中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Regter Kollapen se Menseregtelesing bied stof tot nadenke oor 30 jaar van demokrasie
Outeur: Corporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Gepubliseer: 11/04/2024

?Op die vooraand van Suid-Afrika se herdenking van 30 jaar van demokrasie het die HF Oppenheimer Leerstoel in Menseregtereg die 18de jaarlikse Menseregtelesing by die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Regsgeleerdheid aangebied. Regter Jody Kollapen van die Konstitusionele Hof se lesing het gefokus op die kritieke kwessies van armoede en ongelykheid in Suid-Afrika en baie stof tot nadenke gebied.

Die lesing is bygewoon deur lede van die Rektoraat, insluitend die US se visekanselier en rektor, prof Wim de Villiers en die dekaan van die Regsfakulteit, prof Nicola Smit, asook prof Sandra Liebenberg (bekle?r van die HF Oppenheimer-leerstoel in Menseregte), lede van die regbank, Verenigde Nasies-agentskappe, burgerlike organisasies, akademici en studente.

Kollapen het in sy toespraak die historiese konteks van Suid-Afrika se oorgang van apartheid na demokrasie belig, met spesifieke verwysing na die land se grondwetlike verbintenis tot inklusiwiteit, gelykheid en sosiale geregtigheid. Hy het die hoop beklemtoon wat miljoene Suid-Afrikaners ná die eerste demokratiese verkiesing in 1994 gehad het dat die Grondwet apartheid se ongeregtighede sou vervang met radikale maatskaplike geregtigheid. 

“In baie opsigte was ons reis die afgelope 30 jaar op sommige vlakke suksesvol. Maar in baie ander opsigte was dit 'n onvervulde en 'n diep betwiste reis," het Kollapen opgemerk. 

“Ek dink ons is vandag meer verenig as wat ons ooit tevore was. Hoewel daar beduidende verskuiwingslyne in ons samelewing is en nuwe vorme van uitsluiting bestaan, het ons 'n politieke stelsel, 'n regstelsel en 'n regbank wat steeds onderhewig is aan kritiek. Ons het 'n op en wakker burgerlike samelewing en 'n vrye en onafhanklike media. Dit dui alles op 'n demokrasie wat op sommige vlakke werk." 

Hy het daarop gewys dat armoede en gelykheid dertig jaar ná apartheid steeds miljoene Suid-Afrikaners se lewenskwaliteit beperk. 

Mees ongelyke gemeenskap

Kollapen het die belangrikheid daarvan beklemtoon om grondwetlike beloftes in tasbare werklikhede te omskep ten einde die langtermynsukses van demokrasie te verseker. “Die versuim om dit te doen hou enorme gevolge in. Ek kan my nie voorstel dat ons 'n demokrasie kan handhaaf met die huidige vlakke van armoede wat ons tans ondervind nie. Dit is nie net die regering en die mense wat hulle regte wil laat geld, se probleem nie. Dit is iets wat ons almal raak, want daar is eenvoudig geen manier dat ons daardie klein, veilige hoekie kan vind waar met ons lewens kan aangaan in die hoop en die oortuiging dat ons op 'n manier ge?soleer sal word van wat rondom ons gebeur nie." 

Mense het 'n goeie reg om te vra wat demokrasie al vir hulle gelewer het, het Kollapen gesê. In baie wêrelddele is daar 'n regressie in demokrasie en as dit nie sy opbrengste lewer nie, bestaan daar 'n risiko dat mense nie demokrasie sal omarm of beskerm nie, het hy gewaarsku. Hy het die komende sewende demokratiese verkiesing beskryf as 'n “potensi?le waterskeidingsoomblik" in ons land se demokratiese reis. 

Kollapen het na 'n toespraak verwys wat oudhoofregter Pius Langa in 2006 by die US gelewer het waarin hy transformasie beskryf het as 'n volledige rekonstruksie van die staat en die samelewing, insluitende 'n herverdeling van mag en hulpbronne volgens gelykheidsbeginsels. “Mag is juis gesetel – en word gereproduseer – in hierdie institusionele ooreenkomste. Dit is hier waar die enjin van verandering wat 'n demokratiese bestel vereis, impak moet hê," het Kollapen opgemerk. “Maar dit is ons onvermo? om daardie plekke te bereik, of wanneer dit bereik is, dit te herrangskik, wat ons laat voortstrompel. Miskien verklaar dít die teenstrydigheid dat ons waarskynlik die regverdigste grondwet ter wêreld het, maar terselfdertyd in die ongelykste samelewing in die wêreld leef." 

Kollapen het die ongemak beskryf wat sommige Suid-Afrikaners ervaar om hul vooroordele en onsekerhede te konfronteer sodat hulle hul plek in ons demokrasie kan vind. “Dit is redelik maklik om te fikseer op 'n slagspreuk soos die Re?nboognasie, maar in werklikheid manifesteer hierdie vrese en onsekerhede, hierdie hoop en aspirasies tog binne die raamwerk van ons demokratiese prosesse en instellings." 

Kollapen het na die voormalige adjunkhoofregter, Dikgang Moseneke, se boek, My Own Liberator, verwys wat aanvoer dat hoewel die beskerming ten opsigte van sosio-ekonomiese regte prysenswaardig is en dit 'n staatsgedrewe vermindering van armoede beloof het, het sosio-ekonomiese regte in die praktyk nie 'n oplosssing gebied oor hoe om die ekonomie te herstruktureer om dit meer produktief en inklusief te maak nie. 

“Om armoede en ongelykheid te oorkom, is nie net 'n kwessie van statistiek of om 'n balans tussen ons hoop en vrese te vind nie. Die werklikheid wat ons moet konfronteer, is dat ons vermo? om ongelykheid en armoede aan te spreek die volhoubaarheid van ons demokrasie sal bepaal. Ons kan nie die element van hoop van die Grondwet voorhou terwyl ons onkapabel is om die belofte daarvan in 'n werklikheid te omskep nie," het Kollapen gemaan. 

Die wortel van ongelykheid

Hy het die gehoor aangemoedig om te besin oor wat dit beteken om in 'n ongelyke samelewing te leef en wie die begunstigdes en slagoffers van ongelykheid is. “Ons moet verder as die oppervlak gaan en dieper delf om te verstaan wat die dryfvere en oorsake van ongelykheid is." 

Kollapen het beklemtoon dat armoede en ongelykheid nie unieke Suid-Afrikaanse probleme is nie, maar wêreldwyd 'n kopseer is. Hy het opgemerk dat die strewe na gelykheid en sosio-ekonomiese regte 'n gesamentlike verantwoordelikheid is wat ons as mense van hierdie land deel, en dat howe 'n belangrike rol speel om die Grondwet te verwesenlik. 

Kollapen het met verwysing na verskeie belangrike hofuitsprake opgemerk dat die howe verplig is dit in ag te neem dat regte nie in isolasie nie, maar binne 'n spesifieke historiese en sosio-ekonomiese konteks staan. 

Hy het ook teen die kommodifisering van menseregte gewaarsku waar slegs die rykes gesondheidsorg, onderwys en veiligheid kan bekostig. “Feitlik alles is gekommodifiseer. Aan die een kant het jy die privaatsektor wat teen 'n premie vir hierdie regte voorsiening maak vir diegene wat dit kan bekostig. En aan die ander kant het jy die regeringsektor wat voorsiening maak vir hierdie regte binne hulle hulpbronne. 

“Dit laat dan die vraag ontstaan dat as menseregte oor hulpbronne gaan, waar kom hierdie hulpbronne vandaan? Hoe rantsoeneer ons dit? Hoe ken ons dit toe?" Kollapen het gesê hy het nie antwoorde op hierdie vrae nie, maar dit herinner hom aan 'n aanhaling van Mahatma Gandhi: “Die rykes moet eenvoudiger lewe sodat die armes eenvoudig net kan lewe" (“The rich need to live more simply that the poor can simply live"). 

Kollapen het 'n ontleding voorsien van die billikheidsbeginsel in die howe se raamwerk wat hulle toepas om eise oor sosio-ekonomiese regte te oorweeg. Hy het verwys na prof Liebenberg se grensverskuiwende boek Socio-Economic Rights: Adjudication under a Transformative Constitution waar sy die kenmerke van 'n redelike regeringsprogram in die konteks van sosio-ekonomiese regte beskryf.? 

Billikheid is nie 'n statiese model vir die beoordeling van regeringsprogramme nie, het Kollapen beklemtoon. Ten einde die vereiste vlak van ondersoek te bereik, moet dit as 'n buigsame en dinamiese model van oorsig gesien word wat nie beperkend nie, maar ruimhartig benader en toegepas moet word. Howe moet bewus wees van en respek hê vir hulle institusionele gesag en perke binne die regstelsel, maar moet ook hulle mandaat nakom om die wetgewer en uitvoerende gesag aan te spoor om hulle primêre verpligting na te kom om die nodige wetgewende en ander maatre?ls te tref om sosio-ekonomiese regte te vervul. 

Hy het die gehoor aangemoedig om na te dink oor wat toekomstige geslagte van ons versuim sal dink om die belofte van sosiale geregtigheid en gelykheid vir almal na te kom. 

“Ek dink wat van ons almal – individueel, gesamentlik en institusioneel – verwag word om te doen, is om ons plek in hierdie demokrasie te vind. En dis nie maklik nie. 

“Niemand kan vandag verklaar hoekom apartheid so lank geduur het nie. Mettertyd sal toekomstige geslagte vra hoe kon 'n samelewing met 'n geskiedenis soos ons s'n, gerugsteun deur die wonderlike Grondwet wat ons het en wat deeglik bewus was van die ernstige gevolge wat ongelykheid en armoede vir ons toekoms inhou, toegelaat het dat armoede en ongelykheid so lank bly voortduur. Wat sal ons antwoord wees?"