中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nuwe EBW-visedekane prioritiseer studente sukses en betrokke navorsing
Outeur: Daniel Bugan
Gepubliseer: 05/08/2024

Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) het onlangs prof Ada Jansen (Visedekaan: Leer en Onderrig) en prof Dieter von Fintel (Visedekaan: Navorsing, Nagraadse Sake en Internasionalisering) as deel van die senior leierskap by die Fakulteit verwelkom.

Beide Jansen en von Fintel wat van die Departement Ekonomie afkomstig is, het hul voorneme uitgespreek om nie net 'n veelseggende bydrae tot die Fakulteit te lewer nie, maar ook tot die samelewing as geheel.

Visedekaan: Leer en Onderrig

Ada Jansen - Vice Dean: Learning and Teaching

Jansen, die voormalige voorsitter van die Departement Ekonomie, het op 01 Julie 2024 haar rol as Visedekaan:Leer en Onderrig opgeneem.

“Dit is 'n groot eer om gekies te word om een van die belangrikste portefeuljes binne die grootste fakulteit op kampus te lei,” het Jansen gesê. “En al is hierdie taak ietwat skrikwekkend, glo ek vas dat ek in 'n posisie is waar ek 'n waardevolle bydrae kan lewer. Gedurende my jare in ho?r onderwys het my professionele reis gesentreer rondom die benutting van idees en innovasies om leer- en onderrigpraktyke te bevorder. Ek het nog altyd 'n groot belangstelling in leer-, onderrig- en assesseringspraktyke gehad en my akademiese loopbaan weerspie?l my verbintenis tot die bevordering van akademiese uitnemendheid, leer- en onderriginnovasie en studentgesentreerde leer.”

Sy het bygevoeg: “Ek glo ook vas dat ons almal lewenslange leerders is wat voortdurend ontwikkel en aanpas om beter leer-, onderrig- en assesseringsteorie? en -praktyke in te lig. Uiteindelik is alles wat ons doen daarop gemik om ons studente te bevorder om 'n transformerende ervaring te ondergaan wat hulle sal voorberei op die wêreld van werk en om by te dra tot die welstand van ons samelewing.”

As die nuwe Visedekaan poog Jansen om leer-, onderrig- en assesseringspraktyke te ontwikkel en te verbeter wat studentesukses 'n hupstoot sal gee.

“Sommige inisiatiewe waarmee ons begin het en beplan om uit te brei, sluit in verbeterde en meer holistiese akademiese advies- en ondersteuningsdienste aan studente. Ek hoop om nog verskeie inisiatiewe te bestuur en strukture te vestig om onderrig en leer in ons fakulteit holisties te ondersteun. Die doel is om studente geleenthede te bied om hul potensiaal te verwesenlik sodat hulle op individuele en maatskaplike vlak 'n bydrae kan lewer.”

“Sommige inisiatiewe waarmee ons begin het en beplan om uit te brei, sluit in verbeterde en meer holistiese akademiese advies- en ondersteuningsdienste aan studente. Ek hoop om nog verskeie inisiatiewe te bestuur en strukture te vestig om onderrig en leer in ons fakulteit holisties te ondersteun. Die doel is om studente geleenthede te bied om hul potensiaal te verwesenlik sodat hulle op individuele en maatskaplike vlak 'n bydrae kan lewer.”

Visedekaan: Navorsing, Nagraadse Sake en Internasionalisering

Dieter von Fintel - Vice Dean: Research, Postgraduate Affairs and Internationalisation

Von Fintel is op 01 Augustus 2024 as Visedekaan: Navorsing, Nagraadse Sake en Internasionalisering aangestel. Benewens sy nuwe rol, sal hy voortgaan met sy rolle by ReSEP (Research on Socioeconomic Policy) en LEAP (Laboratory for the Economics of Africa’s Past) waar hy nagraadse studies ko?rdineer en navorsing doen.

As die nuwe Visedekaan is hy daarvoor verantwoordelik om strategiese energie aan navorsingsaktiwiteite binne die Fakulteit te gee.

“Ek hoop om ons potensiaal te ontsluit en baie van ons navorsers se aktiwiteite meer sigbaar te maak. Ek wil graag nuwe geleenthede skep, maar ook sinergie tussen bestaande navorsingaktiwiteite in verskillende omgewings verseker,” het von Fintel gesê. “'n Groot deel van my rol is om toesig te hou oor ons PhD-onderwysproses van toelating tot graduering. Ek glo PhD-kandidate dra aansienlik by tot die navorsingsprofiel van 'n universiteit, maar bou ook die talentpoel wat ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling in Suid-Afrika en die vasteland bevorder. Ek is ook verantwoordelik vir internasionaliseringsinisiatiewe en gee struktuur aan die samewerkende verhoudings wat ons in navorsing en onderrig met internasionale universiteitsvennote het.”

Hy het gesê sy rol behels ook om opkomende navorsers te help om in selfvertroue te groei en hul nis in die navorsingsruimte te vind.

“Dit kan moeilik wees wanneer fakulteitslede druk ervaar om te publiseer, maar nie noodwendig betrokke voel by hul onderwerpe nie. Ek hoop dat jong navorsers navorsing meer stimulerend en boeiend sal begin vind, en ek glo ek het baie om te bied in terme van my ervaring in hierdie verband. Vir hierdie doel glo ek dat ons bestaande sinergie? en vennootskappe tussen gevestigde en opkomende navorsers en oor omgewings heen kan verbeter.”

Hy het bygevoeg dat hy graag wil hê dat die Fakulteit se navorsing meer sigbaar moet wees vir die res van die universiteitsgemeenskap en die wêreld in die algemeen.

“Hoekom goeie dinge in tydskrifartikels wegsteek? Ons navorsing kan baie meer impak hê in seminare, die media en openbare bespreking. Ek beoog ook om noukeurig na ons PhD- en Meestersaanbod te kyk en maniere te vind om aan markvereistes vir hoogs geskoolde individue te voldoen, veral in 'n veranderende wêreld van werk en 'n veranderende ho?ronderwyslandskap. 'n Sentrale deel van my rol is om die omgewing te skep om gegradueerdes op te lei om navorsers en vaardige praktisyns te word. 'n Belangrike komponent wat al hierdie aktiwiteite ondersteun, is om strategiese internasionale verhoudings te versterk om samewerking in beide navorsing en nagraadse leer te verbeter.”

Beide Jansen en von Fintel sal in die toekoms 'n leidende rol speel in die vorming van die Fakulteit se werksaamhede.