中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US moedig studente aan om aansoek te doen vir finansi?le bystand
Outeur: Centre for Undergraduate Bursaries
Gepubliseer: 03/07/2024

?Die Universiteit Stellenbosch (US) kondig graag aan dat huidige voorgraadse studente nou vir US-befondsingsgeleenthede vir 2025 kan aansoek doen.

Aansoekdatums

  • Huidige studente: Aansoeke is vanaf 1 Julie 2024 – 30 September 2024 oop
  • Voornemende studente: Aansoeke is slegs vanaf 1 31 Oktober 2024 oop

Die US moedig alle huidige en voornemende studente aan om aansoek te doen vir beurse vir 2025. Befondsing word op grond van finansi?le behoeftes en/of akademiese meriete toegestaan.

Alle aansoekers word versoek om eers die inligting oor die aansoekproses en watter ondersteuningsdokumente benodig word, op die webwerf van die US se Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings (SVBL) na te gaan. 'n Student se unieke, agt-syfer US-studentenommer sal toegang tot die aanlyn aansoekportaal bied. Die aansoekproses is toeganklik en gebruikersvriendelik en sodra al jou ondersteuningsdokumente gereed is om opgelaai te word, neem dit net sowat 15 minute om die vorm te voltooi.

Volgens Bianca Andrews, Hoof: Institusionele en Korporatiewe Fondse, het hulle verlede jaar net meer as 9 000 aansoeke om finansi?le bystand ontvang. “Die vaartbelynde proses het hindernisse uit die weg geruim en verseker dat elke student 'n gelyke kans gehad het om aansoek te doen."

Andrews sê die SVBL bestuur en administreer ook beurse vir eksterne skenkers volgens spesifieke kriteria, insluitende finansi?le behoefte, akademiese prestasie en leierskap. Om vir een van hierdie beurse in aanmerking te kom, moet aansoekers 'n bykomende unieke aansoekvorm voltooi en dit op die toepaslike plek gedurende die aanlyn aansoekproses oplaai. Daar is ook verskeie US-familiebeurse beskikbaar vir studente wat aan die vereistes voldoen..

 “Ons sien uit daarna om die befondsingsaansoeke vir 2025 te ontvang en sal volhou in ons strewe om studente op hulle akademiese reis by te staan," sê Andrews.

Let asseblief daarop dat US-befondsing beperk is en 'n aansoek jou nie van befondsing waarborg nie. Vir meer inligting, besoek gerus die SVBL  se webwerf.

Vir befondsingsnavrae, skakel die US-kli?ntediens by 021 808 9111 of stuur 'n e-pos na info@sun.ac.za. Indien jy 'n e-pos stuur, gebruik asseblief die volgende onderwerpre?l en vervang “#" met jou US-studentenommer: # / SUFO-25. Dit sal ons help om doeltreffend op jou navraag te reageer.

Kliek hier om nou aansoek te doen.