中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US vier inhuldiging van twee nuwe UNESCO-leerstoele
Outeur: Corporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking
Gepubliseer: 15/09/2023

?Die seremoni?le inhuldiging van die twee nuutste leerstoele van die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco) aan die Universiteit Stellenbosch (US) het internasionale samewerking tussen universiteite 'n beduidende hupstoot gegee.

Universiteit Stellenbosch Internasionaal (USI) het onlangs twee dae se suksesvolle aktiwiteite aangebied wat met interkulturele bevoegdheid verband hou. Dit het uitgeloop het op die amptelike bekendstelling van die UNESCO-leerstoel in Interkulturele Bevoegdheid op die daaropvolgende derde dag.

“Samewerking in ho?r onderwys word al hoe belangriker en globale netwerke is uiters noodsaaklik om universiteite te help om hulle doelwitte te bereik. Universiteite moet buite hul grense kyk om 'n groter voordeel te bereik," het prof Hester Klopper, Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake, by die onlangse seremoni?le bekendstelling van die leerstoele gesê wat deur verskeie internasionale leerstoele en verteenwoordigers van UNESCO, asook van die US se internasionale vennote en US-kollegas en -studente bygewoon is.  

Die naamgewing van die onderskeie leerstoele in Komplekse Stelsels en Transformerende Afrika-toekomste en Interkulturele Bevoegdhede die afgelope maande maak die Universiteit Stellenbosch wêreldwyd meer sigbaar. Klopper het opgemerk dat “hierdie leerstoele met die US se Visie 2040 [om 'n toonaangewende navorsingsintensiewe universiteit te wees] ooreenstem. Ons wil interdissiplinêre navorsing versterk en kennis verdiep sodat ons die wêreld rondom ons kan be?nvloed en kan verander. Maar ons wil dit gesamentlik doen." Hierdie twee leerstoele sal Stellenbosch se reikwydte regoor die vasteland en wêreldwyd vergroot.

Sowat 900 instellings in meer as 120 lande maak deel uit van die wêreldwye UNITWIN/UNESCO-leerstoelprogram.

UNESCO-leerstoel in Interkulturele Bevoegdhede
Die UNESCO-leerstoel in Interkulturele Bevoegdheid wat vroe?r vanjaar aan die Universiteit Stellenbosch (US) toegeken is, sal in die Afrikasentrum vir Akademieskap (ACS) in US Internasionaal gesetel wees. 'n US-geaffilieerde uitgelese genoot van die VSA, dr Darla Deardorff, sal as voorsitter dien saam met die medevoorsitter en die direkteur van die ACS, prof Sarah Howie.

Die leerstoel sal interkulturele navorsing, publikasie en toepassing, asook gemeenskapsdeelname saam met vennote van regoor Afrika en die res van die wêreld bevorder. Dit word van 2023 tot 2027 vir 'n hernubare tydperk van vier jaar toegeken.

Die doel van die leerstoel om 'n meer inklusiewe samelewing te skep, sal deur middel van interdissiplinêre projekte, asook samewerking binne streeks- en internasionale netwerke en institusionele ontwikkeling by instellings binne Suid-Afrika, insluitend die US, bereik word deur op navorsing oor en praktyk van interkulturele bevoegdheid in die onderwys te fokus.

Die uitgangspunt is dat gehalte-onderwys 'n pilaar vir volhoubare ontwikkeling is en noodsaaklik vir die skep van geleenthede en die bevordering van meer inklusiewe samelewings is. As sodanig sal dit samewerking tussen ho?vlak, internasionaal-erkende navorsers en onderwyspersoneel van die US en ander instellings in die streek en in ander wêrelddele fasiliteer.

Deardorff het in haar aanvaardingstoespraak opgemerk dat hoewel daar sestig jaar se vakkundige werk oor interkulturele bevoegdhede uit Europa en Noord-Amerika voortgespruit het, baie min uit Afrika gekom het. Howie het bygevoeg dat Afrika, as die tweede grootste vasteland, die tuiste van soveel as 2 000 tale is. Tog is vier tale geneig om te oorheers. Afrika het ook 'n jeugbevolking wat disproporsioneel groei en wat in die nabye toekoms groter druk op die ho?r onderwys sal plaas. Hierdie uitdagings maak die benoeming van hierdie leerstoel in Afrika besonder betekenisvol. “Interkulturele bevoegdheid dui op ons gedeelde menslikheid," het Deardorff bygevoeg.

Die leerstoel sal 'n wêreldwye netwerk van navorsers en praktisyns saambring om gesamentlike projekte oor interkulturele bevoegdhede in Afrika te ontwikkel wat die kruisings van interkulturele bevoegdheid met geslagsgelykheid, klimaataksie en vredesbou op die vasteland sal ondersoek.

UNESCO-leerstoel in Komplekse Stelsels en Transformerende Afrika-toekomste

Die UNESCO-leerstoel in Komplekse Stelsels en Transformerende Afrika-toekomste is aan twee navorsers van die Universiteit Stellenbosch (US), medeprofessor Rika Preiser en Tanja Hichert, 'n akademies gekwalifiseerde toekoms- en versiendheidspraktisyn, toegeken. Albei is in die Sentrum vir Volhoubaarheidsoorgange (CST) gesetel. Die leerstoel sal vir vier jaar tot Maart 2026 duur en maak deel uit van UNESCO se Globale Toekomste-geletterdheidsnetwerk.

Preiser spesialiseer in teorie? oor komplekse stelsels, terwyl Hichert, 'n navorsingsgenoot by CST, in die praktyk van toekomsstudies en versiendheid spesialiseer. Hierdie leerstoel bied dus 'n unieke integrasie van teorie en praktyk. Die werk wat deur die leerstoel gedoen word, sal die kundigheid van die twee medevoorsitters benut om diepgaande kennis van komplekse stelsels, gekombineer met die konseptuele en praktiese toepassings van toekomsstudie, te integreer.

Hierdie teorie? en praktyke van 'gebruik-die-toekoms' sal toegepas word deur navorsing te doen en deelname deur verskeie belanghebbendes te fasiliteer wat die dringende behoefte aanspreek om meer inklusiewe, kritiese en deelnemende prosesse te ontwikkel om studente, navorsers en besluitnemers byeen te bring en op te lei. Die leerstoel sal ook 'n streeksentrum vir kundiges in Afrika ontwikkel om betrokke te raak en insigte te deel om beter op wêreldwye volhoubaarheidsuitdagings te kan reageer.

Preiser het in haar aanvaardingstoespraak ter verduideliking van die betekenis van die leerstoel na 'n aanhaling van die skrywer Joseph Campbell verwys waarin hy die volgende gesê het: “Die bekende horison van die lewe is ontgroei: die ou konsepte, ideale en emosionele patrone pas nie meer nie; die tyd om 'n drempel te oortree, het aangebreek." Die voorsitter sal voorsiening maak vir 'n “oortreding van drempels en bevraagtekening van aannames".

Globale relevansie

Prof Ruksana Osman, Senior Viserektor: Akademies aan die Universiteit van die Witwatersrand en bekle?r van die UNESCO-leerstoel in Onderwysersopleiding vir Diversiteit en Ontwikkeling, het in haar boodskap met die volgende woorde afgesluit: “Hierdie leerstoele het op die regte tyd gekom vir hoe kennis nie net vir Stellenbosch en Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd versprei word."

MEER OOR DIE LEERSTOELE

UNESCO-leerstoel in Komplekse Stelsels en Transformerende Afrika-toekomste

Prof Rika Preiser het haar PhD in Filosofie voltooi deur te ondersoek hoe die konseptuele ontwikkeling van kompleksiteit en 'n dieper begrip van die kenmerke en dinamika van komplekse aanpasbare stelsels 'n meer ge?ntegreerde denkwyse kan inlig om te verstaan wat dit beteken om mens te wees in 'n komplekse wêreld. Sy was saam met proff Paul Cilliers en Jannie Hofmeyr in 2009 'n stigterslid van die Sentrum vir Komplekse Sisteme by die US. Hierdie sentrum het met verskeie ander navorsingsentrums saamgesmelt om die CST te vorm, waar sy permanent in diens is. Haar werk binne hierdie interdissiplinêre omgewing het die afgelope 13 jaar op die ontwikkeling van konseptuele grondbeginsels en praktiese benaderings vir die toepassing van die implikasies van kompleksiteitswetenskap op volhoubaarheidsuitdagings en verskeie ander domeine van maatskaplike (ekonomiese en politieke) relevansie gefokus.

Tanja Hichert, 'n CST-genoot, is 'n akademies gekwalifiseerde, hoogs ervare, toekoms- en versiendheidspraktisyn wat in toegepaste stelselsdenke, scenario-beplanning, horisonskandering, strategiese versiendheid, risikobestuur en die fasilitering van strategiese gesprekke spesialiseer om duidelikheid en rigting aan organisasies en instellings te bied wat met kompleksiteit en onsekerheid gekonfronteer word. Benewens Afgesien daarvan dat sy die afgelope 18 jaar die Hichert & Associates-toekoms-/versiendheidskonsultasiefirma bestuur, beklee Hichert ook 'n pos as strategiese versiendheidsadviseur vir die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram.

Sy is al meer as 'n dekade lank deel van die immerontwikkelende toekomsgeletterdheid- en afwagtingsgemeenskap en het 'n passie om die praktiese toepassing van toekomsstudies op die vasteland van Afrika uit te brei en uit te bou.

UNESCO-leerstoel in Interkulturele Bevoegdhede

Dr Darla K Deardorff het haar doktorsgraad in Ho?ronderwysadministrasie aan die Noord-Carolina-Staatsuniversiteit in die VSA voltooi met 'n fokus op internasionale onderwys nadat sy 'n meestersgraad in volwasse onderwys behaal het.  Sy is die uitvoerende direkteur van die Vereniging van Internasionale Onderwysadministrateurs en stigterspresident van die Wêreldraad vir Interkulturele en Globale Bevoegdheid. Benewens haar verbintenis met die Universiteit Stellenbosch, beklee sy verskeie akademiese aanstellings by universiteite wêreldwyd, onder meer as navorsingsgenoot aan die Duke-Universiteit. Sy is 'n voormalige fakulteitslid aan die Harvard-Universiteit se Globale Onderwys-dinksentrum.

Sy doen al meer as 25 jaar kruiskulturele opleiding vir universiteite, maatskappye en niewinsgewende organisasies en baie van haar werk oor internasionale onderwys, interkulturele bevoegdheid en uitkomste-assessering het al in meer as 'n dosyn boeke en meer as 70 boekhoofstukke en -artikels verskyn.  Sy word gereeld genooi om regoor die wêreld op te tree en te konsulteer en het al organisasies soos UNESCO, UNHCR, die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO), die Europese Raad, die Wêreldbank, AFS Internasionaal en Internasionale Baccalaureaat van raad bedien.

Prof Sarah J Howie het haar PhD in Opvoedkunde aan die Universiteit van Twente in Nederland voltooi. Sy is die stigtersdirekteur van die Afrika-sentrum vir Akademieskap en professor in die Sentrum vir Ho?r en Volwasse Onderwys aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het bykans 30 jaar se navorsingsondervinding in internasionale vergelykende studie in die onderwys, terwyl sy verskeie navorsingsprojekspanne lei. Sy het internasionaal wyd gepubliseer in vyf-en-tagtig eweknie-beoordeelde artikels en boekhoofstukke en in vyf boeke. Gedurende die afgelope 20 jaar het sy regoor die vasteland en in die res van die wêreld navorsingskapasiteitsontwikkeling op doktorale vlak gefasiliteer. Sy het internasionale organisasies soos die Internasionale Energie-agentskap, OESO, Verenigde Nasies se Kinderfonds (UNICEF), UNESCO en die Wêreldbank geadviseer. Sy het 'n passie vir onderwys en die ontwikkeling van navorsers op die vasteland van Afrika.

Lees meer:

Unesco-leerstoel aan US-navorsers toegeken

Unesco-leerstoel oor interkulturele vaardighede aan US toegeken