中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sosiale media se rol in adolessente se geestesgesondheid steeds onduidelik
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Alec Basson]
Gepubliseer: 25/07/2024

Hoewel daar 'n effense dog betekenisvolle positiewe verband bestaan tussen angs en depressie by adolessente en die tyd wat hulle op sosiale media spandeer, asook hulle deelname op verskillende platforms, is dit steeds onduidelik of sosiale media die oorsaak van die huidige geestesgesondheidskrisis onder jongmense is.

In 'n studie wat onlangs in die mediese joernaal JAMA Pediatrics verskyn het, waarsku navorsers van die Universiteit van Cambridge en die Universiteit Stellenbosch (US) daarteen om betroubare gevolgtrekkings te maak oor die verband tussen die gebruik van sosiale media en geestesgesondheid.

Hulle het 143 studies oor die verband tussen sosiale media en die geestesgesondheid van meer as een miljoen adolessente wat tussen 2007 en 2023 in Engels verskyn het, nagegaan. Hulle het op artikels gefokus wat ten minste een kwantitatiewe maatstaf van sosiale media gebruik (tyd spandeer, aktiewe teenoor passiewe gebruik, aktiwiteit, inhoud, gebruikerspersepsie en ander) en internaliserende simptome (angs, depressie of albei) gemeld het.

Die navorsers wys daarop dat een uit elke vyf kinders en adolessente wêreldwyd aan 'n geestesgesondheidstoestand ly – meestal versteurings soos angs of depressie. Hulle voeg by dat daar toenemende kommer is dat sosiale media, wat nou alomteenwoordig is (97% van jongmense is daaglikse gebruikers), die huidige agteruitgang in geestesgesondheid versnel.

In reaksie op wydverspreide kommer oor die invloed van sosiale media op adolessente se geestesgesondheid, het die meeste navorsing adolessente uit die algemene bevolking bestudeer en kliniese groepe, dit wil sê diegene wat 'n diagnose vir angs en depressie of 'n verwante internaliseringsversteuring ontvang het (ongeag of hulle in daardie stadium aktief behandeling gesoek het), oor die hoof gesien.

"Ons studie toon 'n beduidende gaping in navorsing oor kliniese bevolkings, 'n belangrike gaping gegewe die toenemende openbare kommer oor die toename in ernstige geestesgesondheidskwessies onder adolessente. Die gebrek aan bewyse beperk die toepaslikheid van huidige navorsing en belemmer ons vermo? om die impak van sosiale media op geestesgesondheid in beide kliniese en algemene bevolkings te evalueer en te vergelyk," sê een van die medeskrywers, dr Douglas Parry van die Departement Inligtingwetenskap aan die US.

"Ons het bevind dat 11% van die studies kliniese groepe ondersoek het, terwyl 88% adolessente uit die algemene bevolking gewerf het.

"Adolessente met angs en depressie op kliniese vlak ervaar dikwels groter sosiale onttrekking, slaapprobleme, lae selfbeeld, verhoogde vatbaarheid vir portuurgroep-invloed en oormatige oorpeinsing in vergelyking met hulle portuurgroep in die algemene bevolking. Hierdie simptome kan hulle interaksie op sosiale media en die invloed daarvan op hulle geestesgesondheid verander, maar daar is nie genoeg navorsing gedoen wat op hierdie groep fokus om te weet of dit die geval is nie."

Volgens die navorsers het die bevindinge van hierdie studie die matige tot ho? vlakke van veranderlikheid beklemtoon wat tipies aan hierdie navorsingsgebied is.

Hulle sê wetenskaplike navorsing wat die invloed van sosiale media op adolessente se geestesgesondheid ondersoek, het nie daarin geslaag om duidelikheid te bied nie.

"Ondanks ons aanvanklike bevindings, is daar steeds 'n werklike risiko dat ons resultate van die algemene bevolking verkeerdelik na jongmense met geestesgesondheidstoestande veralgemeen."

Hulle wys daarop dat die potensi?le impak van hulle bevindings verder as navorsing strek en ook kliniese praktyk en beleidformulering kan be?nvloed.

"Vir klinici kan meer navorsing oor kliniese groepe strategie? vir pasi?ntkonsultasies en gesinsopvoeding verryk, wat die integrasie van sosialemediabestuur in behandelingsplanne moontlik maak," sê die navorsers.

"Vir beleidsmakers kan dit help om beleide te formuleer vir veiliger sosialemediaplatforms asook finansi?le toewysings aan geestesgesondheidsprogramme vir adolessente wat die kwesbaarste is."

"In 'n wêreld wat toenemend deur digitale tegnologie versadig word, kan ons nie bekostig om voorkomingsprogramme, intervensies en regulasies te ontwerp sonder om te weet of dit vir almal en veral vir diegene wat die kwesbaarste is, werk nie," voeg die navorsers by.

  • ?Bron: Luisa Fassi; Kirsten Thomas; Douglas A. Parry; Amelia Leyland-Craggs; Tamsin J. Ford & Amy Orben 2024. Social Media Use and Internalizing Symptoms in Clinical and Community Adolescent Samples. A Systematic Review and Meta-Analysis. JAMA Pediatrics. doi:10.1001/jamapediatrics.2024.2078