中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US open IMPACT Opeluglaboratorium
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Alec Basson]
Gepubliseer: 13/09/2024

Die Hans Merensky-navorsingsleerstoel in Gevorderde Modellering van Bloekomhoutproduksie (of EucXylo)? aan die Universiteit Stellenbosch (US) het Woensdag 11 September 2024 sy IMPACT- (Intensive Monitoring of Planted And Competing Trees) opeluglaboratorium (OAL) amptelik op die Lourensford-plaas naby Somerset-Wes geopen.

Die IMPACT OAL is aan die hart van die EucXylo-program wat in die US se Departement Bos- en Houtkunde gesetel is en staan onder leiding van prof Dave Drew. Hierdie navorsingsfasiliteit – een van die eerste intensiewe, langtermyn moniteringsprogramme oor bloekombome in Suid-Afrika – van tien hektaar spog met die heel nuutste moniteringstegnologie wat van moderne sensorstelsels gebruik maak wat aan die Internet van Dinge (Internet of Things, IoT) gekoppel is, asook laserskandeerders, hommeltuie, afstandwaarnemingstelsels insluitende gevorderde LiDAR (Light Detection and Ranging)-tegnologie en gedetailleerde karakterisering van terrein- en omgewingsveranderlikes. Die hoofnavorsingsbasis sluit n solarstelsel in wat krag vir instrumente en 'n weerstasie verskaf.

 
  • ??Selfoongebruikers klik hier vir video.

Die IoT-sensors sal gebruik word om boomgroei, koolstofsekwestrasie en watergebruik asook grondwaterinhoud, hoe die bome op droogte reageer, hoe hulle deur peste en siektes, asook weersveranderinge geraak word, deurlopend te monitor. Die LiDAR-tegnologie sal boomhoogte, vertakkingseienskappe en ander strukturele veranderlikes meet. Weeklikse metings sal die verstaan van die dak van boomtoppe en houtvormingsdinamika insluit. Laserskandeerders sal gedetailleerde metings van die terrein moontlik maak.

Drew het by die bekendstelling gesê die doel van die projek is "om die groei en fisiologiese reaksies van die bome oor die verloop tyd op verskillende vlakke van mededinging te monitor om in diepte te verstaan hoe hulle groei en hulle hout vorm.

"Ons visie is om die baanbreker-moniteringstegnologie te benut, om nuwe datastelle op hierdie skaal te skep wat tot internasionale navorsingsdoelwitte en omgewingsbestuur sal bydra, en om 'n platform vir samewerking en datadeling te skep.

"Ons wil hê hierdie plek moet 'n stuk navorsingsinfrastruktuur wees. Ons wil gekureerde, ooptoegangdata skep. Dit is nie net 'n proefneming om eie onthalwe nie. Dit is 'n platform waarop verskeie datastrome geskep word, wat projekte ondersteun en dit is oop."

Drew het bygevoeg dat hulle ook wil hê die IMPACT OAL moet 'n onderrigplantasie wees wat aan voorgraadse studente geleenthede bied om meer oor bosbestuur te leer. "Ons het 'n geleentheid hier om studente na plantasies en woude te bring wat iets demonstreer wat hulle nie andersins in die Wes-Kaap kan sien nie."

Op 'n vraag oor waarom hulle op bloekombome fokus, het Drew gesê hulle word goed bestuur en is ekonomies 'n buitengewoon belangrike hulpbron wat 'n reusebedryf wêreldwyd ondersteun.

"Bloekombome word vir die vervaardiging van 'n groot verskeidenheid produkte, insluitende brandstof, hout, panele, vloerbedekkings gebruik, asook vir ho?-gehalte gesuiwerde houtstof wat in toepassings soos materiaal, voedsel en farmaseutiese produkte gebruik word. Die volhoubare bestuur van bloekombome is myns insiens absoluut noodsaaklik."

Dr Khotso Mokhele van die Hans Merensky-erfenisstigting en prof Sibusiso Moyo, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies aan die US, het ook die bekendstelling bygewoon. Die EucXylo-program word deur die Hans Merensky-erfenisstigting en die Departement van Wetenskap en Innovasie se Sektorinnovasiefonds, wat deur Bosbou Suid-Afrika vir die bosboubedryf geadministreer word, gefinansier.

Mokhele het Drew en sy span gelukgewens met hierdie mylpaal. "Dit gaan oor nasionale infrastruktuur. Daar is mense wat dalk nie vandag hierheen genooi is nie, maar wat oor vyf, tien of vyftien jaar – of hulle nou in die bedryf is, of hulle akademici is, of hulle plaaslik of internasionaal is – hierdie laboratorium sal kom gebruik. Dit is presies wat dr Hans Merensky in gedagte gehad het.

"As een van die mense wat sy nalatenskap moet bewaar, kan ek nie trotser wees om vandag hier te staan en deel van die bekendstelling van hierdie wonderlike nasionale infrastruktuur te wees nie."

Moyo het die Hans Merensky-erfenisstigting vir hulle ondersteuning van studente en die IMPACT OAL bedank. Sy het gesê die laboratorium toon dat dit moontlik is om navorsing, onderrig en leer bymekaar te bring. "Dit bied die intydse ervaring, wat vir ons belangrik is omdat ons wil hê ons graduandi moet praktiese vaardighede hê. Hierdie projek verskaf dit aan die leerkant. Maar dit bied ook groot potensiaal aan die navorsingskant vir ons eie volhoubaarheid, om ons omgewing te verstaan en ons navorsingsagenda te bevorder."

Die IMPACT OAL sal vir wetenskaplikes en studente van alle vakgebiede oop wees wat daarin belangstel om navorsing te doen oor plantasiebosekologie en hoe bome (en veral bloekombome) groei en hulle hout vorm. Die fasiliteit sal ook vir die publiek en skole oopgestel word om die gemeenskap in staat te stel om 'n voorbeeld van uitstekende bosbouwetenskap te ervaar en om die produksieproses van volhoubare hout- en veselprodukte beter te verstaan.

  • ??Foto: Prof Dave Drew (middel regs) en sy span saam met prof Sibusiso Moyo (heel links) by die opening van die IMPACT Opeluglaboratorium. Fotograaf: Bjorn Groenewald?