中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US skitter in geoktrooieerde rekenmeesters-eksamen, met 2 studente onder gesogte top-10
Outeur: Corporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking [Anél Lewis]
Gepubliseer: 11/04/2024

Twee studente van die Universiteit Stellenbosch (US) het uitgeblink in die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) se aanvanklike bevoegdheidstoets (ABT) in Januarie 2024 en verskyn op die gesogte lys van die Top-10-kandidate.

Ryan Crewe-Brown en Rohann Ro?rich het gesamentlik die agtste plek in die eerste van twee professionele kwalifiserende eksamens vir die professionele titel van Geoktrooieerde Rekenmeester (Suid-Afrika) (GR(SA)) behaal. Saam met Liam Lenz en Lucas Slier was hulle onder 24 studente van 18 deelnemende instellings regoor Suid-Afrika wat 75% of meer behaal het, wat beteken dat hulle met lof geslaag het.

Die uitslae is Vrydag 5 April ?bekend gemaak. Die 172 HonsBRek- en Nagraadse Diploma in Rekeningkunde-studente van die US se Skool vir Rekeningkunde? wat in Januarie vanjaar vir die eerste keer die eksamen afgelê het, het oor die algemeen 'n indrukwekkende slaagsyfer van 97% behaal – ver bo die nasionale slaagsyfer van 79%.

“Om die agtste plek te behaal was vir my 'n groot oorwinning. Dit wys enigiets is moontlik met behulp van baie koffie en 'n gemaklike stoel." Hy voeg by dat die eksamen meer uitdagend was as wat hy verwag het, wat die uitslag nog beter maak. “Ek is baie bly en verlig dat ek vir 'n rukkie nie weer hoef te studeer nie," sê Crewe-Brown.

Volgens Ro?rich was dit moeilik om vir die ABT-eksamen voor te berei nadat hy die honneursjaar voltooi het. Om duidelike doelwitte te stel en in sy sukses te glo, het hom gehelp om vir die eksamen voor te berei. “Dit was 'n ongelooflike gevoel om my uitslae te ontvang en te sien dat al die harde werk vrugte afgewerp het. Ek was baie gelukkig en trots. Ek wil graag almal bedank wat my gedurende die reis ondersteun het, en wat voortdurend in my geglo het."

Die Maties is deel van die 1 639 kandidate wat die eksamen vir die eerste keer geslaag het. Volgens die SAIGR bepaal hierdie eksamen hoe goed 'n kandidaat die tegniese bekwaamhede wat hulle in hul akademiese program geleer het, op spesifieke scenario's kan toepas.

Dit is die eerste van twee professionele kwalifiserende eksamens wat aspirant-geoktrooieerde rekenmeesters moet slaag op hulle pad om die GR(SA)-titel te kan gebruik. Om die ABT te slaag, moet kandidate 'n algehele slaagsyfer van 50% en 'n minimum van 40% in minstens drie van die vier professionele vraestelle behaal. Die tweede eksamen is die Assessering van Professionele Bevoegdheid.

Prof Pieter von Wielligh, Direkteur van die US se Skool vir Rekeningkunde, sê die Skool is geweldig trots op hierdie wonderlike prestasie van sy 'Klas van 2023'. “Die uitslae toon dat die toewyding van ons studente, hulle dosente en die ondersteuningspersoneel en leierskap van die Skool vrugte afgewerp het. Ons het 'n trotse en konsekwente geskiedenis van uitstekende slaagsyfers in die ABT oor baie jare, wat tot die gehalte van die studente wat ons lok én ons leer-onderrig-assesseringstrategie? en -praktyke spreek."

?Foto: ?Rohann Ro?rich ?en Ryan Crewe-Brown