中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
CISU-deelnemers skitter in Suid-Afrikaanse Chinese Bridge-eindronde
Outeur: CISU
Gepubliseer: 11/07/2024

?In vanjaar se aflewering van die Chinese Bridge-wedstryd vir universiteitstudente en skoolleerders van oor die hele Suid-Afrika het deelnemers van die Confucius-instituut by die Universiteit Stellenbosch (CISU) weer uitmuntend presteer. CISU-inskrywings het in elk van die wedstrydkategorie? onder die eerste drie ge?indig.

Die Chinese Bridge-wedstryd word deur die Chinese ambassade in Suid-Afrika gere?l en deur drie verskillende Confucius-institute en -klaskamers in die land aangebied. Dit dien as 'n vertoonvenster vir deelnemers se Chinese taal- en uitvoeringsvaardighede. In die maande voor die wedstryd het deelnemers van die Universiteit Stellenbosch en skole in die Kaapse Wynland-distrik intense opleiding ontvang deur CISU se uitreikprogramme, wat deur onderwysers in die distrik gefasiliteer word.

Chinese Bridge beoog om 'n brug tussen nasies te bou en begrip en kulturele skakeling te bevorder. Sedert die bekendstelling van die wedstryd, wat jaarliks meer as 100 miljoen gehoorlede lok, het oor die 1,4 miljoen studente van meer as 150 lande al daaraan deelgeneem.

String pryse ingeoes

In die wedstryd vir Suid-Afrikaanse universiteitstudente, wat op 17 Mei in Kaapstad aangebied is, het Jessica Grace Gascoyne Clarke van CISU tweede ge?indig (in blou op foto hier onder), terwyl Ashiquah Norodien (in rooi) 'n aansporingstoekenning ontvang het. Jessica sal die geleentheid hê om later vanjaar na China te reis om die internasionale eindronde by te woon. 

Laerskoolleerders het op 7 Junie 'n kans gekry om hulle vaardigheid in Chinees te toon by die Suid-Afrikaanse eindronde in Durban. CISU-deelnemers Kay-Lee Verna Pietersen, Akeelah Nikitha Adams en Shailo-Jay Halley Fritz, ál drie van die Primêre Skool Rietenbosch in Cloetesville, het indrukwekkende vertonings gelewer (op foto hier onder saam met onderwysers van CISU en Rietenbosch). Kay-Lee en Akeelah is as naaswenners aangewys, en Shailo het 'n uitnemendheidstoekenning ontvang.

CISU se ho?rskooldeelnemers, wat op 16 Junie in Johannesburg meegeding het, het ook baie om op trots te wees. Met haar voortreflike uitvoering het Mpemnyama Piko Hlobisa ('Cai Yi') van die Sekondêre Skool Makupula in Kayamandi (in rooi op foto hier onder) die eerste prys gewen en daarmee haar plek in die internasionale eindronde in China verseker. Carmen Paige Harris van die Rynse Ho?r Meisieskool was derde, en Taliah Evelyn Demirah van Worcester Gimnasium het 'n uitnemendheidstoekenning ontvang (weerskante van Cai Yi op die foto hier onder).

Hef ons jeug op

Hierdie uitstekende prestasies deur Universiteit Stellenbosch-studente en plaaslike skoolleerders getuig van die enorme potensiaal van ons jeug, die onwrikbare steun deur CISU-personeel, en die kundige taalopleiding deur die Chinees-onderwysers.

CISU bly daartoe verbind om begaafde jongmense te koester en op te hef deur internasionale onderwys en geleenthede in die buiteland 'n werklikheid te maak. Die beskikbare voortgesette opvoedkundige steun sluit in skoolvoorbereidingsprogramme in die Chinese taal en kultuur, geborgde taalkursusse by 256 Chinese universiteite vir ho?rskoolleerders en volwassenes, en volkostebeurse op tersiêre vlak vir studieprogramme met hetsy Chinees of Engels as onderrigtaal. Die finansi?le bystand verbonde aan hierdie programme is beduidend.