中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US blink uit by 2024 NNS-toekennings
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 26/08/2024

Die Universiteit Stellenbosch (US) het weer eens uitstekend gevaar in die jaarlikse Nasionale Navorsingstigting (NNS)-toekennings. Prof Richard Cowling, dr Boitumelo Ramatsetse, proff Herman Wasserman en Simon Schaaf, die Sentrum van Uitnemendheid vir Biomediese Tuberkulose (TB)-navorsing en die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Epidemiologiese Modellering en Ontleding (SACEMA) het op 22 Augustus 2024 as oorwinnaars uit die stryd getree by 'n geleentheid by Sun City. Die gesogte NNS-toekennings erken en vier Suid-Afrikaanse navorsingsuitnemendheid en die wetenskaplikes wat vir hierdie navorsing verantwoordelik is.

Cowling, 'n buitengewone professor in die Departement Bewaringsekologie en Entomologie, het die Leeftydprestasietoekenning ontvang wat 'n Suid-Afrikaanse of permanente inwoner vereer wat oor 'n lang tydperk uitsonderlike bydraes van internasionale gehalte en impak tot die ontwikkeling van wetenskap in en vir Suid-Afrika gelewer het. Cowling is erken vir sy dekades lange baanbrekerswerk op die gebied van ekologie en bewaring. Hierdie werk het nasionaal en internasionaal 'n wesenlike impak gehad. Gedurende sy wetenskaplike loopbaan het hy baie tyd en moeite daaraan gewy om met gemeenskapsgebaseerde bewaringsorganisasies in gesprek te tree en die uitkomste van sy span se navorsing aan die publiek te kommunikeer.

Ramatsetse van die Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese het die Vroe? Loopbaan/Ontluikende Navorser-toekenning ontvang vir sy werk oor die toepassing van herkonfigureerbare vervaardigingstelsels om modulêre, aanpasbare tegnologiese oplossings vir die mynbou- en masjienvervaardigingsbedrywe te ontwikkel. Ramatsetse het van die eerste voornemende multidissiplinêre gevorderde vervaardigingsnavorsingstudies op hierdie gebied in Afrika gelei.

Die Sentrum van Uitnemendheid vir Biomediese TB-navorsing – met nodusse by die US, die Universiteit van Kaapstad en die Universiteit van die Witwatersrand – het die Sosiale Impak-toekenning ontvang wat erkenning gee aan NNS-gefinansierde navorsers en navorsingsentiteite wie se werk tot tasbare en voordelige sosiale impak gelei het, hetsy ten opsigte van sosiale impak, ekonomiese impak, innovasie of omgewingsimpak. Die Sentrum kombineer kliniese voetsoolvlakondersoeke oor TB met gesofistikeerde laboratoriumnavorsing vir die akkurate diagnose van en toepaslike behandeling vir multi-middelweerstandige (MDR-TB en omvattende middelweerstandige TB). Dit het navorsing in produkte omgesit wat die grootskaalse inwerkingstelling van TB-toetsing in Suid-Afrika en wêreldwyd moontlik gemaak het. Die Sentrum speel steeds 'n rol in gemeenskapsuitreikaksies en bewusmaking om TB te voorkom en te behandel.

Wasserman van die Departement Joernalistiek en Schaaf van die Desmond Tutu TB-sentrum in die Departement Pediatrie en Kindergesondheid het albei A-graderings ontvang. A-gegradeerde navorsers word deur hulle eweknie? as toonaangewende internasionale vakkundiges op hulle onderskeie gebiede erken vir die ho? gehalte en impak van hulle navorsingsuitsette. Wasserman is vir sy navorsing oor media en samelewing, media-etiek, media en konflik, media en geopolitiek, en disinformasiestudie vereer, terwyl Schaaf sy derde A-gradering verwerf het vir sy baanbrekerswerk oor die middelweerstandige waarneming van TB by kinders, die farmakokinetika van tuberkulose-teenmiddels by kinders, MIV/TB-medeinfeksie, tuberkulosediagnose by kinders, TB-meningitis en nuwe behandelingstrategie?. Die US spog nou met 22 A-gegradeerde wetenskaplikes.

SACEMA het 'n finalis-toekenning in die kategorie Sosiale Impak verower vir sy beduidende bydraes om MIV, TB, menslike papillomavirus (MPV), masels, polio, tripanosomiase (slaapsiekte) en ander aansteeklike siektes beter te verstaan. Dit was instrumenteel in wêreldwye MIV-modellering en -beraming, het navorsing oor die impak van MPV-voorkomingstrategie? gedoen, en het tot die ontwerp van grensverskuiwende studies wat roetine-TB-waarneming ondersteun, bygedra.

Prof Sibusiso Moyo, Viserektor vir Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies by die US, het die wenners gelukgewens en gesê: "Hierdie erkenning deur die NNS is 'n belangrike mylpaal vir die Universiteit Stellenbosch. Dit beklemtoon die belangrike rol wat die nuutste navorsing speel om globale gesondheidsuitdagings die hoof te bied en versterk ons verbintenis tot die bevordering van kennis wat die samelewing tot voordeel strek."