中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US-student werk saam met GreenPeace-stigting SA om honger studente kos te gee
Outeur: Tendani Tshauambea
Gepubliseer: 23/07/2024

Francisca Darkoh, 'n student aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat 'n voedselonderneming genaamd FoodbyFranniDee bedryf, het onlangs in vennootskap met die GreenPeace-stigting SA 'n sopkombuis op kampus gere?l vir Mandeladag.

Darkoh, wat tans met haar MSc in Fisiologiese Wetenskappe besig is, het dit haar missie gemaak om een van die Doelwitte vir Volhoubare Ontwikkeling, #Zero-hongersnood, aan te pak deur studente gedurende moeilike tye van die jaar met maaltye by te staan. Dit is veral gedurende registrasie en in die eksamentyd wanneer dit vir baie studente met finansi?le probleme selfs 'n nog groter uitdaging is om kos te bekostig.

Hoewel daar beplan word om die sopkombuis so gereeld as moontlik aan te bied, is dit tans net haalbaar om dit een keer per maand te hou. Dit is sover twee keer gehou en het elke keer met ? gedenkdae saamgeval - Jeugdag in Junie en Mandeladag in Julie. 

As 'n Mandela Rhodes-beurshouer wat al in verskeie studenteleierskapsposisies gedien het, kon Darkoh haar vaardighede inspan en haar toegang tot hulpbronne en finansiering aanwend om die sopkombuis te re?l. 'n Span vrywilligers, waaronder Darkoh se suster en ander studente van die Senior Leefruimtes (SLR)-kluster, het gehelp met die voorbereiding en kookwerk. "Dit was goed om te sien hoe mense wat ek nog nooit vantevore ontmoet het nie, bymekaar kom en sê, 'Fran, ons is hier om jou by te staan'," vertel sy.

"Ek wou nog altyd teruggee, want ek het nie tot hier gekom net deur my eie krag nie. Dit is danksy mense wat hier en daar ingespring het en my na plekke genooi het. Ek het hierdie begeerte gehad om dankie te sê." Darkoh het uit haar eie ervaring as student geput en sê: "Ek weet mense sukkel in hierdie tyd, met sommige wat huis toe gaan en ander wat in die koshuis agterbly. As mense op kampus rondsit, beteken dit dikwels hulle het nie geld om huis toe te gaan nie en hulle het nie geld vir kos nie."

Liyabona George, 'n BA-honneurs student in Frans wat by die sopkombuis was, het haar waardering uitgespreek. "Dit was 'n goeie manier om verhoudinge met mense te bou, saam te sit en brood te breek. Dit was oor die algemeen 'n positiewe ervaring en ek voel dat meer sulke geleenthede in tye soos hierdie gehou moet word om te help om die voedselsekerheidsuitdaging aan te spreek wat baie studente in die gesig staar."

Siyabonga Masango, 'n studenteleier in die SLS-kluster en 'n vrywilliger wat met die voorbereiding gehelp het, stem saam met George. "Dit was 'n wonderlike inisiatief, veral in hierdie tyd omdat studente met voedselsekerheid sukkel. Hierdie projek het gehelp waar dit kon, en honderde studente is bedien."

"Ek het besluit om kos te maak wat ek en my vriende ook wil eet," sê Darkoh oor haar maaltydvoorbereiding vir die sopkombuis. Dit was belangrik om die waardigheid van die studente te respekteer deur kos van 'n goeie gehalte te bedien. Sy kon meer as 200 maaltye voorsien, met nog kos wat oorgebly het vir die studente om later te geniet.

Benewens die gemeenskapsbou-eienskap, is die Jeugdag-sopkombuis 'n voorbeeld van drie van die US se waardes, billikheid, deernis en respek, in aksie. "Hierdie inisiatief is veral belangrik vir senior studente wat minder beurse en finansi?le ondersteuning ontvang. Ons het opgemerk dat baie senior studente vir die sopkombuis opgedaag het, wat daarop dui dat wanneer ons deur middel van hierdie soort verenig, dit tot groot voordeel vir die SLR-gemeenskap kan wees," sê Masango ten slotte. 

??