U word uitgenooi om die middagete Auxin-sessie by te woon wat deur die Sentrum vir Onderrig en Leer aangebied word.
Spreker: Dr Hanelie Adendorff
?Onderwerp: KI, Geletterdheid en die Universiteit: Waar staan ons nou?
Datum: 25 Februarie 2025
Tyd: 13:10-14:10pm
Plek: MS Teams: Join the meeting now? ??
Opsomming van die Auxin:
Twee jaar in die KI-revolusie, hoe het generatiewe KI (GenKI), soos ChatGPT, onderrig, leer en assessering gevorm? Waar staan ons universiteit se KI-riglyne, en waarheen is dit op pad? Nog belangriker, watter rol behoort universiteite te speel in die bevordering van KI-geletterdheid—nie net vir studente nie, maar ook vir dosente?
In hierdie sessie ondersoek Hanelie Adendorff (Sentrum vir Onderrig en Leer) die veranderende landskap van ho?r onderwys in die konteks van GenKI, die belangrikheid van KI-geletterdheid, en hoe universiteite studente kan voorberei om op ‘n kritiese en etiese manier met KI om te gaan.
Vir meer inligting kontak Mr Simbongile Ntwasa at sim@sun.ac.za