中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
EBW-navorser met Vroue in Wetenskap-toekennings vereer
Outeur: Corporate Communication and Marketing [Alec Basson]
Gepubliseer: 21/08/2024
Mienke Knipe by die toekenningsplegtigheid
Foto: Mienke Knipe by die toekenningsplegtigheid.

Mienke Knipe het die vrugte van haar harde werk gepluk toe sy by die Departement van Wetenskap en Innovasie (DWI) se gesogte Suid-Afrikaanse Vroue in Wetenskap-toekennings (SAWiSA) vereer is. Knipe, ? doktorale student in vervoerekonomie (Fakulteit van Ekonomiese end Bestuurwetenskappe (EBW) van die Universiteit Stellenbosch (US)), het haar toekenning op Donderdag 15 Augustus 2024 by ? spoggeleentheid in Mbombela, Mpumalanga, ontvang.

Knipe het ? Esther Mahlangu-genootskap vir doktorale studies van die DWI ontvang.

Die jaarlikse Vroue in Wetenskap-toekennings vier vroue wat uitblink in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde (oftewel STEM), profileer vroue-wetenskaplikes en -navorsers wat as rolmodelle vir jonger vroue dien en moedig diegene aan wat hulle loopbane as navorsers en wetenskaplikes begin en dan STEM-verwante beroepe volg. Geregistreerde meesters- en PhD-studente kan beurse vir hulle studies verower op gebiede wat wissel van inheemse kennisstelsels tot astronomie.

Knipe het ? doktorale genootskap ontvang vir ? navorsingsprojek wat die ekonomiese rol van vervoer kwantifiseer. Sy sê om te weet in watter mate verkorte reistyd, laer reiskoste en beter toegang tot vervoer ekonomiese aktiwiteit op ? subnasionale vlak vergemaklik, verskaf motivering vir, seleksie van en prioritisering van staatsgefinansierde vervoerbeleggings. Die verkleining van die kennisgaping kan tot regverdiging vir groter staatsgefinansierde vervoerinvestering lei.

“Ek voel bemagtig om meer navorsing oor vervoerekonomie/-beplanning te doen, te versprei en te inspireer. Die vervoerbedryf word deur mans oorheers. Die minister van vervoer, Barbara Creecy, het trouens onlangs bekend gemaak dat slegs 22% van Suid-Afrikaners in die vervoerbedryf vroulik is.

“Die statistieke oor mense met ? gestremdheid in die vervoerbedryf (soos ek) is selfs swakker. Geleenthede wat erkenning aan vroue in vervoer deur inisiatiewe soos SAWiSA verleen, inspireer dus hopelik meer jong vroue met en sonder gestremdhede om hulle plek by ? manlik oorheerste tafel in te neem.

“Met prysgeld van nagenoeg R100 000 bied hierdie genootskap die geleentheid om vervoerverwante idees, -uitdagings en -oplossings op internasionale platforms via publikasies en konferensies te deel met die doel om met ander uit multidissiplinêre velde saam te werk."

Knipe se navorsingsuitset is gebruik om kommentaar te lewer op die konsepbeleid oor Suid-Afrika se Nasionale Openbare Vervoersubsidie. Hierdie beleid het ten doel dat pendelaars se reiskoste nie meer as 10% van hulle inkomste moet bedra nie. Suid-Afrikaners bestee byna dubbeld soveel. ? Hoofstuk van haar PhD-tesis wys hoe Suid-Afrikaners ? besparing in hulle reiskoste sal herverdeel as die beleidsdoelwit van 10% bereik word.

Knipe het ervaring in die passasiersvervoerbedryf in die openbare, private en akademiese sektore. Haar projekbetrokkenheid in die private en openbare sektore sluit omvattende ge?ntegreerde vervoerplanne, die Provinsiale Landvervoerraamwerk MyCiti en Dial-a-Ride in, in samewerking met entiteite soos die Stad Kaapstad, Stellenbosch se munisipaliteit, Intercape en die Wêreldbank. Met ? skerp fokus op inkomste-optimalisering het sy as inkomstebestuurder vir ? streeklugredery gewerk en ? passasierstevredenheidsprojek vir twee langafstand-busoperateurs in Suid-Afrika gelei.

Sy het haar werk ook by die African Transport Research Conference, die jaarlikse Southern African Transport Conference en die Union Internationale des Transports Publics aangebied.