?
Die voorsitter van die Departement Joernalistiek, prof Herman Wasserman, het hom internasionaal onder die leiers op sy gebied gevestig met die onlangse A-gradering wat hy van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) ontvang het. Die NNS bevorder Suid-Afrikaanse navorsings- en innovasiebelange regoor die land en internasionaal. Een van die maniere waarop hulle dit bewerkstellig, is deur Suid-Afrikaanse akademici in vergelyking met hulle eweknie? regoor die wêreld teen ? rigpunt te beoordeel.
Prof Wasserman se A2-gradering plaas hom internasionaal onder die leiers op sy gebied. NNS-graderings word toegeken op grond van ? navorser se navorsingsuitsette en -impak, soos deur internasionale eweknie-resensente beoordeel. Die graderingstelsel ken navorsers uit wat onder die leiers op hulle kundigheidsgebied gereken word en verleen erkenning aan diegene wat deurlopend navorsingsuitsette van ho? gehalte lewer. Die A-kategorie is die hoogste graderingskategorie en dui aan dat ? navorser as een van die beste in die wêreld op hulle spesifieke gebied gereken word. Navorsers met A-graderings word onomwonde deur hulle eweknie? vir die ho? gehalte en impak van hulle navorsingsuitsette as die voorste internasionale vakkundiges op hulle gebied erken. Dit is ? beduidende mylpaal vir prof Wasserman en bekragtig die Universiteit Stellenbosch (US) se nasionale en internasionale navorsingsreputasie. Volgens die US se Afdeling Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies het die Universiteit tans 21 navorsers met A-graderings (A1- en A2-graderings) op die akademiese personeel. “? Fakulteit is net so goed as wat sy menslike kapitaal is. Dit is enige fakulteit se belangrikste bate. Die prestasie versterk die reputasie van die fakulteit as een met uitsonderlike navorsingsvakkundiges op die personeel,” sê die Dekaan van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, prof Anthony Leysens.
Dit is ? besondere prestasie vir prof Wasserman – iets wat hy, volgens hom, op prys stel en sal geniet. “Ek beskou dit as een van die hoogtepunte van my loopbaan, aangesien dit gegrond is op die eerlike, anonieme assessering van my werk deur ? groep internasionale eweknie?. Dit is vir my as individu ? enorme eer om as ? internasionale leier op my gebied beoordeel te word, maar dit verleen ook erkenning daaraan dat die navorsing wat in Suid-Afrika gedoen word, sy man internasionaal op die gebied kan staan,” sê prof Wasserman.
Só ? groot toekenning of prestasie beteken nie die einde van iemand se akademiese prestasie of loopbaanreis nie; dit is eerder ? voortsetting van die uitnemende reis wat steeds voortgaan om nuwe terreine te verken. Prof Wasserman werk tans aan ? paar projekte wat met disinformasie, media en informasie-integriteit verband hou. Hy staan aan die hoof van ? groep internasionale navorsers in ? multinasionale projek oor inligtingsversteuring in die Globale Suide en is, in samewerking met internasionale navorsers, praktisyns soos feitekontroleerders en joernaliste, en nagraadse studente, betrokke by verskeie ander projekte wat op disinformasie gerig is. Hy is opgewonde oor die nuwe ontwikkelinge op die gebied van joernalistiek en mediastudies en die uitdagings en geleenthede wat dit vir die gebied inhou. “Ons wil prof Herman Wasserman gelukwens. Dit beteken baie vir die US, nie net om ons poel van professors met A-graderings op 21 te hou nie, maar ook om die profiel en navorsingsimpak van die Universiteit te verhoog. Volgens Google Scholar het prof Wasserman ? sitaattelling van 5 927 met ? H-indeks van 40. Dit alles terwyl hy as die voorsitter vir Joernalistiek dien en ? loopbaan in mediapraktyk en navorsing opbou,” sê prof Sibusiso Moyo, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies aan die Universiteit Stellenbosch.
Toe hy gevra is vir besielende woorde vir die volgende geslag navorsers aan die Universiteit Stellenbosch, was prof Wasserman beskeie en nederig. “Dit klink dalk soos ? cliché, maar ? navorsingsloopbaan is ? marathon, nie ? naelloop nie,” sê hy. ? Navorser moet “hulle passie vind en op die lange duur daarby bly”. “Moenie bang wees om jou teen die beste op jou gebied op te weeg nie, ook nie om foute te maak nie – solank jy uit die proses leer. Wees waagmoedig en beweeg uit jou gemaksone uit, reik uit na eendersdenkende vakkundiges, vorm netwerke, en belê in medewerking. En bo alles, geniet wat jy doen,” sê hy. Namens die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe se akademiese, navorsings- en administratiewe gemeenskap en ook die Universiteit Stellenbosch as geheel, wil ons graag vir prof Herman Wasserman met sy jongste akademiese prestasie gelukwens en hom alle voorspoed vir die toekoms toewens.