中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US gee erkenning aan Jannie Durand vir 12 jaar diens as raadslid
Outeur: Corporate Communication and Marketing | Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 27/08/2024

?Die Universiteit Stellenbosch (US) het onlangs hulde gebring aan mnr Jannie Durand, 'n toegewyde raadslid, vir sy onbaatsugtige diens aan die Universiteit oor meer as 'n dekade. Die geleentheid is deur raadslede, senior bestuurders en spesiale gaste, insluitende Durand se vrou, Ilanie, bygewoon.

Durand se ampstermyn in die Universiteitsraad het in 2012 begin, en oor die afgelope 12 jaar het hy 'n deurslaggewende rol in verskeie belangrike komitees gespeel, waaronder die Uitvoerende Komitee van die Raad, die Beleggingskomitee, die Oudit- en Risikokomitee en die Stellenbosch Trust.

Sy toewyding aan die Universiteit het verder gestrek as sy formele pligte, aangesien Durand steeds as voorsitter van die Oudit- en Risikokomitee dien, ondanks die feit dat hy uit sy rol in die Raad getree het.

Die voorsitter van die US Raad, dr Nicky Newton King, het in haar huldeblyk dank uitgespreek teenoor Durand vir sy leiding en ondersteuning. "Jy was altyd daar vir die harde werk en moeilike take. Jy het seker gemaak dat die regte gesprekke oor die regte kwessies gevoer word. Dit gaan vir ons uiters moeilik wees om daardie wysheid en raad te vervang," het Newton-King gesê.

Durand het gesê dit was wonderlik om lede van die Raad om die tafel te sien en hy het hulle bedank vir hulle ondersteuning deur die jare. Hy het opgemerk dat die Universiteit 'n lang pad gestap het sedert die begin van sy ampstermyn. "Julle het soveel goed om op trots te wees as 'n universiteit – julle het akademiese en navorsingsuitnemendheid en so 'n groot mededingende voordeel op hierdie wonderlike dorp," het Durand opgemerk.

Hy het die Raad aangemoedig om die warmte en kultuur van Stellenbosch te omarm en te benut en hulle aangespoor om 'n nuwe kultuur van inklusiwiteit te skep. "Dit was 'n groot voorreg om in die Raad te dien en ek het die harde werk geniet wat soms baie spanning ingesluit het, maar ons het almal daardeur gekom," het hy gesê.

Laat dinge gebeur

Die US se Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, het Durand se onwrikbare toewyding en diens aan die instelling geloof. Hy het Durand se merkwaardige invloed nie net binne die Universiteit nie, maar ook in die bre?r Suid-Afrikaanse sakegemeenskap as uitvoerende hoof van Remgro beklemtoon.

De Villiers het die skrywer Nicholas Murray Butler aangehaal wat gesê het: "Daar is drie soorte mense: dié wat dinge laat gebeur, ander wat dinge sien gebeur, en die oorweldigende meerderheid wat geen idee het wat gebeur nie."

"Jannie val ongetwyfeld in die groep wat dinge laat gebeur," het De Villiers gesê. "Ons is almal bewus van sy aansien in die sakegemeenskap en sy meedo?nlose poging om die toekoms positief te vorm en om saam met ander te werk tot voordeel van die welstand van Suid-Afrika.

"Dit is die filosofie en dryfkrag agter sy handelsondernemings, maar dit is ook presies waar ons visies mekaar kruis: die vorming van toekomste en om vennootskappe vir voorspoed te sluit. Oor die jare het ek tot die besef gekom dat dít die filosofie is wat die persoon aandryf. Dit is dus geen wonder dat Jannie so onbaatsugtig sy tyd en energie aan ons Universiteit gewy het nie."

De Villiers het Durand geloof vir sy onbeperkte vermo? om sy ervaring, kennis en goeie oordeel te deel. "Ons is baie trots daarop om jou as een van ons alumni te hê, en ons is ook baie trots daarop dat jy soveel tot die Universiteit bygedra het."

De Villiers het Durand se filantropiese bydraes beklemtoon en opgemerk dat hy meer as R2 miljoen aan die Universiteit geskenk het, wat hom 'n uitgelese lid van die Visekanselierskring maak. Sy skenkings het verskeie inisiatiewe ondersteun, waaronder die US Woordfees en die Randu Durand Teologiese Beursfonds, 'n beursfonds ter ere van Durand se ma.

Gesin se uitnemendheid

De Villiers het daarop gewys dat Durand se verbintenis tot die US is 'n familie-aangeleentheid is. Durand se vrou, Ilanie, was in haar tyd as student by die Universiteit 'n ontvanger van die Kanseliersmedalje en dertig jaar later het die egpaar se seun Jean dieselfde gesogte toekenning ontvang. Jean, 'n onlangse gegradueerde van die US, is in 2022 vereer met die Kanseliersmedalje vir sy uitstaande prestasies in wiskundige statistiek met die fokus op datawetenskap. Hy is tans met 'n meestersgraad in rekenaarkunde (masjienleer en kunsmatige intelligensie) aan die Imperial-kollege in Londen besig, en sit dus die gesin se nalatenskap van akademiese uitnemendheid voort.

De Villiers het 'n gepaste metafoor gebruik om Durand se blywende verhouding met die Universiteit te beskryf. Hy het die vader van die Huis van Dewar Skotse whisky aangehaal en gesê: "Sukses is nie finaal nie, mislukking is nie noodlottig nie: Dit is die moed om voort te gaan wat saak maak."

"Jannie het beslis 'n pad saam met ons Universiteit gestap, maar ons sien uit na sy voortgesette betrokkenheid en vennootskap op ons reis na die toekoms. So, in die gees van Johnny Walker, hou asseblief aan om saam met ons te stap, Jannie," het De Villiers afgesluit.

De Villiers en die US se Registrateur, dr Ronel Retief, het 'n spesiale geskenk van die US – 'n uitbeelding van die US-kampus deur kunstenaar Marika Pretorius – aan Durand oorhandig.

FOTO: Stefan Els