中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Donateur laat R50 miljoen na aan die Universiteit Stellenbosch
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 08/07/2024

Vir talentvolle voorgraadse en nagraadse studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Teologie en Musiekdepartement lyk die toekoms rooskleurig danksy ? reuseskenking van R50 miljoen wat aan die Universiteit bemaak is in ? donateur se laaste testament.

“Ons praat gereeld oor die transformatiewe mag van gee – en hier sien ons dit in aksie," sê Karen Bruns, Senior Direkteur: Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge by die US. “Die donateur het gekies om anoniem te bly en, alhoewel ons daarvan sou gehou het om die persoon met hierdie toekomsvisie in die openbaar te benoem en vereer, sal ons hul wens respekteer," sê Bruns. “Ons is egter ongelooflik dankbaar. Hierdie wonderlike geskenk van opvoeding sal ongetwyfeld sorg vir ? blywende nalatenskap."

Volgens Hugo Steyn, die US se Waarnemende Direkteur: Vername Skenkings, is die R50 miljoen spesifiek geoormerk vir beurse aan finansieel-benadeelde voorgraadse en nagraadse studente aan die Fakulteit Teologie en die Musiekdepartement.

“Die fondse sal belê word en ? volhoubare jaarlikse inkomstestroom skep waarby talle teologie- en musiekstudente in die toekoms sal baat vind. Die eerste rondte van fondse sal binnekort beskikbaar wees en ons behoort vanaf 2025 beurse te kan toeken," verduidelik Steyn.

“Beursprogramme is van kardinale belang om toegang tot ho?r onderwys te bied. Hierdie programme oorbrug die finansi?le gaping vir talentvolle studente en verseker sodoende dat hul potensiaal nie gefnuik word deur ekonomiese beperkings nie," voeg hy by.

“Godsdienstige gemeenskappe speel steeds 'n deurslaggewende rol op ons vasteland en spesifiek om die oproepe vir geregtigheid, vrede en genesing na te streef. Dit het by tye hierdie oproep gefaal deur bloot sy eie belange te dien. Hierdie skenking sal verseker dat die nougesette studie van hierdie gemeenskappe en die vorming van die leiers daarvan in dialoog met al die verskillende wetenskappe en verskillende wêreldbeskouings plaasvind, ten einde die gemeenskaplike belang te dien. Die skenker moet geloof word vir hierdie nalatenskap vir geslagte wat kom. Dit sal 'n diep spoor in ons land en op ons vasteland laat," sê prof Reggie Nel, Dekaan van die Fakulteit Teologie.

Volgens prof Mario Nell, voorsitter van die Musiekdepartement, is beurse vir studie in musiek baie belangrik. "Dit help om finansi?le struikelblokke uit die weg te ruim, bevorder gelyke geleenthede en help met die bevordering van uitnemendheid in die musiekkunste. Beurse kan ondersteuning bied aan toegewyde studente om hul volle potensiaal te ontsluit, en uiteindelik die bre?r gemeenskap met hul talent verryk, wat bydra tot maatskaplike samehorigheid deur middel van kulturele aktiwiteit – 'n visie wat ons by die US Musiekdepartement as noodsaaklik beskou."

Professor Wim de Villiers, die US se Rektor en Visekanselier, het sy waardering uitgespreek vir die donateur se vrygewigheid. “Hierdie skenking aan ons universiteit sal talentvolle studente in staat stel om hul teologiese en musikale doelwitte na te streef sonder finansi?le bekommernisse. Die donateur se visie en onwrikbare toewyding aan ho?r onderwys in Suid-Afrika is ? inspirasie."