中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US gee erkenning aan staatmakers met Sosiale Impak-toekennings
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 04/06/2024

Die Universiteit Stellenbosch (US) het onlangs die krag van betrokkenheid by die samelewing gevier met sy eerste Sosiale Impak-toekennings ter erkenning van die uitsonderlike bydraes van personeel wat tot maatskaplike vooruitgang toegewy is. Die toekennings het die kollig op die groot invloed van beide individuele en spanpogings laat val en projekte is bekroon wat die US se missie verder as die akademie en tot in die hart van gemeenskappe uitbrei. Die geleentheid, wat by Die Stal gehou is, het die Universiteit se verbintenis tot die bevordering van betekenisvolle vennootskappe en positiewe verandering in diverse sfere van die lewe benadruk.

Die Sosiale Impak-toekennings is in twee kategorie? verdeel – individuele toekennings wat erkenning aan drie uitstaande spanleiers verleen, asook ses toekennings aan verskillende spaninisiatiewe. Altesame 27 nominasies is vir die onderskeie toekennings ontvang.

Die geleentheid is deur senior US-personeel, lede van die Rektoraat en Senaat, asook Dekane bygewoon. Verteenwoordigers van die onderwyssektor, plaaslike regering en nie-regeringsorganisasies was ook onder die hooggeplaastes. Dr Leslie van Rooi, Senior Direkteur: Sosiale Impak en Transformasie, en prof Nico Koopman, Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel, het die belang van die plegtigheid uitgestippel deur te benadruk dat die Universiteit se strategiese prioriteite verder as die lesinglokale en laboratoriums strek.

Koopman het gesê sosiale impak is ? kollektiewe strewe van die Universiteit en sy maatskaplike vennote in verskeie lewensfere. “Die US is verbind tot kennis in diens van die samelewing," het hy benadruk. Hy het opgemerk dat dit nie net die samelewing is wat by die Universiteit se bydraes baat vind nie, maar dat die gemeenskap op sy beurt die US se navorsing, onderrig en innovasie verryk en rig. “Die Universiteit se impak word gekenmerk deur wisselwerking en wederkerigheid," het Koopman gesê.

Die drie individuele pryswenners het hulle toekennings van dr Zethu Mkhize, Direkteur van die Transformasiekantoor, en Renee Hector-Kannemeyer, Adjunk-direkteur: Sosiale Impak en Transformasie, ontvang.

Prof Eileen Africa van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het erkenning ontvang vir KIDSMove, ? inisiatief wat ten doel het om groot motoriese vaardighede van grondslagfase-kinders te verbeter. Die program fokus daarop om kinders met ? verskeidenheid van uitdagings holisties deur beweging te ontwikkel. Grootmotoriese ontwikkeling en sportspesifieke vaardighede vorm die kernkomponente van die program. Africa het gesê die toekenning was ? groot verrassing. “Ek voel ge?erd om dit te ontvang en ek sal voortgaan om die gemeenskappe in en om Stellenbosch te dien." Sy het haar span en studente bedank.

Merin Raju Jacob het die Sosiale Impak-toekenning aanvaar vir haar werk met die Stellenbosch Homelessness Forum (SHF), ? voorspraakgroep wat verlede jaar gestig is. Sy het hulle pogings beskryf om begrip en konsensus oor haweloosheidskwessies deur datagedrewe inisiatiewe te bevorder. “Ek werk saam met ongelooflike mense wat baie omgee en hulle kombineer daardie omgee met die moed om met die werklikheid te worstel," het Jacob gesê. Sy het gesê die SHF beplan om werksessies saam met verskeie gemeenskappe aan te bied, ? vennootskap met U-turn Homelessness Ministries aan te gaan om mense aan haweloosheid te help ontkom en saam met die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) aan die ontwikkeling van ? nasionale haweloosheidsbeleid te werk.

Janine Myburgh, senior administratiewe beampte by die Departement Siviele Ingenieurswese, is in die individuele kategorie vereer vir haar bydraes tot die Pni?l Erfenis en Kultuurtrust. Sy het gesê sy word deur haar passie en liefde vir die Pni?l-gemeenskap ge?nspireer. “Die visie van die Trust is om die verhale, die erfenis en die geskiedenis van die voormalige sendingstasie by Pni?l te bewaar en om br?e tussen gemeenskappe te bou. Ons re?l kulturele geleenthede en feeste en bied ? skryf- en ? kunsskool aan. Ons doen alles wat ons kan om die gemeenskap te betrek terwyl ons die verhale van ons voorvaders bewaar." Myburgh het die US bedank vir die instelling se betrokkenheid by gemeenskapsprojekte.

Die Sosiale Impak-spantoekennings het aan die volgende projekte gegaan: 

  • US se Regskliniek, in ontvangs geneem deur prof Theo Broodryk

Die Regskliniek vorm deel van die Fakulteit Regsgeleerdheid en is ? volwaardige regsfirma waar ongeveer 50 finalejaar-studente die geleentheid kry om praktiese ervaring op te doen. Hulle verskaf regsadvies en bystand aan behoeftige kli?nte met ? gespesialiseerde fokus op plaasuitsettings. Die US se Regskliniek is die eerste universiteitsregskliniek wat al ? groepsgeding van stapel gestuur het.

  • US se Chemie Uitreikinisiatief (SUNCOI), in ontvangs geneem deur dr Ebrahiem Botha en Jabu Lukhele

Die SUNCOI-inisiatief, wat begin is deur wyle dr Rehana Malgas-Enus, ? voormalige senior dosent in die Departement Chemie en Polimeerwetenskap aan die US, bevoordeel leerders van graad 4–12, veral dié van voorheen benadeelde skole wat nie toegang tot laboratoriumfasiliteite het nie. Die projek stel leerders in staat om praktiese chemiewerk te doen. SUNCOI bied werksessies vir onderwysers aan om die voorgeskrewe eksperimente uit te voer en om die teorie agter die konsepte wat hulle onderrig, te verstaan. Onderwysers word van chemiestelle voorsien sodat hulle saam met die leerders eksperimente in hulle klaskamers kan doen.

  • Ho?rskool-loopbaanvoorligting, in ontvangs geneem deur prof Aletta Odendaal, prof Tony Naidoo en dr Michelle Visser

Hierdie is ? gesamentlike inisiatief van die Departement Bedryfsielkunde (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) en die Departement Sielkunde (Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe) om hulpbronne vir loopbaanverkenning te verskaf. Die inisiatief het ontstaan uit ? behoefte om ondersteuning aan graad 9-leerders te bied wanneer hulle hul vakke vir die Verdere Onderwys en Opleidingfase (graad 10–12) van hulle skoolopleiding kies. ? Webwerf gekoppel aan ? YouTube-kanaal, Self-Directed Career Guidance Project, bied video's om graad 9-leerders met selfverkenningsaktiwiteite in ? beroepsvoorligtingsboekie te help.

  • Handlab, toekenning in ontvangs geneem deur Ayesha Ramjugernath namens Vanessa Reyneke

Handlab het die afgelope ses jaar onvermoeid in vennootskap met die dowe gemeenskap en onderwysowerhede gewerk om kurrikulummateriaal vir dowe leerders vir die skoolvak Suid-Afrikaanse Gebaretaal as Huistaal (graad R tot graad 12) te skep. Opvoedkundige materiaal bestaan uit videotekste van verskeie genres, onderrighulpbronne vir gebaretaalklasse en temagebaseerde en vakterminologie. Hierdie inisiatief het tot ? konstruktiewe verhouding tussen die US en die dowe gemeenskap gelei.

  • Desmond Tutu- Tuberkulose Sentrum (DTTC), toekenning in ontvangs geneem deur dr Lario Viljoen namens prof Anneke Hesseling

Die DTTC fokus op pediatriese tuberkulose en MIV-voorkoming en het verskeie sleutelinisiatiewe deur ? interdissiplinêre benadering onderneem om gesondheidskwessies in gemeenskappe aan te pak. Die Sentrum word as ? wêreldleier in pediatriese tuberkulosenavorsing erken en sy uitgangspunt is dat grondvlaknavorsing nooit onderskat moet word nie; insluitend werk met gemeenskappe en ondersoeke na die alledaagse uitdagings van mense wat deur TB en MIV besmet en geraak word.

  • Jong Entrepreneurskapsprogram-toekenning, in ontvangs geneem deur Sabrina Vinette en Adolph Neethling

Die Jong Entrepreneurskapsprogram (YEP) is ? gesamentlike inisiatief van die Departement Besigheidsbestuur aan die US en die Hogeskool Utrecjht in Nederland. Die program erken die unieke uitdagings van leerders in minderbevoorregte gebiede en werk aktief daaraan om die speelveld gelyk te maak om te verseker dat elke aspirant-entrepreneur ? geleentheid het om te floreer. YEP bied ? weg na ekonomiese onafhanklikheid, innovasie en gemeenskapsontwikkeling. Die inisiatief oorbrug die gaping tussen strewes en geleenthede.

FOTO: Stefan Els