中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Bemagtig haar toekoms en baan die weg na geslagsgelykheid
Outeur: Stefani du Toit
Gepubliseer: 22/08/2024

Terwyl ons tydens Vrouemaand die vordering wat met geslagstransformasie in die samelewing gemaak is vier, moet ons ons ook daartoe verbind om die stereotipes uit te daag wat mans en vroue tot uitgediende rolle beperk en ons vordering na ? werklik gelyke samelewing belemmer. Ons het ? gemeenskap nodig waar rolle nie deur geslag gedefinieer word nie, maar deur persoonlike keuse en vermo?ns, en waar mans en vroue die verantwoordelikhede en vreugdes van beide die huis- en werklewe gelyk kan deel. D?t is die mening van dr Stefani du Toit van die Instituut vir Gesondheidsnavorsing oor Lewensverloop in ? artikel vir die Daily Maverick.

  • Lees die vertaalde weergawe van die artikel hier onder of klik hier vir die stuk soos geplaas.

Stefani du Toit*

Terwyl ons Vrouemaand vier, is dit baie belangrik om na te dink oor die beduidende vordering wat ons met geslagstransformasie in die samelewing gemaak het. Ons het ? lang pad gestap sedert die 1960's, toe gewilde tydskrifte artikels gepubliseer het oor hoe om ? beter huisvrou te wees en die stereotipe van die “swak" vrou laat voortduur het. Dit was ? weerspie?ling van ? patriargale persepsie dat vroue in die 'vroulike' en 'huishoudelike' sfeer hoort en minder bevoeg is om aan ekonomiese aktiwiteite deel te neem.

Vandag het die narratief rondom geslagsrolle ? beduidende transformasie in baie omgewings ondergaan. Jong meisies word al hoe meer geleer dat hulle aspirasies veel verder as tradisionele rolle kan strek. Hulle word aangemoedig om te droom van ? toekoms met eindelose moontlikhede: “Jy kan ? dokter, ? wetenskaplike of selfs ? uitvoerende hoof word."

Hierdie boodskap dui op ? drastiese wegbreek van die verwagtinge van die verlede en ? verskuiwing na die bemagtiging van vroue om ambisieuse loopbane en persoonlike doelwitte na te streef – terreine wat voorheen hoofsaaklik vir mans bestem was. Hulle word aangemoedig om hulleself as gelykes te sien.

Ondanks hierdie vooruitgang is die reis na ware geslagsgelykheid steeds nie voltooi nie. Die realiteit vir baie vroue wêreldwyd, insluitende in Suid-Afrika, is dat selfs al vorder hulle in verskeie professionele gebiede of blink hulle uit op gebiede wat tradisioneel deur mans oorheers is, hulle steeds die onbillike las van kindersorg en huishoudelike verantwoordelikhede dra.

In die meeste huishoudings word daar steeds van vroue verwag om die huis te bestuur, kinders te versorg en hierdie pligte met hulle professionele lewe te balanseer. Hierdie tweeledige verwagting duur voort en dui op ? kritieke leemte in ons benadering tot geslagstransformasie. Ofskoon daar ? drastiese verandering was in die verwagtinge van vroue om tot huishoudelike inkomste by te dra en aan ekonomiese aktiwiteite deel te neem, bly die verwagtinge van hoe mans tot huishoudelike en kindersorg-verantwoordelikhede behoort by te dra agterwe?.

Ter illustrasie verskil samelewingsverwagtinge dikwels aansienlik tussen geslagte wanneer dit kom by die balansering van werk- en gesinsverantwoordelikhede. Mans word byvoorbeeld selde oor kindersorg gepols wanneer hulle werksverantwoordelikhede aanvaar wat reis of lang ure vereis. Daarenteen word vroue in soortgelyke situasies gereeld gepeper met vrae, of selfs kritiek, oor wie in hulle afwesigheid vir hulle kinders gaan sorg. Hierdie ongelykheid benadruk die voortgesette dubbele standaarde in die samelewing se beskouing van die rol van mans en vroue.

Dit bring ons by ? beduidende dilemma: Terwyl vroue aangemoedig word om ho?vlak-loopbane en hulle professionele ambisies na te jaag, word hulle steeds hoofsaaklik as die primêre versorgers beskou. Hierdie persepsie plaas ? onbillike las op hulle, naamlik dat hulle beide omvattende versorgingsverantwoordelikhede én hulle loopbane moet bestuur. Hierdie tweeledige verpligting beperk hulle vermo? aansienlik om op gelyke voet met manlike kollegas in dieselfde beroepsvelde mee te ding.

Vir elke uur wat ? man in Suid-Afrika tot onbetaalde versorgingswerk bydra, insluitende kindersorg, dra vroue agt ure by. Onlangse studies, insluitend die Verenigde Nasies se COVID-19 Rapid Gender Assessment vir vroue in Suid-Afrika, het aan die lig gebring dat die geslagsgaping met betrekking tot tyd wat aan versorgingswerk gewy word, sedert die aanvang van die 中国体育彩票-pandemie vergroot het.

Wêreldwyd verrig vroue 75% van die onbetaalde werk – meer as drie keer meer as die gemiddelde man – wat hulle tyd vir ontspanning en ekonomiese aktiwiteite drasties beperk. Die pandemie het weer eens die aandag op vroue se onbillike kindersorglas gevestig en die dringende behoefte benadruk om geslagsnorme in die huishouding én die bre?r samelewing te hervorm.

Om geslagsdinamika werklik te transformeer moet ons fokus verder as net vroue strek en mans insluit. Die transformasie van die rolle van vroue in die samelewing kan nie plaasvind sonder om die rolle van mans op soortgelyke wyse te transformeer nie.

Besprekings oor geslagstransformasie konsentreer dikwels hoofsaaklik op hoe vroue se rolle moet ontwikkel om hulle insluiting in die ekonomie en die private sektor te verbeter. Maar soos wat vroue meer by ekonomiese aktiwiteite betrokke raak, skep dit ? gaping in kinder- en huishoudelike sorg. Dit is derhalwe van kardinale belang om die tradisionele persepsies van mans uit te daag en samelewingsbeskouings oor hulle rolle in huishoudings en die bre?r samelewing te transformeer. In ons strewe om tradisionele norme te herdefinieer behoort pa's met gelyke betrokkenheid die norm te wees, nie die uitsondering nie.

Om werklik die transformasie van geslagsrolle te ondersteun, veral dié van mans, moet beleid en wetgewing ontwikkel om hierdie verandering te fasiliteer. Dit is veral waar in die werkplek, waar beleide oor kindersorg mans dikwels uitsluit en hulle verhinder om tot kindersorgverantwoordelikhede by te dra. Die Australiese joernalis en kommentator Annabel Crabb som dit goed op: “Waarom, ná al hierdie dekades van veldtogte, hervorming, navorsing en besinning oor die beste manier om vroue ín die werkplek te kry, vat dit ons so lank om te besef die belangrikste volgende stap is hoe om mans daar úít te kry?"

? Beduidende stap om hierdie doelwit te bereik is om manlike betrokkenheid by kindersorg uit die staanspoor te bevorder deur beter voordele vir pa's in werking te stel. Studies het getoon dat indiensnemingsyfers van vroue in die private sektor ho?r in lande met verpligte vaderskapsverlof is. In Suid-Afrika kry pa's slegs tien dae ouerskapsverlof. Dit versterk die uitgediende idee dat 'kindersorg vroue se werk is' subtiel.

Die bereiking van ware gelykheid tussen ma's en pa's in Suid-Afrika behels meer as net die inwerkingsteling van geslagsneutrale beleide; dit vereis ? kulturele verskuiwing na samewerking tussen ouers. Wetgewing en beleid kan net soveel doen om die situasie reg te stel. Dit is noodsaaklik dat gesinne, individue en werkplekke persoonlike en strukturele hervormings nastreef om die ekonomiese bemagtiging van vroue te bevorder. Dit sluit in die transformasie van geslagsnorme oor sorg en die skep van werkplekke wat ma's én pa's ondersteun.

Terwyl ons tydens hierdie Vrouemaand die vordering vier wat gemaak is, moet ons ons ook daartoe verbind om die stereotipes uit te daag wat mans en vroue tot uitgediende rolle beperk en ons vordering na ? werklik gelyke samelewing belemmer. Ons het ? gemeenskap nodig waar rolle nie deur geslag gedefinieer word nie, maar deur persoonlike keuse en vermo?ns, en waar mans en vroue die verantwoordelikhede en vreugdes van beide die huis- en werklewe gelyk kan deel.

Kom ons vier nie net vroue se prestasies nie, maar neem ook aktief deel aan besprekings en aksies wat mans by die reis na geslagsgelykheid insluit. Die transformasie wat ons in die samelewing nastreef, moet ? meer inklusiewe, billike wêreld vir almal oor generasies heen bevorder, en herdefinieer wat dit beteken om ? vennoot en ? ouer te wees in ? samelewing wat waarde aan gelykheid op elke terrein heg.

*Dr Stefani du Toit is ? senior navorser by die Instituut vir Gesondheidsnavorsing oor Lewensverloop aan die Universiteit Stellenbosch. Sy skryf in haar persoonlike hoedanigheid.