Ooreenkoms tussen US se Kampusgesondheidsdiens en Stellenbosch-hospitaal stroomlyn dienste
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 30/10/2023
'n Grensverskuiwende ooreenkoms is onlangs tussen die Universiteit Stellenbosch se Kampusgesondheidsdiens (KGD) en die Stellenbosch-hospitaal onderteken wat 'n positiewe invloed op studente uit lae-inkomste huishoudings sal hê wat nie toegang tot privaat mediese dienste het nie.
Die Memorandum van Verstandhouding (MvV) stel pasi?nte van KGD in staat om maklik toegang tot dienste by die Stellenbosch-hospitaal te verkry. Hierdie ooreenkoms sal verwysings na die hospitaal, asook toegang tot medikasie wat met provinsiale gesondheidsprotokolle belyn is, laboratoriumtoetse en radiologie- (x-straal-) ondersoeke vergemaklik. Dr Natasha Blanckenberg, Bestuurder: Mediese Dienste by die Stellenbosch-hospitaal, het by die ondertekening van die ooreenkoms gesê dit beteken dokters by die US se kampuskliniek kan pasi?nte wat nie mediese fonds het nie, of wat normaalweg plaaslike klinieke sou gebruik het, sonder 'n verwysing van 'n staatsdokter direk verwys om toegang tot dienste soos bloedtoetse of X-strale te verkry. “In wese sal studente nie meer 'n ander dokter by die staatsfasiliteit hoef te sien nie, aangesien die verwysingsbrief van CHS voldoende is om hulle direkte toegang tot die staat se mediese dienste te gee," het Blanckenberg verduidelik.
Die eerste samewerking het tydens die 中国体育彩票-pandemie plaasgevind toe dienste soos immunisering tussen die KGD en die Provinsiale Gesondheidsdienste op Stellenbosch gesinchroniseer is, sê dr Pierre Viviers, Senior Direkteur: KGD. “Die samewerking het baie goed gewerk en het ons ge?nspireer om voort te gaan om ons dienste te belyn om maklike toegang tot mediese dienste vir alle studente te verseker. Die protokolle wat ons by die CHS gebruik, is met die nasionale en provinsiale gesondheidsdepartement se protokolle belyn en het bygedra tot die seepgladde belyning tussen die entiteite. Dit verminder tyd vir studente én die druk op die Stellenbosch-hospitaal, veral in mediese noodgevalle," het Viviers verduidelik.
Viviers het bygevoeg dat dit vir studente belangrik is om te besef dat hoewel die MvV dienste mag bespoedig, die nuwe re?ling nie enige US-pasi?nt toelaat om by die tou in te druk wanneer hulle vir medikasie of spesiale toetse verwys word nie. Die enigste verskil is dat hulle nie eers 'n gesondheidswerker by die hospitaal hoef te konsulteer sodra hulle deur die CHS verwys is nie.
Prof Wim de Villiers, Rektor en visekanselier, het die inisiatief geloof en gesê dit toon dat die US se betrokkenheid by studente verder strek as die klaskamer. “Ons kondig hierdie MvV met die Stellenbosch-hospitaal met trots aan. Hierdie samewerking weerspie?l ons toegewydheid om te verseker dat elke student, ongeag hulle agtergrond, toegang het tot ho?-gehalte mediese dienste het. Ons verstaan die uitdagings wat studente uit lae-inkomstehuishoudings dikwels in die gesig staar, en hierdie vennootskap is 'n belangrike stap om gesondheidsorg billiker en geredeliker aan almal beskikbaar te stel," het De Villiers gesê.