Kontak:Michelle Pieters
- 021 808 2812
Plek: Our courses combine live online sessions, which are facilitated by the course presenter, with self-directed online learning.
Waarop fokus hierdie kursus?
In hierdie aanlyn kursus, wat in Engels aangebied word deur die Taalsentrum se Kommunikasielab, leer jy onder andere hoe om bondige e-posse met net die regte hoeveelheid inligting te skryf, en om aandagtig en met insig tydens vergaderings te luister. Die kursus fokus verder op:
die vermo? om professionele interne en eksterne e-kommunikasie te skep
probleemoplossingsvaardighede en tegnieke om navrae, klagtes en moeilike situasies die hoof te bied
? deeglike begrip van vergaderingprosedures en die rolspelers se verantwoordelikhede
die vermo? om professionele agendas saam ?te stel
vaardighede om vergaderings met vertroue te bestuur en doeltreffende notules te struktureer.?
? Sertifikaat van Bevoegdheid sal ná die suksesvolle voltooiing van die kursus uitgereik word.
Wie kan die kursus bywoon en watter loopbaanvoordele hou dit in?
Hierdie intreevlakkursus is vir jou bedoel as jy nie 'n eerstetaalspreker van Engels is nie, maar in ? werksomgewing funksioneer waar Engels gebruik word.
Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker. Die regstreekse aanlyn sessies word deur ? aanlyn komponent aangevul, en sekere aspekte van die kursus word geassesseer.
Is daar enige voorvereistes?
JJy sal ? rekenaar en betroubare web soekenjin benodig wat ons aanlyn platforms (MS Teams en SUNOnline) kan hanteer en jy sal ? betroubare internetverbinding nodig hê om vir die regstreekse aanlyn sessies aan te meld. Jy sal ook elektroniese dokumente moet kan skep.
Waar en wanneer vind hierdie kursus plaas?
Ons hibriede kursusse kombineer regstreekse aanlyn sessies, wat deur die aanbieder gefasiliteer word, en aanlyn leer wat jy op eie stoom doen.
Hierdie aanlyn kursus open voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind en sluit lank ná die laaste regstreekse aanlyn sessie. Dit gee jou genoeg tyd om jou SUNOnline-teenwoordigheid te aktiveer voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind.
| Regstreekse aanlyn sessies
10:00 tot 12:00) | Kontaksessies (09:00 tot 16:00) | Duur van die kursus (openings- en sluitingsdatums) | Skryf in voor |
Kursus 1: | 3, 10, 17 en 24 April | 27 Maart | 6 Maart tot 8 May | 6 Maart |
Kursus 2: | 21, 28 Augustus, 4 en 11 September | 18 September | 31 Julie tot 2 Oktober | 31 Julie?
|
?
Tydens die kursus sal jy jou tyd as volg spandeer:
· twee uur per week op ? regstreekse aanlyn sessie
· ongeveer agt uur per week op leeswerk, of om take of vasvra-take, aktiwiteite en opdragte op eie stoom te voltooi
Wat kos die kursus?
Die kortkursusfooi is R5 500 per deelnemer, wat kursusmateriaal, assesserings, regstreekse aanlyn sessies met jou aanbieders en toegang tot die aanlyn platforms insluit.
Alle kursusfooie moet asseblief vóór die begin van die kursus betaal wees. Let ook daarop dat ons hierdie kursus net sal aanbied wanneer ? minimum van tien kandidate wat klaar betaal het, bywoning bevestig.
Stel jy belang?
Klik hier en voltooi die vorm indien jy belangstel om hierdie kursus by te woon. Ons sal jou kontak met die skakel om in te skryf.
Enige verdere vrae??
Skakel met Michelle Pieters vir meer besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812. Jy kan ook jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes met ons bespreek. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en die moontlikheid van pasgemaakte kursusse.?