中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Maties durf ‘uiterste menslike wedloop’ aan vir studente in finansi?le nood
Outeur: Corporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking [Anél Lewis]
Gepubliseer: 03/06/2024

Om byna 90 km opdraande vanaf Durban na Pietermaritzburg te hardloop, is geen geringe taak nie, maar vir 60 personeel, studente en alumni van die Universiteit Stellenbosch (US) is die Comrades-marathon, wat Sondag 9 Junie plaasvind, 'n geleentheid om bewustheid te skep en geld in te samel vir studente wat finansi?le ondersteuning nodig het om hulle studie te voltooi.

Hulle sal die uitmergelende op-wedloop van Durban na Pietermaritzburg as kampvegters vir die #Move4Maties-inisiatief aanpak om geld vir die "verlore middel"-studente in te samel wat nie kwalifiseer vir hulp van die regering se Nasionale Finansi?le Hulpskema vir Studente nie, maar wat nie hulle studiegeld kan bekostig nie.

“Met meer as 2 000 Maties wat hardloop en 60 kampvegters wat geld insamel, is ons 'n toonbeeld van die ware gees van die Universiteit Stellenbosch – om elke uitdaging in 'n geleentheid om 'n verskil te maak, te omskep," sê Alwin Mabuza, individuele en gereelde geldinsamelaar by Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge (OAB).

“Dit was 'n inspirerende reis om ons alumni vir die Comrades-marathon te organiseer. Maties is bekend vir hulle veerkragtigheid en krag, eienskappe wat helder skyn in die uitmergelende wedloop én ons verbintenis daartoe om studente in die 'verlore middel' te ondersteun. Net soos die marathon se 89 kilometer tussen Durban en Pietermaritzburg elke atleet uitdaag, staar studente wat tussen finansi?le hulp en bekostigbaarheid val, hulle eie opdraande stryd in die gesig."

Candice van Wijk, 'n US-alumna, neem aan haar eerste Comrades-marathon ten bate van hierdie goeie doel deel. "Ek is opgewonde en op my senuwees, maar 'Nakanjani' (vanjaar se slagspreuk wat 'ongetwyfeld' beteken), dit sal 'n buitengewone avontuur wees. Ek dra hierdie Comrades-marathon op aan die toekomstige dokters, rekenmeesters, politici en leiers wat op die oomblik nie die finansi?le middele het om verder te studeer nie."

Chris Zaayman, 'n voormalige NSFAS-begunstigde wat in Maart vanjaar met 'n MBA van die Stellenbosch Bestuurskool gegradueer het, sê hy weet maar alte goed hoe opvoeding 'n mens uit armoede kan lig en deure vir geleenthede kan open. Hy hardloop om soveel mense as wat hy kan, te help om ekonomiese uitsluiting te vermy. "'n Sukkelende ekonomie het (studente se) finansi?le uitdagings vererger en talentvolle en verdienstelike studente amper laat opskop. Maar saam kan ons hul trajek verander."

Zaayman is oorspronklik van Durban, maar is nou in Mkhondo gevestig waar hy saam met die Assegaai-marathonklub hardloop. "Hulle is 'n ongelooflike klomp en een van die mense saam met wie ek hardloop, Tannie Tessie, is in haar sestigs en hardloop vanjaar haar laaste Comrades. Sy is ook vir my 'n inspirasie." Hy sê om vir 'n goeie doel te hardloop, sal hom ook aanmoedig om die wenstreep te bereik. Oor hoe hy voel oor die taak wat voorlê, sê hy: "Nginovalo (ek is senuweeagtig), kodwa ngiyajabulisa (ek is opgewonde) en daar is nou min dae oor voor die wedloop."

Prof Ben Loos, hoof van die Departement Fisiologiese Wetenskappe, sal sy eerste op-wedloop aanpak in 'n  poging om minstens R20 000 vir wetenskapstudente in nood in te samel. "Dit was 'n moeilike begin van die jaar vir studente, met baie wat finansieel sukkel weens finansiering wat min en vertraag is. Ek het al baie studente gesien wat stilweg ook hulle gesinne by die huis ondersteun met die bietjie wat hulle wel ontvang. Hulle veerkragtigheid en deursettingsvermo? is inspirerend," sê hy op die GivenGain-platform.

Die wedloop sal ook aan Loos die geleentheid bied om by te dra tot sy departement se navorsing oor die biologie en fisiologie van die sel en die rol van oefening in die vermindering van die risiko vir die aanvang van neurodegeneratiewe siektes soos Alzheimer se siekte,

Oor die komende uitdaging sê Loos: "Hoewel ek die Comrades-marathon se ongelooflike gees van samesyn geniet, is dit vir my ook 'n viering van die lewe en om oor dít wat aanvanklik onmoontlik lyk, te se?vier."

Lumka Tshiki skryf op die GivenGain-platform dat sy vanjaar na haar derde Comrades-medalje mik ter ondersteuning van US-studente wat nie hulle studiegeld kan bekostig nie. "Ek glo 'n bietjie kan help om 'n verskil te maak," sê sy.

Daar is reeds meer as R44 000 ingesamel vir studente wat nie hulle klasgelde kan bekostig nie, maar nie vir staatsfinansiering kwalifiseer nie.

?