中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US-alumni aangestel in nuwe kabinet
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 04/07/2024

Drie alumni van die Universiteit Stellenbosch (US) is in Suid-Afrika se sewende administrasie aangestel.

Me Thembi Simelane is as minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling aangestel; dr Leon Schreiber as minister van Binnelandse Sake en dr Mimmy Gondwe as adjunkminister van Ho?r Onderwys. Simelane is sedert 2021 'n lid van die nasionale uitvoerende gesag en Schreiber en Gondwe sedert 2019.

Simelane het in 2001 'n nagraadse BPhil-graad (waarde-analise en beleidsformulering) aan die US voltooi, terwyl Schreiber 'n baccalaureusgraad in internasionale studie asook 'n honneurs- en 'n meestersgraad in politieke wetenskap aan die Universiteit behaal het. Gondwe het 'n meesters- en doktorsgraad in die regte aan die US verwerf.

Schreiber dien sedert April 2022 op die Universiteit Stellenbosch se Raad nadat hy deur lede van die US Konvokasie tot die Raad verkies is.

Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die US, het Simelane, Schreiber en Gondwe sowel as die nuwe minister van Ho?r Onderwys gelukgewens en hulle sterkte toegewens in hul nuwe rolle.

  • Dr Nobuhle Nkabane, wat as minister van Ho?r Onderwys aangestel is, het in 2017 'n uitvoerende onderwys-kursus van die Stellenbosch Bestuurskool Uitvoerende Ontwikkeling voltooi.