中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sosiale Impak: Prof Eileen Africa bevorder kinders se beweging
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 05/07/2024

In die lig van die Universiteit Stellenbosch (US) se fokus op sosiale impakbewustheid in Julie, vier hierdie reeks profiele merkwaardige individue en spanne wat ? betekenisvolle bydrae buite die Universiteit se mure lewer. Die onlangse eerste Sosiale Impak-toekennings het erkenning gegee aan akademiese en professionele administratiewe ondersteuningsdienste-personeel (PASS) van die US wat positiewe verandering in diverse lewensfere bevorder.

Prof Eileen Africa van die Afdeling Bewegingskunde en Oefenterapie aan die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe was een van die wenners in die Spanleier-kategorie van die Sosiale Impak-toekennings. Sy het erkenning ontvang vir KIDSMove, ? inisiatief wat ten doel het om grondslagfase-kinders se groot motoriese vaardighede te verbeter. Die program fokus daarop om kinders met ? verskeidenheid van uitdagings holisties deur beweging te ontwikkel. Groot motoriese ontwikkeling en sportspesifieke vaardighede vorm die kernkomponente van die program.

Baie geluk met die Sosiale Impak-toekenning. Hoe het jy gevoel toe jy daarvan uitgevind het?

Ek was opreg verras toe ek die e-pos oor die toekenning sien. Ek het dit nie sien kom nie. Hierdie onverwagte erkenning maak dit nog meer spesiaal en onvergeetlik.

Kan jy ons meer vertel oor die inspirasie agter die KIDSMove-inisiatief en hoe dit tot stand gekom het?

KIDSMove is 12 jaar gelede gebore uit ? diep passie vir kinders se algehele ontwikkeling en ? sterk toewyding om ? positiewe impak te maak, veral in gemeenskappe met gebrekkige hulpbronne. Ons het met een skool in die Wes-Kaap begin en tot op hede het ons dit tot meer as 20 terreine uitgebrei en ? impak gemaak. My dryfkrag spruit uit ? opregte begeerte om kinders se bewegingsvaardighede te verbeter en ek het die geleentheid aangegryp om hierdie inisiatief te skep en verskeie terreine in en om Stellenbosch en Tygerberg gevestig. Ek heg waarde aan die deurslaggewende rol wat liggaamlike aktiwiteit en beweging in kinders se groei en ontwikkeling speel. Deur prettige en interaktiewe aktiwiteite met ontwikkelingsdoelwitte te integreer, het KIDSMove ten doel om kinders te ondersteun in die ontwikkeling van noodsaaklike groot motoriese vaardighede, asook in die bevordering van ? liefde vir beweging en van algehele welstand.

Hoe het die KIDSMove-inisiatief die lewe van die betrokke kinders be?nvloed?

KIDSMove het oor die afgelope paar jaar ? diepgaande positiewe impak op kinders met uiteenlopende agtergronde en vermo?ns gehad. Deur hul fundamentele motoriese vaardighede te verbeter, hul selfvertroue ? hupstoot te gee en hul algehele welstand te verbeter, het die inisiatief ? beduidende verskil in hul lewe gemaak. Die ware sukses van KIDSMove lê nie in een spesifieke terrein nie, maar in die gesamentlike prestasies van al ons terreine. Elkeen bied waardevolle en unieke dienste aan kinders wat andersins nie toegang tot gestruktureerde, weldeurdagte programme het nie, om te verseker dat elke kind die geleentheid het om noodsaaklike vaardighede te ontwikkel en in ? ondersteunende omgewing te floreer.

Watter persoonlike waardes of ervarings lê ten grondslag van jou toewyding om die lewe van kinders te verbeter en hoe vorm hierdie waardes jou benadering tot jou projekte?

My toewyding om die lewe van kinders te verbeter is diep gewortel in my persoonlike waardes en ervarings, wat deur my grootwordjare in ? klein bruin gemeenskap in Worcester gevorm is. In ? gemeenskap waar hulpbronne dikwels beperk was, het ek die waarde van veerkragtigheid, vasberadenheid en die transformerende krag van bemagtiging geleer. My passie om kinders te bemagtig is gegrond in die fundamentele oortuiging dat elke kind billike toegang tot geleenthede verdien, ongeag hul omstandighede. Dit dryf my toewyding om programme te skep wat nie net toegang tot liggaamlike aktiwiteite en bewegingsprogramme bied nie, maar ook ? gevoel van behoort en van moontlikheid skep. Deur inklusiewe, gemeenskapsgesentreerde inisiatiewe streef ek daarna om ? generasie van veerkragtige, ingeligte individue te inspireer wat toegerus is om positiewe bydraes tot hul eie gemeenskappe en die bre? samelewing te maak.

Jy het ? punt daarvan gemaak om jou span te bedank toe jy die Sosiale Impak-toekenning aanvaar het. Watter rol speel hulle in KIDSMove se sukses?

My span speel ? integrerende rol in KIDSMove se sukses. Hulle kundigheid en passie vir die ontwikkeling van kinders dryf hierdie inisiatief vorentoe. Oop kommunikasie, die aanmoediging van kreatiewe insette en die handhawing van ? ondersteunende omgewing is vir my baie belangrik. Gereelde spanvergaderings, gedeelde doelwitte en deurlopende professionele ontwikkeling help my span om op koers en gemotiveerd te bly. Elke spanlid se unieke vaardighede en perspektiewe en hul onvermoeide werksetiek dra tot die algehele sukses van KIDSMove by. Dit skep ? verenigde en dinamiese groep wat daartoe verbind is om ? positiewe impak te maak in die lewe van die kinders wat ons dien. Die kameraadskap in ons span is van deurslaggewende belang om ons visie in werklikheid te omskep en ek is ongelooflik trots en dankbaar vir hul harde werk en toewyding.

Kan jy ? paar hoogtepunte van jou reis in die akademie uitlig?

Ek is in 2007 aangestel, net nadat ek my doktorsgraad in Desember 2006 ontvang het. My reis as akademikus was ? warrelwind met nie baie ondersteuning nie. Daar was oomblikke toe daar regmerke in al die boksies was, maar ek tog voortdurend te kort geskiet het. Dit was moeilik en met tye redelik eensaam. My opregte passie vir my werk het my aan die gang gehou, veral wanneer dit kom by my studente en die gemeenskappe waarop hulle ? impak het. Ek kan nie genoeg dankie sê nie vir die ondersteuning van my akademiese mentor, prof Eugene Cloete, wat my in 2016 onder sy vlerk geneem het. Sy leiding was instrumenteel in my groei.

Ek het oor die afgelope jare ? paar belangrike mylpale behaal, soos om in 2022 ? ere-navorsingsgenoot by die Sentrum vir Sport, Oefening en Lewenswetenskappe aan die Coventry-universiteit te word. Ek was baie trots toe ek in 2023 tot medeprofessor bevorder is . Ek het onvermoeid aan hierdie doel gewerk en toe dit uiteindelik gebeur het, was dit ongelooflik lonend. Vanjaar het as ? merkwaardig gese?nde jaar met baie verrassings ontvou. Een daarvan was my keuring vir die gesogte SUNRISE-program [die US se program vir strategiese uitnemendheid in navorsing en innovasie], die eer om ? Fulbright-beurs te ontvang, asook die erkenning van ? Sosiale Impak-toekenning, wat alles my toewyding tot uitnemendheid en samelewingsimpak bevestig. Hierdie prestasies dien as voortdurende herinnering aan hoekom ek hierdie pad gekies het en hou aan om my te inspireer om grense te verskuif.

Watter planne het jy vir die uitbreiding van KIDSMove?

Kinders is ons volgende generasie volwassenes en ons moet in hul gesondheid en welstand belê. Die plan is om in die toekoms kollegas van verskeie departemente in ons Fakulteit en die bre?r Universiteit te nooi om by sommige van ons terreine en inisiatiewe betrokke te raak, wat ons studente in staat sal stel om saam met hulle te werk en ? kollektiewe impak te maak. Hierdie samewerking sal ons toelaat om ? holistiese benadering tot die KIDSMove-projek te volg deur diverse kundigheid en hulpbronne te integreer. Boonop kan ons ons impak tot buite ons grense uitbrei deur met plaaslike organisasies in Namibi? saam te werk, internasionale finansiering te bekom en loodsprogramme daar van stapel te stuur. Voorts wil ek graag plaaslike vrywilligers of selfs onderwysers in verskillende areas oplei om fasiliteerders te word om ons te help om KIDSMove se groei te bestuur.

Watter persoonlike belangstellings en stokperdjies buite jou beroep help jou om te ontspan en te herlaai?

As dit by ontspanning en herlaai kom, is daar niks soos die eenvoudige vreugdes wat my hart vul nie. Ek leef vir strandwandelinge tydens sonsopkoms en sonsondergang. Gesinstyd en liefkosings vir my yorkies is heilig. My man en twee pragtige dogters is my alles en ek beleef groot vrede en tevredenheid in hul teenwoordigheid. Ek is ook absoluut mal daaroor om foto's te neem – dit is my manier om aan al die betowerende oomblikke vas te hou.

FOTO: Prof Eileen Africa (middel) ontvang haar Sosiale Impaktoekennig van dr Zetu Mkize (Direkteur: Transformasie) en Renee Hector-Kannemeyer (Adjunkdirekteur: Sosiale Impak en Transformasie). (Foto deur Stefan Els geneem)