senior Direkteur: Bedryf, Irfaan Dalvie se portefeulje. Hierdie funksie is voorheen deur Annemi Murray, Direkteur Finansi?le Beplanning en Begroting, bestuur. Deloitte is tans die interne ouditeure en die tender-aanstelling sal vanaf die begin van 2025 vir die volgende siklus gedoen word.

Interne uudit is 'n noodsaaklike funksie in enige organisasie, en meer nog in tersiêre onderwysinstellings soos die US. Dit kan ook gebruik word om waarde tot 'n organisasie toe te voeg wanneer dit strategies toegepas word. Interne uudit het in die bre? ten doel om 'n entiteit se besigheidsprosesse te hersien en te verbeter, terwyl dit verseker dat die entiteit se departemente voldoen aan die nodige interne beheermaatre?ls en bestuur.

"By die US is die grondslag van 'n goeie interne ouditkultuur reeds gelê. In die volgende paar jaar sal die doelwit wees om te verseker dat die uitkomste van ons interne ouditoorsigte gebruik word om waarde in ons daaglikse bedrywighede te skep en om personeel te laat besef dat die aanvaarding van die proses uiteindelik hul departement en die Universiteit as geheel sal bevoordeel," het Dalvie gesê. 

Dalvie sê die US gaan voort om te belê in die gebruik van betroubare diensverskaffers vir dienste soos interne oudit en forensiese ondersoeke, bo en behalwe die verpligte eksterne oudit. Dit is 'n verbintenis om te verseker dat daar 'n deurlopende evaluering van besigheidsprosesse, bestuur en beheer is sodat leierskap op enige tydstip oor die universiteit se stand van doeltreffendheid kan besin.

Ook in Dalvie se portefeulje by die US, binne die interne ouditspektrum, is die forensiese ondersoeke en die bestuur van die Bedrog- en Korrupsie-blitslyn-platform.?