中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
“Ek is ’n probleemoplosser!” sê getalteoretikus prof Florian Luca
Outeur: Faculty of Science (media & communication)
Gepubliseer: 19/08/2024

?Prof Florian Luca, een van slegs 'n handjievol A1-gegradeerde wiskundiges in Suid-Afrika, is met ingang 1 Augustus 2024 by die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Wiskundige Wetenskappe aangestel.

Luca, 'n boorling van Roemeni?, is sedert Junie 2014 'n uitgelese professor in die Skool vir Wiskunde aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy het in 2022 sy tweede A1-gradering van die Nasionale Navorsingstigting ontvang, wat beteken dat hy deur eweknie? erken word as vooraanstaande internasionale navorser.

Luca se navorsing in wiskundige wetenskappe en toegepaste wiskunde handel oor  Getalteorie met 'n fokus op die gebiede van Diofantiese vergelykings en rekenkundige funksies. Hy beklee verskeie besoekende professorate by wiskundenavorsingsgroepe aan die Universiteit van Oxford, die Max Planck Instituut vir Wiskunde in Bonn, en die Max Planck Instituut vir  Sagtewarestelsels in Saarbrücken. Vroe?r vanjaar kon hy nóg 'n veer in sy hoed steek toe hy aangewys is as 'n Mede-ambassadeur by Frankryk se nasionale sentrum vir wetenskaplike navorsing (CNRS – Centre national de la Recherche Scientifique).

Volgens MathSciNet is Luca die outeur of mede-outeur van byna 800 publikasies saam met 351 mede-outeurs. Hy het reeds meer as 8 000 aanhalings op Google Scholar met 'n h-indeks van 37 en 'n Erd?s-nommer van 1.

Luca sê hy het Stellenbosch in 2023 beter leer ken gedurende sy tyd as genoot aan die Universiteit Stellenbosch se Instituut vir Gevorderde Studies (STIAS). Toe die geleentheid hom dus voordoen om 'n pos in die Departement Wiskundige Wetenskappe aan die US te beklee, was dit maklik om die skuif te maak.

Hy sien uit daarna om met kollegas in ander departemente en fakulteite saam te werk: “Ek is 'n probleemoplosser! Ander navorsingsgroepe kom na my toe wanneer hulle vasval. Dit is een van die redes hoekom ek so 'n ho? navorsingsuitset kon handhaaf," verduidelik hy laggend.

Prof Ingrid Rewitzky, uitvoerende hoof van die Departement Wiskundige Wetenskappe, sê hulle sien uit daarna om Florian by die departement te verwelkom: “Sy aanstelling sal ons navorsingsvoetspoor in Getalteorie op nasionale en internasionale vlak uitbrei. Deur meer nagraadse student en nadoktorale genote te lok, sal sy bydraes ook die langlewendheid en produktiwitiet van Algebra?ese getalteorie en Algebra?ese meetkunde by Stellenbosch verseker."

Foto: Prof. Florian Luca. Krediet: Stefan Els