中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Plan nodig om mededingendheid van SA se sagtevrugte-inmaakbedryf te versterk
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Alec Basson]
Gepubliseer: 28/08/2024

Suid-Afrika se sagtevrugte-inmaakbedryf (perskes, pere, appelkose en gemengde vrugte) was lank wêreldwyd hoogs mededingend. Hierdie mededingendheid is sedert die vroe? 1960's gehandhaaf, ondanks veranderende politieke, maatskaplike en regulatiewe toestande. Tussen 2002 en 2021 het net Griekeland en Spanje beter gevaar.

Sedert 2016 was ? afname in mededingendheid egter te bespeur. As dit voortduur, sal dit werksverliese meebring, mense sal moeiliker ? bestaan kan maak en daar sal verliese in buitelandse valutaverdienste wees – alles goed wat Suid-Afrika nie kan bekostig nie. Om hierdie agteruitgang te stuit moet bedryfsleiers ? mededingende plan vir die herstel van die sagtevrugte-inmaakbedryf (DFCIRCP) in samewerking met die regering van nasionale eenheid beraam en in werking stel om die sektor se mededingende prestasie te verbeter en ? basis van groei en ekonomiese ontwikkeling binne die volle waardeketting te skep.

Dít is een van die belangrikste aanbevelings van ? nuwe navorsingstudie aan die Universiteit Stellenbosch (US).

“Die DFCIRCP kan ? gedeelde visie en strategiese aksies met regeringsondersteuning, openbare-private vennootskappe en in lyn met die Nasionale Ontwikkelingsplan en die Nasionale Meesterplan vir Landbouverwerking tot stand bring om mededingende groei in die bedryf te stimuleer," sê dr Heinrich Jantjies, die Groeprisiko-, Veiligheids- en Sekuriteitsdirekteur van Tiger Brands. Hy het onlangs sy doktorsgraad in landbou-ekonomie aan die US oor die onderwerp van mededingendheid in die sagtevrugte-inmaakwaardeketting verwerf.

Jantjies het maniere ondersoek om die mededingende prestasie van Suid-Afrika se sagtevrugtebedryf te meet en te ontleed, met ? besondere fokus op die inmaak- en verwerkingsektor. Die ondersoek strek van die vroe? 1960's tot die vroe? 2020's. Hy het ook ingemaakte sagtevrugte met ander groot plaaslike vrugte-/groente-uitvoergedrewe ondernemings soos appels, pruime, sitrus, wyn en avokado's vergelyk.

Hy het peilings, vraelyste, fokusgroepbesprekings en onderhoude met uitgesoekte kundiges en bedryfsbestuurders en -leiers gebruik om sy data in te samel.

Jantjies sê sy studie toon dat die sagtevrugte-inmaakbedryf veerkragtig en baie mededingend gebly het en ondanks talle globale en plaaslike strukturele veranderinge daarin geslaag het om beter as mededingende landboubedrywe te presteer.

“Daar is bevind dat die sagtevrugtebedryf hoogs mededingend is (met fluktuasies) en dat ingemaakte vrugte, soos perskes, pere, appelkose en gemengde vrugte, oor die algemeen beter presteeer as die meeste ander vrugte wat mededingendheid betref, met die uitsondering van vars sitrus en pruime.

“Dit beklee ? leidende posisie in die Suid-Afrikaanse landboubedryf en ondersteun groei in buitelandse valutaverdienste, indiensneming (dit verskaf werk aan meer as 7 500 mense in die Wes-Kaap) en verwante landelike ontwikkeling.

“Die bedryf voer elke jaar sowat 85% van sy produkte uit. In 2021 was die uitvoerwaarde van ingemaakte vrugte $112 miljoen (sowat R2 miljard), met ingemaakte perskes op $47,6 miljoen (ongeveer R870 miljoen) wat die beste presteer het, gevolg deur pere, gemengde vrugte en appelkose. Dit is ? toename van $94,7 miljoen (sowat R1,7 miljard) vergeleke met 2002, maar is laer as die hoogtepunt van $186,2 miljoen (sowat R3,4 miljard) in 2010."

Die bedryf se mededingendheidsgradering (volgens die relatiewe handelsvoordeel – die RTA-formule) het egter van 23,03 in 2016 tot 17,02 in 2020 gedaal, wat volgens Jantjies op ? minder mededingende omgewing dui. Pere was ? uitsondering, met ? RTA-verbetering van 33,96 in 2016 tot 40,40 in 2020. “Dit verklaar die bedryf se sterk en veerkragtige karakter."

Jantjies sê verskillende faktore versterk en beperk die bedryf se mededingendheid en veerkragtigheid.

“? Goed ontwikkelde bedryfsinfrastruktuur, die beskikbaarheid van bergings- en hanteringsfasiliteite, mededinging in internasionale markte, bedingingsmag van inmaakfirmas, verhoudings met internasionale kleinhandelsmarkte en -agente, asook toegang tot en beskikbaarheid van hernubare energie is van die faktore wat die bedryf mededingend help bly.

“Aan die ander kant word die bedryf se mededingendheid beperk deur faktore soos ? gebrek aan innovasie in inmaaktegnologie, ? gebrek aan plaaslike verkope en toegang van nuwe mededingers in die plaaslike mark, die moontlikheid van grondonteiening sonder vergoeding, die impak van klimaatsverandering op vrugte-opbrengste en negatiewe persepsies oor die verband tussen ingemaakte vrugte en gesondheid."

Voorstelle

Jantjies het voorstelle wat die bedryf kan help om mededingend te bly. Hy meen die bedryf moet daarop fokus om ho? transaksie- en administrasiekoste en inspanning te verminder; doeltreffendheid deur slim tegnologiese innovasies te verbeter; sakevriendelike omgewings skep; werknemers se vaardighede voortdurende op te skerp; die doeltreffendheid van verwerkingsfirmas te verbeter; groei in die plaaslike mark te verbeter deur ingemaakte sagtevrugte meer toeganklik vir laerinkomstegroepe te maak; asook ontluikende markte soos Indi? en China te teiken terwyl ? sterk teenwoordigheid in gevestigde markte gehandhaaf word.

“Die bedryf moet ook help met die bevordering van beter verspreiding en logistieke infrastruktuur en die voortdurende instandhouding daarvan. Beter toegang tot spoorwegfasiliteite en opgradering en investering in handelsfasiliteite in ons hawens is noodsaaklik.

?“? Deeglike en ge?ntegreerde ontleding van die hele waardeketting kan tot beter inligtingsdeling, kostedoeltreffendheid, beheer en bestuur lei, asook innovasie en vertroue onder alle deelnemers in die bedryf bevorder."

Jantjies het gewaarsku dat as hierdie voorstelle nie in werking gestel word nie, die bedryf agteruit sal gaan, boere na ander gewasse soos sitrus sal aanbeweeg en diensfasiliteite sal inkrimp.

“Dit sal werksverliese meebring. Internasionale handelsvennote kan ook daaronder ly omdat Suid-Afrika een van die sleutelverskaffers van ingemaakte vrugte in die suidelike halfrond is, en dit die aansienlike buitelandse valutapotensiaal van hierdie bedryf nadelig kan raak."