Die Universiteit Stellenbosch (US) het sy posisie as een van die voorste universiteite ter wêreld in die vakgebiede Regte, Klinies en Gesondheid, Opvoedkunde, Lettere en Geesteswetenskappe, asook Lewenswetenskappe en Sosiale Wetenskappe gestand gedoen.
Dít is deur die jongste Times Higher Education (THE) Wêreldranglys vir Universiteite (WUR) per Vak bevestig wat Donderdag (26 Oktober 2023) bekendgestel is.
Die 2024-weergawe plaas die US onder die top-150 in regte, 175 in Kliniese en Gesondheid, 200 in Opvoedkunde en 300 in Lettere en Geesteswetenskappe, Lewenswetenskappe en Sosiale Wetenskappe. Die instelling het in die Regte, Opvoedkunde, Sake en Ekonomie en Sosiale Wetenskappe van verlede jaar af opgeskuif. In Sielkunde het die US die top-400 gehaal, terwyl hy 'n top-500-plek in Rekenaarwetenskap, Fisiese Wetenskappe en Ingenieurswese behaal het. Die US is vir die derde agtereenvolgende jaar ook die beste universiteit in Rekenaarwetenskap in Suid-Afrika. Die instelling is algeheel onder die beste 300 universiteite ter wêreld in ses van die 11 vakkategorie? op die THE WUR-lys.
Prof Nicola Smit, dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid, het in haar kommentaar op die verbetering in die Regte-telling gesê: “Ons was nogal verbaas oor hierdie prestasie, nie net omdat ons nie op ranglyste fokus nie, maar ook omdat ons 'n klein Fakulteit Regsgeleerdheid is wat die aantal personeel en studente betref. Terselfdertyd is ons baie bly oor hierdie uitkoms, aangesien dit die ho? gehalte van regsopleiding, navorsing en sosiale impak wat die Fakulteit onderneem, beklemtoon.
“Hierdie soort prestasie word slegs moontlik gemaak deur individuele toewyding aan 'n groepspoging waar die geheel meer as die som van sy dele is, en dit is die benadering en ingesteldheid wat ons by Maties Regsgeleerdheid aanmoedig," het Smit bygevoeg.
Die dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde, prof Mbulungeni Madiba, sê hulle is opgewonde oor hulle jongste prestasie. “Hierdie merkwaardige prestasie beklemtoon ons onwrikbare toewyding aan ons visie om 'n vooraanstaande navorsingsintensiewe onderwysfakulteit te word, wat bekend is vir ons uitnemendheid, inklusiwiteit en innovasie. Ons betuig ons innige dank aan ons uitsonderlike personeel en toegewyde studente wie se volgehoue toewyding en harde werk hierdie erkenning moontlik gemaak het. Saam vorm ons die toekoms van onderwys."
Vir prof Anthony Leysens, dekaan van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, bevestig die erkenning wat hulle ontvang het, die fakulteit se strategie om homself as een van die beste geesteswetenskappefakulteite wêreldwyd te posisioneer. “Ons fokus op deurlopende akademiese vernuwing, relevansie en innovasie in onderrig en navorsing en ons erkende impak buite die Universiteit oor etlike jare het tot hierdie resultate bygedra en bevestig die gehalteaanbod by die Universiteit Stellenbosch waartoe ons bydra. Baie geluk en 'n woord van opregte dank aan my kollegas. Dit is danksy hulle harde werk en toewyding dat ons hierdie prestasie kan vier."
Aanwysers
Die vaktabelle gebruik dieselfde 13 prestasieaanwysers as die oorkoepelende THE-wêrelduniversiteitsranglys vir 2024. Dít word dan saamgevoeg om tellings in die vyf kategorie? van onderrig (die leeromgewing), navorsing (volume, inkomste en reputasie), sitate (navorsingsinvloed), internasionale vooruitsigte (personeel, studente en navorsing) en bedryfsinkomste (innovasie) te gee.
Die oorhoofse metodologie word egter sorgvuldig vir elke vak herkalibreer, en die gewigstoekennings word na gelang van die individuele vakgebiede aangepas.
Prof Hester Klopper, Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake, sê die voortgesette algemene verbetering op die THE-wêreldranglys per vak is 'n verdere bewys van die Universiteit se reputasie as een van die voorste navorsingsintensiewe universiteite ter wêreld en van die instelling se visie om Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit te wees wat wêreldwyd as uitnemend, inklusief en innoverend erken word en waar ons kennis tot diens van die samelewing bevorder."
Voortgesette uitnemendheid
Die US het ook vroe?r vanjaar onder die beste ho?ronderwysinstellings op die Quacquarelli Symonds- (QS-) wêreldranglys vir universiteite per vak verskyn. Dit verskyn gereeld op hierdie ranglys, asook die Times Higher Education-wêreldranglys per vak en die Shanghai-wêreldranglys van akademiese vakke. Hierdie ranglyste gebruik almal verskillende metodologie? en aanwysers om universiteite se posisie op hulle ranglyste te bepaal.