中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US student ’n stap nader daaraan om ’n orka-spesialis te word
Outeur: Faculty of Science (media & communication)
Gepubliseer: 12/08/2024

?Met 'n navorsingstoekenning van die Ocean Stewardship Fund (OSF) hoop Lindiwe Makapela, 'n student aan die Universiteit Stellenbosch (US), om uiteindelik  haar droom te versesenlik om 'n orka-spesialis te word.

Sys is een van 32 navorsers van ag lande wat OSF-toekennings van die Marine Stewardship Council ontvang het, altesaam byna een miljoen pond.

Lindiwe moes onlangs haar nagraadse studies 'n jaar lank weens finansi?le redes onderbreek. Maar in plaas van opgee, het sy as 'n vrywillige data-ontleder by die Nasionale Dieretuin in Pretoria gewerk.

“Die toekenning het my nie net in staat gestel om weer my studies op te neem nie, maar sal my ook bemagtig om 'n blywende bydrae tot die veld van mariene wetenskap te lewer, sê hierdie oudleerder van Prestige College in Hammanskraal.

Ten spyte daarvan dat sy ver van die see af grootgeword het, het die mariene omgewing haar nog altyd gefassineer: “Die bestudering van seelewe, veral orkas (ook bekend as moordwalvisse), was 'n konstante bron van inspirasie. Hulle intelligensie, ingewikkelde sosiale strukture en ekologiese belangrikheid het my ge?nspireer om hierdie masjestueuse wesens te bestudeer."

Vir haar honneurs-BSc aan die Nelson Mandela Universiteit het sy die bottelneusdolfyn bestudeer. In haar vrye tyd het sy met gerehabiliteerde seediere by die Bayworld-oseanarium in Nelson Mandelabaai gewerk. Nadat sy haar honneurs verwerf het, het sy as veldspesialis by die Shark Research Unit gewerk waar sy vaardighede soos skedelmorfometrie, eDNS-monsteneming, en identifikasie van seesoogdiere aangeleer het.

Vir haar MSc-navorsing het sy aangesluit by die Sea Search-span verbonde aan die US se Departement Plant- en Dierkunde. Onder die leiding van Dr Simon Elwin gaan sy ondersoek instel na orkas en kaapse pelsrobbe se plundering van langlynvisserye in Suid-Afrika.

“'Plundering'  in die konteks van my navorsing beteken dat robbe en orkas leef van die vangste van langlynvissers of hul vis 'steel'. Hierdie gedrag het verskeie ekologiese implikasies omdat die diere geneig is om beserings op te doen of selfs deur vissermanne doodgemaak te word," verduidelik sy.

Die doel van die studie is om die plunderingspatrone te ontleed en te kyk hoe dit deur natuurlike en menslike faktore aangedryf word. Die uiteindelike doelwit is om hierdie gedrag te leer verstaan ten einde negatiewe interaksies te kan verminder.

Sy het alreeds begin om vissers se waarnemersdata wat deur die Departement Bosbou, Visserye en die Omgewing en CapMarine beskikbaar gestel is, te ontleed. “Hierdie data gee insig in watter spesies geplunder word, asook watter prooi of visspesie op die langlyne geteiken word. Hierdie tipe inligting help ons dan om 'n begrip te kry van die omvang van hierdie gedrag en hoe dit oor die jare verander het."  

Lindiwe sê sy is innig dankbaar vir die OSF-toekenning en streef daarna om 'n stem van bemoediging te wees vir al die klein seuntjies en dogtertjies van kleur wat, soos sy, in haar grootwordjare ontmoedig is om 'n loopbaan in die wetenskappe te volg omdat “dit te moeilik is".

“Alhoewel ek nog nie my droom bereik het om 'n orkaspesialis te wees nie, is ek nou goed op pad," sluit sy af.