?Dr Ryan T. Tucker en nagraadse student Jesse van Niekerk het onlangs teruggekeer van 'n ag week lange veldekskursie in die Oos-Gobi-kom in Mongoli? om data in te samel oor die wêreldwye impak van aardverwarming gedurende die Kryttydperk, 125 tot 83 miljoen jaar gelede.
Tucker, 'n sedimentoloog in die Departement Aardwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US), is deel van 'n internasionale span navorsers wat 'n grootskaalse multidissiplinêre benadering volg om paleoklimaatstendense in Oos-Asi? te rekonstrueer. Hierdie projek wat deur National Geographic gefinansier word, het ten doel om klimaatsverandering op 'n hemisferiese skaal te verstaan.
Van Niekerk se deelname aan die veldekskursie is moontlik gemaak deur die finansi?le ondersteuning van Freddie Kruger, eienaar van My Brew Coffee Roastery in die Neelsie Studentesentrum. Dit is die derde keer dat Kruger 'n nagraadse student in die Departement Aardwetensakppe borg om deel te neem aan 'n internasionale ekspedisie van hierdie aard.
“Benewens die feit dat die aardwetenskapdosente blykbaar baie koffie nodig het om hulle aan die gang te hou," sê hy, “hou ek daarvan om betrokke te wees en op so 'n wyse te kan teruggee aan die gemeenskap". Die span is selfs ruim voorsien van My Brew koffiebone om in die veld te geniet.
Meer oor die navorsing
Dr Tucker verduidelik dat die mid-Kryttydperk 'n periode in die aarde se geskiedenis was wat gekenmerk is deur groot omgewings- en klimaatsontwrigtings, soortgelyk aan wat ons tans in die gesig staar. Dit sluit in: 'n vinnige tydperk van aardverwarming wat toegeskryf kan word aan verhoogde atmosferiese koolstofdioksiedvrystellings, die styging in seevlak, habitatfragmentasie, de-oksigenasie van die oseane, en verskuiwing van biome. Op hierdie punt, het die aarde 'n tydperk van verwarming binnegegaan wat so erg was dat gematigde re?nwoude by die Suidpool floreer het.
Gedurende hierdie planeetwye temperatuurstyging in die aarde se geskiedenis, het sommige spesies uitgesterf terwyl ander vinnig gediversifiseer het, wat die struktuur en samestelling van land- en waterekosisteme fundamenteel verander het.
Alhoewel die impak van hierdie gebeure op die Noord-Amerikaanse kontinent die afgelope eeu goed gedokumenteer is, is wetenskaplikes onseker oor of hulle die effekte wat hulle in Noord-Amerika waargeneem het, met selfvertroue as globale tendense kan ekstrapoleer. Dít is waar Mongoli? in die prentjie kom, aangesien dit een van die rykste rekords van Krytafsettings en -fossiele ter wêreld bevat.
Dr Tucker verduidelik dat dit is soos om Sherlock Holmes te speel. Maar hierdie keer is die leidrade vir miljoene jare “oop en bloot" buite gelaat. Dit is waarom – die oomblik wat hulle 'n nuwe bestemming bereik – hulle eers die terrein versigtig verken en dikwels eers sketse met gedetailleerde notas maak alvorens hulle monsters versamel, soortgelyk aan moderne forensiese spanne.
“As geolo? is ons kundig oor moderne omgewings en weet ons dus waar om op die uitkyk te wees vir riviere, mere, woestyne, of oseane. In hierdie sin is die rotse en afsettings dus soos fisiese en chemiese vingerafdrukke waarop omgewingsveranderinge oor miljoene jare afgedruk is," verduidelik hy.
Vir sy MSc-navorsing het Jesse spesifiek na tekens van riviere, grond, mere, grondverskuiwings en vloedvlaktes gesoek wat in die rotsrekord agtergelaat is. Die tekens en neerslagpratrone wat hy in die veld waargeneem het, sal hom in staat stel om presies te bepaal watter tipe riviere teenwoordig was en selfs die rigting waarin hulle gevloei en met die omliggende ekosisteme in wisselwerking was.
“Die kenmerke wat ek van hierdie antieke grond waargeneem het, sal my in staat stel om klimaatstoestande te bepaal, soos of hierdie tydperk droog, nat, of vogtig was; en of plantlewe daarby gedy het. Ek het ook rotsmonsters versamel wat gebruik sal word vir chemiese en mikroskopiese ontleding om my veldwaarnemings te ondersteun," verduidelik hy.
Jesse se navorsing sal hom uiteindelik in staat stel om 'n volledige rekonstruksie te maak van hoe die omgewing gedurende hierdie tydperk in Mongoli? kon gelyk het en hoe dit mettertyd verander het.
Volgens Tucker het Jesse in die veld 'n uitsonderlike vermo? getoon om tektoniese voue en verskuiwings te “sien": “In hierdie deel van die wêreld is die rotsformasies hoogs misvorm en is dit geen maklike taak om te ontrafel wat miljoene jare gelede gebeur het nie. In Jesse se geval, het selfs my medewerkers van die Verenigde State van Amerika kommentaar gelewer oor sy vermo? om die rotsrekord te lees".
Gedurende die ag week lange veldekskursie, het hulle in verskeie 4X4 veeldoelige KAMAZ (troepedraers) en Land Rovers gereis, aangesien paaie buite die hoofstad Ulaanbaatar en ander dorpe beperk is tot tweespoorpaaie, indien enige. Na ag weke se woon in tente met min tot geen toegang tot ablusiegeriewe, het hulle letterlik 'n dag of twee van selfsorg by hul skedule ingewerk om weer skoon geskeer na Suid-Afrika terug te keer.
Alhoewel dit Jesse se eerste reis buite Suid-Afrika was, is dit vir seker nie die laaste nie:“Ek het dit regtig geniet om kos van verskillende kulture te proe – Koreaans, Japanees, Chinees en Mongolees – en ek het selfs 'n paar Mongolese frases geleer. Dit was ook verstommend om die groot groepe wilde perde en kamele te sien wat in die grasvelde hou, en hoe nomadiese groepe 'n bestaan daar maak".